Standing for what you believe in, regardless of the odds against you, and the pressure that tears at your resistance, shows you have courage

Keeping a smile on your face, when inside you feel like dying, for the sake of supporting others, shows your strength

Stopping at nothing, and doing what’s in your heart, you know is right, underscores your determination. (Courtesy Shout)

Die wyse woorde, herinner Vuisboek my, het ek in 2011 van die Shout blad geleen. Moed, krag en deursettingsvermoë.

Fokkietog, waar is daai ek heen?

Op die oomblik is ek ‘n hoop morsige, warm lawa. Moenie te naby my kom nie, jy mag dalk beserings opdoen – fisies en geestelik.

Maar vanoggend, na ‘n lang gesprek met myself en ‘n liefmens of twee, voel ek skielik hoe iets in my weer regtrek. Hallo – groet ek die vrou wat ek laaik. “Waar was jy, dis hoog tyd!”

Sy knipoog vir my en ons verklaar:

Wat die lewe in die algemeen uit die oog verloor is dat my naam van Ernst afgelei is en ook deels van ‘n oorlogskreet afgelei. My pa was Erin. Die Iere het altyd geskreeu ” Erin go Bragh” (Ireland till the end of time). My pa en ma het dit goedgedink om Erin en Anna te kombineer om Erna te kry. Dis nou ek. Dat my naam met veerkragtigheid (resilience) assosieer word.

So, bring maar aan wat jy wil. Ek hou nie van in hoekies geverf voel nie. Ek weet hoe om met my naels ‘n gat in die hoek agter my te grou, al loop die bloed. So daar.

O, ja, liewe lewe – raai wie is my Pa. jy ken Hom nie. Hy is altyd by my, al bewe my broek en my onderlip. So wê. Kry vir jou.

My Juffrou het in my eerste rapport in Graad Een in die Ingelse skool toe ek amper gedop het die eerste kwartaal en aan die einde van die jaar die top graadjie was: “Erna is a slow but steady worker.”

Ek sal hierdeur, ek sal oorwin, ek sal my beste self uitleef tot my strepie se punt. Vurige Veertjie is besig om uit haar as op te staan.

Wees solank bevrees.