
Standing for what you believe in, regardless of the odds against you, and the pressure that tears at your resistance, shows you have courage
Keeping a smile on your face, when inside you feel like dying, for the sake of supporting others, shows your strength
Stopping at nothing, and doing what’s in your heart, you know is right, underscores your determination. (Courtesy Shout)
Die wyse woorde, herinner Vuisboek my, het ek in 2011 van die Shout blad geleen. Moed, krag en deursettingsvermoë.
Fokkietog, waar is daai ek heen?
Op die oomblik is ek ‘n hoop morsige, warm lawa. Moenie te naby my kom nie, jy mag dalk beserings opdoen – fisies en geestelik.
Maar vanoggend, na ‘n lang gesprek met myself en ‘n liefmens of twee, voel ek skielik hoe iets in my weer regtrek. Hallo – groet ek die vrou wat ek laaik. “Waar was jy, dis hoog tyd!”
Sy knipoog vir my en ons verklaar:
Wat die lewe in die algemeen uit die oog verloor is dat my naam van Ernst afgelei is en ook deels van ‘n oorlogskreet afgelei. My pa was Erin. Die Iere het altyd geskreeu ” Erin go Bragh” (Ireland till the end of time). My pa en ma het dit goedgedink om Erin en Anna te kombineer om Erna te kry. Dis nou ek. Dat my naam met veerkragtigheid (resilience) assosieer word.
So, bring maar aan wat jy wil. Ek hou nie van in hoekies geverf voel nie. Ek weet hoe om met my naels ‘n gat in die hoek agter my te grou, al loop die bloed. So daar.
O, ja, liewe lewe – raai wie is my Pa. jy ken Hom nie. Hy is altyd by my, al bewe my broek en my onderlip. So wê. Kry vir jou.
My Juffrou het in my eerste rapport in Graad Een in die Ingelse skool toe ek amper gedop het die eerste kwartaal en aan die einde van die jaar die top graadjie was: “Erna is a slow but steady worker.”
Ek sal hierdeur, ek sal oorwin, ek sal my beste self uitleef tot my strepie se punt. Vurige Veertjie is besig om uit haar as op te staan.
Wees solank bevrees.
Dis goed so, sy moet opstaan, ons moedig jou aan!
LikeLiked by 2 people
Ek lees hierdie blog klaar. En net aan die onderkant is daar ‘n blog getiteld Bevrydende fotosessie. Omdat ek dit gemis het, gaan lees ek toe daai een voor ek op hierdie een kommetaar lewer (gits, ek hoop jy hou by met die een storie!) En ek lees hoe Bettie Bitterpis en haar maters afgelaai is langs die pad. Dalk het hulle na lang verdwaal weer jou huis gevind, maar ek dink jy moet nou dadelik vir hulle eenrigting kaartjies na Gatsemtuli toe bespreek…daar waar die vliegtuie hulle uitsmyt op die hoogte van 40000 voet, sodat hulle nie weer terug kan kom nie…en dan kan jy ook daai Ierse spreuk vir keeps elke dag skree!
LikeLiked by 2 people
Liefste Woordnoot. Jy sien dis nou as mens met Bloubekruip saamleef. Een dag is jy daar hoog bo, die nader dag skielik doer onder. My blogs is my medisyne en my rigsnoer – want ek skryf en dan skielik kom ek agter Bloubekruip se ketting is los…en dan moet ek hol en hom aan ‘n wurgketting sleep terug na sy gat toe. Saam met Betsie en die maters. Dank Vader dat mens leer om daarmee saam re LEEF!
LikeLiked by 1 person
Ek verstaan so goed hoor!!! My bek is nou groot, maar ek weet dis nie maklik nie…ek het gehoop jy lag bietjie….Leef voort vriendin, elke dag tree vir tree!
LikeLiked by 1 person
Oop bek lag en huil ek – belowe!
LikeLiked by 1 person
Liewe land! Hier kom ‘n ding! Onthou asb die towerinne is onskuldige vriende!
LikeLike
Liefste Towerin Seegogga, dis juis julle, wat sonder dat julle besef, my die krag gee om weer op te staan en te skree: Erna go Bragh! 😉 Julle sal aan my sy bly staan oral waar ek gaan!
LikeLiked by 2 people
Vurige vlammende feëtjies vlieg ver. Ons cheer jou aan, altyd!!
LikeLiked by 2 people
You haz ze attitude zat I like. Jip, staan op uit die asse en sing, Lightning Bird (Phoenix). It’s time.
LikeLiked by 1 person
Oh, yeah!
LikeLiked by 2 people
Elke keer as die geveg teen Bloubekruip jou so fantasties laat skryf, verskaf dit baie vreugde vir jou lesers. Slaat hom op die snoet!
LikeLiked by 1 person
Dis beter as ‘n gemoedsbekakpilletjie. Die mooie aanmoediging van jou.😍
LikeLiked by 1 person
👏
LikeLike