
My blog oor blokraai woordsnoere het so lekker reaksie by my blogmaats uitgelok dat dit op ‘n so bietjie breinbuig en skryfpret uitloop.
So hier gaan ons.
Ek sal een week per maand ‘n lys woorde (25), uit blokraaie wat ek voltooi het, plaas.
So maak mens om deel te neem:
Jy kan ‘n enkele woord as inspirasie vonk gebruik of al die woorde – nes jy lus het.
Skryf dan jou blog. Maak seker om die woord (e) in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe.
Onthou om die prentjie hierbo en ook die skakel hieronder in jou bydrae in te sluit. En moenie vergeet om jou bydrae op ons inlinkzblad te plaas nie!
Dankie Hester dat jy altyd oop is vir idees en avonture.
Lekker speel en dink en verbeel en skryf met ons taal en met woorde! !
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=816031
WOORDSNOER 1
Woordlys:
- makaber
- fenomenaal
- engelekoor
- graagte
- ietsie
- oerangoetang
- lens
- tint
- enge
- oker
- memo
- kleims
- moedermooi
- isoleer
- gly
- resep
- skuinste
- komedie
- rede
- hewige
- lewenslus
- kens
- bede
- reëndag
- soma
Oef, hoe lekker kry ek nou! Gaan ons bonuspunte kry as ons al die woorde gebruik? My arme brein.
LikeLike
O, julle gaan beslis pliggiepunte vir al 25 woorde kry, en ‘n ekstra spekboom in die Camdeboo se Giant Flag, dink ek.
LikeLiked by 1 person
🤗 Pasop! Jy sal dalk net ‘n spekboomboerderytjie moet begin.
LikeLiked by 1 person
Jo, my brein begin klaar bzzzz soos ek dink! Gee my nog so ‘n rukkie.
LikeLike
Ek sien uit om jou skryfsel te lees.
LikeLiked by 1 person
Nou het ek my verbind en sal nou moet begin dink!!
LikeLike
Onthou ons het heel week tyd.
LikeLiked by 1 person
OOOOOO hier kom ‘n ding
LikeLike
Maak daai potlood skerp.
LikeLiked by 1 person
Lekkerrrr! Tot wanneer het ons kans om te skryf?
LikeLike
Tot Donderdag
LikeLiked by 1 person
Taak voltooi. 🙂 https://toortsie.com/2019/02/09/le-jou-eier-toortsie-se-woordsnoere-1/
LikeLike
Sjoe, ek wou die naweek daaraan werk toe haal die tyd my in. Het woorde neergeskryf sodat ek hulle saam met my kan dra. Dis beslis n brain teaser en baie goed vir die breine wat tog so lui kan wees.
LikeLiked by 1 person