
Foto: Laurence Winram
Hierdie blogpos is deel van die fiktiewe Kuier-Safari toer wat sedert 20 September 2108 deur 14 bloggers onderneem is. Dankie Hester en Una dat julle die epiese uitdaging vir ons moontlik gemaak het!
Dit is die finale been van die ongelooflike toer en volg na my blog van gister, Terug Pofadder toe.
Lees die vorige 133 bydraes deur die verskillende skrywers by hierdie InLinkz skakel http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928.
____________________________________________________________________
Op die stowwerige rugbyveld buite Pofadder, staan die elonmusk-vliegmasjien vir die Towerinne en wag. Die Musketier wag ons in en met swier wys hy ons moet inklim en vas gordel. Hy knipoog vir my. “Blinddoeke aan asseblief.”
Die Towerinne en Lorenzo, glad nie meer bang vir avonture nie, glip hulle blinddoeke sonder teëspraak aan.
“Dis ‘n kort reis, ons land oor so vyftien minute. Julle mag nie loer nie! Toortsie, sit vir ons in dat ons die donker reis om sing,” vra ek mooi.
Toorts trek los met haar spesiale toer liedjies en gou sing almal uit volle bors:
So ry die bus, so ry die bus, die grasgroentowerbus (2x)
Hoor net hoe dreun hy, dreun hy, dreun hy
Opdraend en afdraend
Die grasgroentowerbus!
en
Daar’s ‘n broodjie wat tant Frannie nie wil gee (3x)
Dis die broodjie met die diamant, o wee!
Dis die broooood (2x)
Dis die broodjie met die diamant, so groot!
Die elonmuskmasjien vlieg skielik stadiger en ons land.
“Hou julle blinddoeke aan, ek sal julle uit help. Moenie kroek nie,” sê ek en roep die Musketier nader om te sorg dat die Towerinne veilig uit die vlieger kom.
Toe ons almal buite staan, en die Towerinne verbaas hulle blinddoeke afhaal vertel ek: “Ongeveer 830 km van die mees noordelike, oostelike, suidelik en westelike punte van Suid-Afrika se grense, kry jy Emmaus. Die Middelpunt van ons mooi land. Net so oor die Noordkaap grens in die Vrystaat. Perfekte plek om afskeid te neem. En raai, dit is 20 km van Petrusburg! Ja, Towerinne, Petrusburg, daardie Vrystaatse dorpie wat Nellie van ons Kaleidoskoop sepie, na gedraf het om van haar nare familie te ontsnap! Mooi toevallig nè.
Nes die Emmausgangers van ouds, verstaan hulle. Ons het in die middel van ons blog-avonture beland.
Ek hou so van die woorde” ‘middel’, ‘Vrystaat’ en ‘Emmaus.’ Is die skrywery van ons almal tog nie maar ‘n soeke na betekenis, vryheid of begrip nie? Maar voor ek nou weer filosofies raak, laat ek verder vertel.

(Fotos: Google Maps, Laurence Winram, Jacque Wepener )
Tipies Towerinne, begin almal gelyk babbel en lag. Daar kom ‘n stofwolk al hoe nader waar ons by Emmaus Stasie se verlate bordjie staan. Ons tuur hand oor die oë na die naderende gedoente.
Frannie knyp die mandjie, met ons skatte nog veilig bewaar, stywer onder haar arm vas. Maar net vir ‘n oomblik. Die konvooi kom tot stilstand. Dis Silver en die Harleys en die Giggelgroenbus! Die bus is vol mense.
Frannie gee sonder om te kyk die mandjie aan. Trommels gryp dit net betyds. Silver haal sy helmet af en skud sy hare los en glimlag daai lui glimlag, stap nader en tel vir Frannie in sy arms op, swaai haar in die rondte. Ag, dis net te mooi, dié oomblik.
Ek hoor net hoe gee Toorts ‘n gilletjie, Undertaker lyk soos ‘n kat wat room gekry het. Sy duik agter Lorenzo in. Hy trek sy wenkbrou vir Undertaker. Dié draai bedremmeld terug na sy maters.
Die bus se deur gaan oop: Carlos, Ben, Sersant Gigaba, Spook Piet Joubert, Spook Paul Kruger, Marco, Pablo en sy bende, ‘n aantal SARS beamptes, Athol Gupta, ‘n paar lede van die Valke…hersinskimme. Ons juig van blydskap toe onse Baron Room aka The Boss, Abrie, Sonell, Woestynkind, Ekmyselff, Coetzee, Lewies, Storieklong en Theo die trappie afkom. Agge, nee, wie is laaste? Broodina en haar Klaas!
Nog is het einde niet. Ons kry nie kans om tot verhaal te kom nie. Dis Perdeby se Zoomaway-Boomaway, nou vol kaleidoskoop patrone geverf wat aangery kom. Sowaar, Nellie en Renier met klein Jakkie aan die hand, klim voor uit. Lettie, Jan Mankement en Ellie Vatlappie Visagie volg op hulle hakke. Net die Viljees makeer – een is dood en die ander in die tronk.
Silver se maters het intussen sambrele en tafels en stoele opgeslaan. Middelaarde by Emmaus is maar ‘n kalerige plek, glad nie Lord of the Rings materiaal nie.
Gou word daar ‘n vuur aangeslaan en uit die elonmuskvliegmasjien se vragruim word heerlike kos en natuurlik Frangelico en Toorts se Tiramisu bedien.
Ons lag oor hoe ons die Towerinne geword het. Die benaming het saam met Perdeby se ZoomAway hoofstuk begin posvat toe ons die Perfekte Misdaad probeer pleeg het! Ons lag oor gefrangellikoseerd, Balipênties, ankle-grinders, uile, Camilla se vermoëns om met danspassies manne te toor, geld, goud, belonings, suspisies, ontsnappings en altyd gelukkige eindes.
Die son sak en stil staan veertien Towerinne op. Ons stap eenkant toe, roep ons ander blogmaats nader. Met ‘n kampgrafie grou Abrie en Coetzee en Lewies ‘n gat in die dorre aarde. Frannie en Trommeltjies bring die mandjie met ons kosbare broodjies nader.
Ons begrawe die skat.
In die middel van Suid-Afrika.
Reg om miskien eendag weer vir ‘n reuse avontuur te sorg.
Ons draai om en stap stil terug na die vliegmasjien. Die mense en voertuie van ons stories en reise verdwyn stil saam in die sakkende son se lang gooi skadus.
Tyd om terug te swoesh in die vinnige vliegmasjien. Ons retoervlugte na die regte lewe wag op Kaapstad Lughawe.
Totsiens Toerinne-Towerinne.
Naskrif.
Ons toer deur ons mooie land en ons avonture het ons saamgesnoer in ‘n bende met ons eie stem. Vroue wie nog kan droom en pret hê al knyp die regte lewe. Vroue en mans, almal met intelligensie, wysheid, ‘n goeie skeut verbeelding en bowe alles ‘n vlymskerp sin vir humor.
‘n Bende in Blogland gevorm. Vriendskappe wat virtueel begin het, word al hoe meer in die ware wêreld meer innig en eg.
‘n Veilige plek vir elkeen van ons: Seegogga, Positief, Bondels, Perdebytjie, Woordnoot, Toortsie, Trommels, Frannie, Una, Hester, VirgoC, Kameel, Scrapy en Lekkervurig
Mag ons en ons Towerinskap so vas bly staan en baie beteken soos ons spekbome by die Giant Flag buite Graaff-Reinet.
Dankie dat ek die voorreg had om te sê:
Fluit, fluit ons reis storie is uit.
__________________________________________________________________________
OOR DIE MIDDELPUNT VAN SUID-AFRIKA
Daar is twee plekke wat as middel van Suid- Afrika beskou word. Dit hang af hoe jy meet. Ek verkies die ene by Emmaus.
References:
Geographic midpoint calculator, http://www.geomidpoint.com
Northern most point: S 22° 7.631′ E 29° 39.387′
Southern most point: S 34° 50.016′ E 20° 0.008′
Eastern most point: S 26° 51.495 E 32° 53.440’
Western most point: S 28° 37.801′ E 16° 27.477′
‘n Ander meting is op ‘n plaas by Reiveilo in Noordwes. Leer meer saam met die twee oulike jongmense. Die boodskap van hulle video is vir my te treffend om nie ook hier te deel nie.
Ag man Vuurtjie nou sit ek met ‘n vet knop in die keel….😭 dis soooooo mooi. Ai ek gaan die groenbus mannewales mis. ..
LikeLiked by 4 people
Dit was ‘n belewenis…ek is skoon moeg na die griffel. Ons is besig as ons avontuur.😉
LikeLiked by 1 person
Vreeslik, maar dit was so lekker ontsnappipping van elke dag se uitdagings… darem het ons nog Facebook blad…
LikeLiked by 1 person
Jitte dis so mooi en hartroerend. My bors trek skoon saam van aandoening. Dis absoluut kosbaar. Hierdie mense voel dan almal so werklik….hoe is dit moontlik om so geheg te raak aan fiktiewe karakters. Ek gaan Broodina tot mis.
LikeLiked by 5 people
Nou is my hart so seer…..ek kan nie glo dis verby nie….ek wil aan elke Towerin n roos gee…en daarmee sê ek dankie dat ek kon deel wees van hierdie ongelooflike toer. I salute you all….😢😢😢
LikeLiked by 5 people
🌹
LikeLike
My hart is rêgtig seer…maar nou moes ek eers lag vir spook Piet Joubert en spook Paul Kruger wat ook uit die bus klim. Ag dis briljant Lekkervurig ❤
LikeLiked by 3 people
Ek strm Kameel, ek moes rerig sluk om nie te grens nie. Dit het so rerig gevoel party dae. Regtig puik einde Vuurtjie
LikeLiked by 2 people
Wow! Wat ‘n reis!
Maar ons broodjies begrawe? Ek weet darem nie! 😱
Dankie, Lekkervurig, vir die wonderlike finalé en dit net álmal wat al deelgeneem het aan ons avonture. Ek haal my hoed af dat jy al die nuwe woorde onthou en nog die name ook! Vir my was dit net ‘n uitdaging om ons 14 se name te onthou.
So, wat is ons volgende avontuur?
LikeLiked by 2 people
Toorts. Jy het die nuwe avontuur. Gaan trek in jou nuwe omte in en vertel vir ons. Ons gaan nou rus
LikeLiked by 2 people
Nee man! Ons is nou net opgewarm!
LikeLike
Toorts. Fokus. Ons wil weet van jou nuwe huis.
LikeLiked by 1 person
Ek gaan dit dalk in die geheim doen, nie so in die oopte nie. 😁
LikeLiked by 1 person
Ek het nie woorde nie….fantasties geskryf! Dit was so ‘n wonderlike belewenis en ek wil dankie sê vir almal, wat my vir ‘n paar maande lank in ‘n towerwêreld van verbeelding gedompel het. Dit was ‘n besondere reis!
LikeLiked by 5 people
Dankie, Lekkervurig. Jy vat ons kompie bymekaar en jy bring ons op ń hoogtepunt by die einde van ons toer uit. Ek kan sien jy het jouself behoorlik hier ‘uitgeskryf’, en weereens vasgeskryf in elkeen se hart. Ek is ietwat verslae dat die groen bus se deur toegetrek staan. Maar aan die ander kant, ons klompie se kaperjolle en ondervindings kan nooit net toegesluit word nie. Daarvoor is ons gans te loslittig en vry van gees.
LikeLiked by 5 people
🤗
LikeLike
‘n Briljante slothoofstuk! (Nou hoekom is daar ‘n wasigheid hier op my skerm…)
LikeLiked by 2 people
Ja, en daar is dit nou oor en uit! Dankie Lekkervurig – ek het hierdie reünie terdeë geniet. Viva la Towerinne
LikeLiked by 1 person
Ek hoop van harte ek het die einde na almal se bevrediging hanteer. My hart klop nog heeltyd in my keel vir een of ander duistere rede. Seker ook skok dat ek dit sommer so klaar geskryf het, en wat nou?? 😉
LikeLiked by 2 people
Dit was tyd vir die einde. ‘n Skilder moet weet wanneer sy skildery klaar is. En jy het dit meesterlik hanteer.
LikeLiked by 1 person
👩🎨🖌✒📚
LikeLike
Dit was verseker ‘n sware verantwoordelikheid, maar sover soos wat ek gelees het, het ek gedink: Dis net Lekkervurig wat so ‘n goeie jop daarvan kon gemaak het.
LikeLike
Frannie, jy laat my vlerke groei! Dankie.
LikeLiked by 1 person
Oulik E !
LikeLike
My blerrie oë traan. Jy skryf so lekker. Ek gaan die avonture mis, maar in die regte lewe het ek ‘n klompie hartsvriede bygekry
LikeLiked by 2 people
🤗
LikeLike
My kommentaar wou nie gepos word nie, so probeer ek weer. Goed gedoen Lekkervurig, jy mag maar skryf. Puik.
LikeLiked by 1 person
Ja… en so kom een reis tot ‘n einde! Ek het so nou en dan lekker saam gery! Dankie aan julle almal. en, net so btw… ek moet nog my Nellie storie klaar maak. Ek belowe ek sal… want die storie bly draai in my kop en sal by draai tot ek hom vertel! 😉
LikeLiked by 1 person
Stories moet klaar vertel word…ons wag.
LikeLiked by 1 person
Hulle moet… gee ‘n bietjie kaans… ek het alweer te veel afgebyt! Nellie spook by my… sy boet gaan bieg… en ophou lieg! 😉
LikeLiked by 1 person