
Ja, daar word ons sowaar net na SONA op die kinnebak geslaan. Ligte uit tyd. Ek huil en lag oor die spotprent wat ek vanoggend op Whatsapp ontvang.
Dis nie net kostelik snaaks en kreatief nie – dit sê so baie.
Uitgebrande vuurhoutjie sindroom is diagnoseer by
- die politiese retoriek
- ons land se hulpbronne en infrastruktuur
- ons gemoedere
- ons toekoms
Wat sal ons maak?
Ek bid saam met Marius F Titus: Die Groot Master se Fuse-boks
Groot Master
maak oepe ons harte
en bou fuse-bokse in.
Vir wanneer ons moeg is
ennie bloeddruk hoeg is,
vir wanneer ons kwaad is
ennie worries ons klaarmaak
Vir wanneer ons nie fully
in control is van onsself.
Amen.
NS. Terwyl ek op my gebed se antwoord wag, lê ek maar solank die verlengkoord aan, maak seker die generator se tenkie is vol, bak brood, was wasgoed, en gaan aan. Die huis is vol kerse en LED ligte, die gasbottels is vol, die braaihout is reg.
Terwyl die beskuit rys, en die brood bak, lees woordeboek, want as Rots en Bab huistoe kom, en Eskom slaan die ligte uit, sit ons op die stoep en speel Scrabble, en lag oopmond saam. Ons het nie elektriese toevoer nodig om saam te wees nie.
Sterkte almal.
Jy is my tipe mens! Maak die beste van ‘n slegte saak. Ag ek sal so graag ook wil scrabble speel maar hierdie Haas kan gun niks spel nie
LikeLike
Maak soos ons, hou die HAT byderhand! 😉
LikeLike
Jaaaaa. Dis ‘n oulike plan. Ek weet wat die woord is wat ek wil speel, net nie hoe spel mens hom. Ja dis ‘n great plan dankie
LikeLiked by 1 person
🤗
LikeLike
Wonderlik dat julle die meeste maak van n testing situasie.xx
LikeLiked by 1 person
Man, kan jy dink as ons almal doodstil bly en net aangaan en nie skreeu en raas oor die benarde werklikheid en gedurige opfoes van ons land nie. As ons net rol met wat na ons kan kom en in elk geval oorleef. Wat gaan die wat so graag gil oor bevoorregte klaers dan oor skreeu? Hehe.
LikeLike
Presies..
LikeLike
Goeie idee om die beste van ‘n slegte saak te maak.
LikeLiked by 1 person
Jy’sw reg maatjie, ons kan nie toelaat dat ESKOM ons spiritueel verniel nie. Ek lief dit dat ESKOM my dwing om vakansie te hou – die feit dat ons minder werk en minder geld verdien is nie so ‘n groot probleem wanneer jy in die water ronddryf nie 😁 Ons sal ons nie laat onderkry nie.
LikeLiked by 1 person
Amen, Sista. Rebel yell.
LikeLiked by 1 person
Dit is nou ń ditto, ek en manlief speel ook scrabbel op die stoep. Gelukkig bly dit later lig hier in die Kaap. Ons prep die kos in die middag en as Eskom weer krag aansit word alles vinnig gaar gemaak.
LikeLike