
Hierdie blogpos is deel van die fiktiewe Kuier-Safari toer wat deur 14 bloggers onderneem word. Foto’s – Google en Vuisboek.
Lees vorige bydraes deur die verskillende skrywers by hierdie InLinkz skakel http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928.
———————————————————————————————————-
Ons kom na ons Namakawalandse reis saam met Hester, 1 200km later op die Giggelgroen towerintoerinbus se odometer, by Kaapstad Lughawe aan.
My hart klop in my keel, want Lekkervurige-ek gaan alweer ‘n draai veroorsaak. (Ek is nou nog so beskroomd oor ek voor Virgo C se Gariep-besoek ingedruk het en Hester en Lorenzo moes laat bokspring om alles glad te laat verloop. ). Ek stap toe maar saam uit die bus uit. My maats staan vol afwagting na my en kyk.
“Ons moet nou weer terug Pofadder toe,” sê ek. By aanhoor hiervan gooi Lorenzo sy hande in die lug en dertien Towerinne voel hoe huil hulle iskias.
Voor ek my verrassing met almal kan deel, vlieg Lorenzo die bus in soos ‘n malmok.
Ons kyk verstom hoe die giggelgroen towerbus die straat af jaag. Minute later is dit net sirenes. Ons gil ‘n minibus taxi nader en skree almal gelyk: “Volg daai groen bus.”
Dis ‘n nagmerrie al met die N2, see se kant toe. Lorenzo, polisiemotors, ons in die minibus agterna. Skielik draai Lorenzo af, Groenpunt toe. Hy stop nie, hy ry tot in die see…

Sal so uitlander nou sy emosies met hom laat pad vat! Ek hol nader.
“Lorenzo, now why did you do this,” vra ek woedend.
“I no want to drive those roads anymore. Lorenzo is tired,” en hy huil vreeslik.
Hester, Kameel en Frannie moet net polieste paai, en ek sien hoe ‘n broodjie of twee hande ruil. Die groen bus word uit die see katrol. Dit benodig bietjie herstelwerk. Lorenzo word vir ‘n nag in die hospitaal opgeneem.
Die minibus bestuurder, Makkie glimlag met sy bergiebek.
“Kan ek julle miskien help. Ek sal julle Pofadder toe vat.” Jy sien die pupille van sy oë in note verander. Ons bedank hom vriendelik en wys sy aanbod van die hand.
“Dankie, maar dis nie nodig nie. Help ons ons bagasie uit die bus laai en neem ons asseblief na die Cape Grace Hotel. Jy kan ons more om 09h00 kom oplaai lughawe toe,” glimlag ek en boender 13 verwarde Towerinne die taxi in.
“D..dis ‘n super luukse hotel,” sê Trommeltjies. . Ons kan haar glo, sy ken van die Moederstad.
“Haal asem Towerinne,” paai ek. “Dis deel van die verrassing, as Lorenzo net rustig gebly het.”
Dis net ‘oe’ en ‘ah’ en ‘n gegiggel, nes dit al vir byna 6 000 km in die giggelgroen bus gegaan het sedert 20 September 2018. Op pad na die mooi oornagplek vertel ek:
“Danksy Scrapy se gereelde gebruik van die Elonmuskvliegmasjien, het die man, julle weet hy het Suid-Afrikaanse wortels, né, kontak gemaak. Ons toer het hom nuuskierig gemaak. Hy, net soos baie van ons, hou nie van onmin nie, en het besluit om sy vliegmasjien aan te pas om al veertien van ons plus Lorenzo te akkommodeer. Nou het Lorenzo amper my hele plan befoes. Gelukkig, en dankie Frannie dat jy Silver so omtower het dat hulle ook hier in die Kaap aangekom het om vir oulaas saam ‘n avontuur te hê, hy reeds ingestem om te help seker maak ons laaste been van die epiese toer is moontlik. Meneer Musk het ook besluit om ons vir een aand in die mooie Cape Grace te laat oornag as sy spesiale gaste.”
Frannie glimlag skalks en luide applous breek uit. Ag, dis darem lekker saam met die klomp vroue! Ons word soos koninklikes ontvang by die hotel. Seegogga, Positief, Bondels, Perdebytjie, Woordnoot, Toortsie, Trommels, Frannie, Una, Hester, VirgoC, Kameel, Scrapy en ek weet nie waar om eerste te kyk nie.
Elkeen is in ‘n luukse kamer inbespreek en ons het deeglik van alle lekkertes wat gebied word gebruik gemaak. Spa-behandelings, sonbaai, lekker smulkos. Wat ‘n heerlike ervaring.

Intussen het Hester, Una en ek verwoed reëlings moes tref om ons geliefde bus herstel te kry. Gelukkig is Abrie weer terug en kon hy help dat die bus oornag herstel word. Frannie en Virgo C het met Silver-hulle gepraat, en hulle onderneem om met die bus as deel van hulle konvooi na ons eindbestemming te reis om met die Towerinne en Lorenzo daar te verenig.
Die volgende oggend is dit ‘n uitgeruste en kalm Lorenzo, pas ontslaan, en veertien kekkelende towerinne wat vrolik by Kaapstad Lughawe aankom.
Ons het sy drip met so bietjie frangelico gedokter toe ons besoektyd gaan inloer het. Ons word soos BBPs na ‘n afgeleë loods vervoer. Ons kon ons oë nie glo nie. Daar staan ‘n elonmuskvliegmasjien met plek vir vyftien mense en ‘n Musketier, dis nou iemand in Elon Musk se diens, wat die vlieg werk sal doen.
Na ons mooi beduie is deur ons Musketier hoe die nuwe vliegmasjien werk en dat ons heel veilig sal wees, word die Muskmasjien bestyg. Die Musketier roep my eenkant, daar is so klein probleempie. Ek stel die Towerinne gerus en vra Lorenzo om solank vir almal ‘n glasie sjampanje te skink. Dertig minute later kan ons opstyg. Wat ‘n ervaring!

En swoesh….. daar vlieg ons. ‘n Uur later is ons op Pofadder. ‘n Vriendelike omie kom laai ons met twee donkiekarre op die stowwerige rugbyveld waar ons geland het, op.
“Welkom op Pofadder,” sê Oompie Pof. ” Ja, die plek is nie na die slang vernoem nie, maar na my oorgrootjie…Klaas Pofadder. Hier is ‘n reuse sonpaneelplaas en baie toeriste aantreklikhede. Julle weet Stroomop die fliek is net hier op die pad Onseepkans toe op die Oranjerivier verfilm, né. Ons dorpie is nie so stil as wat julle dink nie”.
Picture: Masi Losi
Ek lag en sê: “Dis nie so stil as eienaardig nie. Julle ouetehuis en die grafplaas is bure.”
“Nee, die situasie het jare gelede verander,” lag hy. “Ons nuwe ouetehuis is ‘n bedrywige plek. Kyk maar op Vuisboek”.
“Oom Pof, wag net voor jy ry, ek het ‘n nuwe inwoner vir die ouetehuis gebring.” Ek druk die vragruim van die Muskmasjien oop, en ‘n verkreukelde Broodina klim uit.
‘n Stilte so wyd soos die Kalahari sak neer vir ‘n millisekonde. “Waddehel,” sê Hester namens almal.
“Ek kon nie anders nie, sommige van julle kry die vrou jammer. Ons het haar gevang snuffel om die Muskmasjien en na sy met die polisie gedreig is, het sy met haar hele storie uitgekom. Pofadder sal vir haar werk. Of hoe, Broodina,” vra ek.
“Ek is waarlik jammer dat ek julle so gepla het, julle lewe lyk so lekker. Jaloesie het my skoon deurmekaar gehad. Ek het ontdek dat ‘n ou skoolkys van my, Klaas Kluitjies, is hier in die ouetehuis, en danksy Lekkervurig se hulp, het ek met hom kontak gemaak. Hy is so bly dat hy sommer vir my ‘n kamer by die ouetehuis gereël het,” Broodina bloos lekker.
Wraggies, daar pluk al wat Towerin is ‘n kantsakdoekie van my skoonma uit om trane te dep. Jinne, ons is maar ‘n sentimentele klomp.
Oom Pof sê:”Kom, die son gaan vir julle hier insmelt as ons so bly rondstaan, kom ons ry nou ouetehuis toe. Middagete is vir julle gereël.”

Daar gaat ons deur Pofadder se strate. Veroorsaak amper hulle eerste verkeersknoop soos almal stop om die twee donkiekarre vol vroumense en een beskroomde donkerkopman te aanskou!

Ons stop voor Huis Sophia wat net verlede jaar mooi restoureer is. ‘n Statige man staan alleen op die stoep. Broodina snak na haar asem en vlieg van die donkiekar af. “Klaas, Klaas,” is al wat sy uiter toe sy in sy omhelsing in val. Die Towerinne en Lorenzo huil die kantsakdoeke sopnat.
Sien, Broodina was aan Klaas verloof, hulle sou trou. Toe gebeur die oorlog, en hy is aangeteken as vermis. Broodina het gerou en saam met haar familie Hartebeespoort se koerant gaan begin. Klaas het amnesie gehad en was lank oorsee, waar hy ‘n verpleegster ontmoet het wat hom op sy lang herstelpad gehelp het. Hulle het getrou. Sy het ‘n plaas buite Pofadder geërf en hulle was lank daar saam. Klaas is sowat vier jaar ‘n wewenaar. Hy het besluit om sy ou liefde te probeer opspoor. Maar geen geluk. Broodina het ook van haar kant probeer om Klaas te vind. Soos die lewe dikwels loop, is toeval die rede dat hulle paaie weer kruis. Op Vuisboek, deur gemeenskaplike kennisse. Broodina wou, na sy gevlug het Knysna toe haar lewe oor begin en stil haar lewe sluit. Toe vind sy vir Klaas. Dis op hierdie tydstip dat Kameel haar toe oor Krismis raakloop. Sy het verneem ons rus en dan gaan ons die toer rondom Pofadder aflsuit.
Soos Broodina maar is, besluit sy toe liewer om ons te volg, en miskien so ‘n rit te kan bedel Pofadder toe.
Sy wou in Knysna vir Kameel vra en toe sien die eks skonie se vriendin haar in die bedding, toe druk die vrou van skrik haar glas stukkend en stamp teen die vuurpot. Dis waar al die breekslae vandaan kom. Sy moes toe vlug en het maar op Kaapstad lughawe weer probeer. Daar was nie sitplek vir haar nie, so sy moes maar in die vragruim klim.
Ons word gul ontvang deur die inwoners van die ouetehuis en Toorts is in vervoering toe sy hulle orreltjie sien. Dit was omtrent ‘n singery en geklets. So teen tweeuur het Oom Pof ons klomp kom oplaai, terug na die Muskmasjien, ons laaste ure van ons epiese Spring-op-die-bus toer het aangebreek.
O, ja. My verbintenis met Pofadder het ek reeds oor geblog. Lees gerus oor Tannie Corrie van Rhyn en Pofadder as jy sou wou. Ek haal uit die inskrywing aan:
“In my early days as professional beggar for charity, she accompanied me to many teas. One day, we were invited by the Pietersburg Ladies Club. The club, a bastion of the stiff-upper lipped of our community. So here Afrikaans speaking us walk into the tea and cucumber sandwich do. Ladies in hats and thin red lips. I do my very best to promote our cause, get smiles and tears, as that is what I am good at. After formalities, we sit and chit chat. Two ladies at our table, not particularly impressed with the two Boertjies in their midst, where going on about their latest European tour. I glance to Tannie Corrie, and she is rolling those dentures. Trouble. She clatters down her cup and saucer, and leans in towards the two women. “My dears, it all good an well to go overseas, but tell me, have you ever been to Pofadder,” she quipped. Oh my word, I had to excuse myself quickly. The astounded looks and silence was priceless. Tannie Corrie did not suffer fools lightly.
Nou kan julle saam met my oral heen toer met die formidabele vrou se toestemming, want ons was immers almal op Pofadder!
Ons kuier more verder finaal saam. Hier is vir julle elkeen ‘n blinddoek, die het julle nodig omdat ons laaste bestemming ‘n geheim moet bly tot ons land! Tot later liefste Towerinne!
Ag daai ou eseltjies, ek wil hulle net druk. Jy ken darem mense in hoë plekke Lekkervurig; daai hotel het my asem weggeslaan. Dalk moes ons vir Makkie met die bergiebek gevra het om die groen bus Pofadder toe te vat en dan kon hy bestuur hewt op ons verdere reise – ek het nog nooit in ‘n minitaxi gery nie. So dit wás Broodina! So wrintie, daai vrou is soos Replay Chewing Gum – the flavour stays.
LikeLiked by 2 people
Nou het sy darem haar Ela Spence einde vir ons sagte hart maats.Dis danksy Scrapy dat ons hoog oppes van weet….en ons is spesiaal.
LikeLiked by 2 people
Baie spesiaal!
LikeLike
Dit was my eerste ook in ń minitaxi, Hester, dis net die musieke wat effe luid was selfs vir my half dowe ore.🙉
LikeLiked by 2 people
Oeps. Dis ek wat die volume opgedraai het het toe ek ingeklim het. Sorrie “puppy dawg eyes”.
LikeLiked by 2 people
Genugtig maar jy het als so mooi uitgelê en mooi geskrywe. Ai dat tot die liewe Broodina haar hartklop gevind het, sjame….
Die hotel se spa en masering het my die wêreld se goed gedoen. Dankie v d lekker bederf en kuier
LikeLiked by 3 people
Ek stem, dis so mooi ek wil nog lees en toe is dit op. Wat ‘n wonderlike skrywe, maak jou flessie koffie en sit so toebie of wat neer en skryf verder🌻🌻
LikeLiked by 1 person
Julle moet maar nou eers alles mooi lees en weer lees en daai blinddoeke opsit….
LikeLike
Wow! Sjoe! 🙂 Wat ‘n reis! En hopelik sal ou Broodina nou ook rus vir haar siel kry. En daardie vliegmasjien! Mensig! Dankie, dankie, dankie.
Ek ken vir Pof Louw van Pofadder, hy het hom hier op ons dorp kom vestig. Die man kan stories vertel, hoor!
En jy sê Abrie is terug? Ek het nog altyd gedink hy het dalk gevlug vir die Towerinne, ons was net té onbeheerbaar. Ek wil amper hartseer raak by die gedagte dat die toer nou einde se kant toe gaan, of gaan ons nog ‘n draai in Bali maak?
LikeLike
Nee Toorts ek weet nir rerig of Abrie terug is nie…dis mos maar stories wat ons spin. My Pof is ook opgemaak..😉
LikeLiked by 1 person
Ek het nét bly geraak. 😁
LikeLike
En die Pof wat ek ken, woon hier. Jou naam het my sommer net aan hom laat dink. 😁
LikeLiked by 1 person
🤗🤗
LikeLike
Ek lees gisteraand lank na ligte-af tyd jou blog…en geniet dit natuurlik gate uit. Daar lê ek in die donker en vind myself dan breed glimlag, en dan weer innerlik lag….en so raak ek aan die slaap. Dankie Lekkervurig dis puik gedoen. Eķ moes geweet het ‘n Mills and Boon liefhebber sal die storie so pragtig laat eindig 😂😂😂 Sorry, kon daardie een nie laat verbygaan nie. Nou gaan ek dit weer rustig lees…dit voor my oë laat afspeel…en dan kommentaar lewer.
LikeLiked by 1 person
Onthou om jou blinddoek byderhand te hou….ons laaste ure op die Spring op die bus toer gaan epies wees!
LikeLiked by 1 person
Kannie wag nie!!!
LikeLike
Ai Lekkervurig….hierdie was nou so in my kraal….Pofadder! Dankie dat jy die grênd wees van die hotel saam met die eenvoudigheid van Pofadder so mooi bymekaar gebring het….ek was al bevoorreg om ontbyt te eet by die Cape Grace net na hy oopgemaak het. Daardie plek slaan mens se asem elke keer weg. Maar die hoogteount is Pofadder!
LikeLiked by 1 person
Die einbextemming gaan nog beter wees, hou die blinddoek byderhand.
LikeLike
Kan nie wag nie…jippie!!
LikeLike
Dat Lorenzo nou hier op die einde uithaak, en dit nadat hy heerlik in Frankryk by sy ma vakansie gehou het. Maar gee die man die eer wat hom toekom….’n ander man sou sekerlik lankal sy goed gevat en geloop het met soveel vroue wat hy gelukkig moet hou. Tot Abrie het gevlug 🤔 Daardie frangelico in Lorenzo se voedingsbuis klink alte veel na Una!! 🙄
Ek sien ons klomp in die taxi saam die polieste die groenbus jaag. Sal dit nie ‘n lekker fliek maak nie?
LikeLiked by 1 person
Die Towerinne se eskapedes is wonderlike stof vir ‘n goeie dramedie, ek sien gedurig sulke skermgrepe.
LikeLiked by 1 person
Jy is reg, Kameeltjie, skoonsus het my lankal van voedingsb…ag, net sommer drips, geleer!
LikeLiked by 2 people
Ek begin jou goed ken Unatjie 😋
LikeLike
Haai Kameel, dis nogal waar…🙄🤔😮🙈
LikeLiked by 1 person
Ek sal die rieme al stywer moet trek om jou in toom te hou. Dit kom al van Toweropstal se dae af dat ek jou onder oë moet hou. Of sal ek maar soos Lorenzo my hande in die lug gooi en die hasepad kies?
LikeLike
Dis nou mos nie reg dat jy my verlede by ons gesprekkie betrek nie, Kameel!
LikeLiked by 1 person
Hoe gaan ek al daardie manewales uit my kop kry Una? As ek aan jou dink sien ek die hele prentjie 🤔 Laat dit jou tot troos wees…jy het diep in my hart gekruip met al jou onnutsigheid.
LikeLike
Dis goed so, nou kan jy my glad nie weer uitkry nie.😘
LikeLiked by 1 person
Sjoe daardie hotel slaan my asem weg…B E A U T I F U L!!! Nou weet ek hoe voel die “elite.” Dan praat ek nie eers van die vliegmasjien spesiaal vir ons ontwerp en sy Musketier nie. Wat ‘n belewenis. Wonder waar was die pers? Vir ‘n Muskvliegmasjien om op Pofadder se rugbyveld te land kon wêreldnuus opslae maak. Ag en dan lag ek al die pad vanaf die oomblik toe Broodina uit die vliegmasjien klim. Dankie dat jy vir haar so ‘n gelukkige einde bewerkstellig het!! 😍 Dat die Towerinne en Lorenzo nou so saam huil in jou ouma se kantsakdoekies 😂😂😂 is klassiek. Ons op die donkiekarre!!! Ag dis alles so lekker. En toe hier op die einde voel ek sowaar hartseer toe ek besef ons toer is so te sê verby.
LikeLike
Alle goeie dinge eindig – ek hoop julle gaan hierdie einde lank onthou en na aan die hart hou.
LikeLiked by 1 person
Ek het ń vinnige dip vir oulaas in die see gevat terwyl julle met die poeliste besig was… Wat de joos, en toe staan en vries my hele iskia…
LikeLiked by 1 person
Bwahaha! Daai see sal so maak! 😉
LikeLike
As ek weet wat is ‘n iskia mag ek meegevoel hê….maar nou is ek “clueless.” Mens swem nie so naby die Kaap se punt nie…dis moeilikheid soek. Geen wonder jou iskia het gevries nie 🤔
LikeLike
Iskia is jou se boud of sitbeen…jy ken mos nou al vir Una en avonture…bang vir niks
LikeLiked by 1 person
Ek vermoed dis jou agterstewe, Kameel. Eers was myne deurgesit van al die rondry, en toe slaat die koue water ‘hulle’ … Morsdood, sê ek jou.
LikeLiked by 2 people
Ek wou al daardie agterstrewe ‘n goeie pakslae gee oor jou onnutsigheid. Nou het die koue water die ding gedoen. 😂😂😂
LikeLike
Ek moet erken, die busherstel was nou nie SO maklik nie! Abrie het darem toutjies gehad om te trek, en ons drietjie moes toe ornag net rondhang en wag… Kaapstad se naglewe is sowaar heel opwindend. Die dames veral was heel vriendelik en ons, of kom ek sê liewer net ek, het ń paar nuwe danspassies aangeleer. Bertus sal nou net so ń blink paal moet opspoor.🤔😂
LikeLiked by 1 person
En waaaaar was Lekkervurig…of het sy ook om ‘n paal rondgehang? As ek jy is bly ek doodstil oor die paal…anders sal Bertus jou nooit weer toelaat om saam met ons te toer nie. 😗
LikeLike
Die wêreld vol aan die onderhandel – dan by die bus, dan strate af agter Una aan, dan by die vliegmasjien, dan by die hospitaal, soos die energizer-haas gehol om te sorg dat julle ‘n belewenis het.
OF
Rustig die luuksheid by die Cape Grace geniet…want ek kan organiseer
😉 Kies self…
LikeLiked by 1 person
Die eerste een klink meer na jou valskermspring avontuur wat my soveel plesier verskaf het. Dus kies ek hom. Sal ook mooi by ons fliek inpas. 🤗
LikeLiked by 1 person
Jong, ek wonder… Die stem van rede kan maklik deur prentjies in sy kop oorrompel word, en dan is die res vergete. Net maar ook man.
LikeLiked by 2 people
Ai,bietjie laat hier aangekom…wat ‘n pragtige skrywe en samevatting van al die los punte, Lekkervurig!Ek is so bly Broodina het ook nou geluk gevind. Jy kán skryf, suster!
LikeLiked by 1 person
What a trip! Ek dink jy moet dit verwerk tot’n roman of ‘n fliek, Lekker vurig!
LikeLiked by 1 person
Ek reken ons hele Towerin ervaring van Toweropstal tot nou sal ‘n fantastiese sepie maak.😉
LikeLiked by 1 person
Ek dink ook so! Maar die toweropstalstorie is ook n slastick comedy fliek soos min! Daar is nou vir jou n uitdaging. ( onthou net om hier en daar n goue munt na d towerinne se kant toe ook te laat kom as jy nou beroemd is! Hester kan dubbeld kry, want dit was mos haar idee. Ek weet nie van Frannie nie- het sy nie al genoeg in daardie broodjie van haar nie?
LikeLiked by 1 person
😎
LikeLiked by 1 person
Wat ń groot heerlikheid. Jy het welgedaan Lekkervurig. Die ou dierbare donkies, dis mos my swakte, ń donkie. So baie dankie dat ons op die donkiekarretjie kon ry. Oom Pof met sy tandlose ou mond vat die koek, veral as hy daai gums so sit en kou tussen sy gesels deur. Dan praat ek nou nie eers van die gevliegery nie, wat ń belewenis! Die hotel praat ek nie eers van nie, daardie masserings was uit die boek.
LikeLiked by 1 person
Ek is bly julle geniet ons reise en eskapades.
LikeLike
Wha ha ha… weet nie of ek wil huil of lag nie! Mooi vertel… lekker inni water beland! Die goeie ou Kaap… van die punt tot by die groot rivier… daar is nou vir jou ‘n plek en ‘n half! 😉
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die onloet AJ. Onthou om later Die Einde in die Middel te lees. Dan het die Towerinne klaar gereis. Nellie maak ook ‘n verskyning. Groete
LikeLiked by 1 person
Jy’s heeltemal te skep vir my… ek sal so maak… les geleer, dankie! 😉
LikeLike
Lekker daar in die dorre Pofadder gekuier… Yes… if you haven’t been to Pofadder you’ve been nowhere!! 😉
LikeLike