Rots en ek het lekker draaie gery met ons 2012 wegbreek. Ons hele roete beplan om die hoofpaaie te vermy.

Hierdie fotoalbum vertel van ons terug reis vanaf Graaff-Reinet. Ons het een keer met ‘n oorbrug oor die N1 gereis, verder agterpaaie gery. Hoe groot was die beloning nie.

Ons reis deur Paul Kruger se geboortedorp, Burgersdorp,  Venterstad, Bethulie, Louw Wepener.

By Bethulie sien ons die Gariep is boeppens en tot oorlopens toe vol. Water en sand en stof.

Ons ry verby Tieitiesberg en giggel. Die naam vertel self.

Gesels oor legendariese Patrick Mynhardt wat Herman Charles Bosman se Oom Schalk Lourens volksbesit gemaak het. Sy outobiografie was nogal getitel “Boy from Bethulie.” 

Stop om mooi kerkies in klein plekkies af te neem. G’n malmokke in taxi’s en blink motors wat hel toe jaag nie.

Oral poskaart en legkaart berge en stofpaaie en perde. ‘n Kleurvolle windpomp en uitspattig naby wolke slaan my asem weg. Ons ry al langs die Korannaberge. ‘n Eensame fietsryer kom op die stofpad aan.

Vol verrassings, seën en vrede. Die agterpaaie huistoe.

Dankie VirgoC dat jy ons weer op die onthou laat afkom met jou lekker kuier by Gariep!

Om jou blogpos by te voeg of om die ander bloggers te lees, kliek op die volgende: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928