
‘n Blogger het dit oor pienk t-hemde vanoggend, en ons skerts daaroor. Ek laat weet daar is nie pienk in die reënboog nie, sy laat weet sy sien pienk en basta. Immer nuuskierig, gaan ek aan die op lees.
Sowaar. Daar is ‘n verskil in ‘n spektrum en ‘n reënboog. “n Spektrum se kleure is minder -sewe, maar daar is rusie oor indigo en cyan. ‘n Reënboog se kleure word beïnvloed deur sonstrale, water, inval hoeke, die land weet wat alles. Daar is deeglik daaroor op Wikepedia verslag gedoen.
‘n Spektrum se kleure is minder -sewe, maar daar is rusie oor indigo en cyan. ‘n Reënboog se kleure word beïnvloed deur sonstrale, water, invalshoeke, die land weet wat alles. Daar is deeglik daaroor op Wikepedia verslag gedoen.
Ek wil ‘n reënboog storie van my eie vertel.
Kersdag 2010, reis ons terug van Naboomspruit waar ons die dag saam met my skoonma deurgebring het. Toe ons by die Eersteling Monument bord regs indraai op pad na ons huisie in die berg, het dit pas op hou reën, en daar so links van ons verskyn die fynste reënboog. Dit reis so al met die kronkelpad saam. Asof dit ‘n boodskap is van iets wat nie weer sal kom nie. Tereg was dit my ou skoonmoeder se laaste Kersfees. Sy sou daardie jaar ‘n klomp laastes beleef.
Die drama begin in Februarie 2011 toe haar huisdokter gordelroos mis diagnoseer, en sy deur weke se pyn hel gaan. Die pyn medikasie beskadig haar slukderm en tussen Maart en November ry ek met haar elke ses weke Pretoria toe waar dokters desperaat poog om haar ‘n menswaardige bestaan te verseker. Dit was egter puur verniet, want wat ‘n eenvoudige prosedure sou wees om ‘n stent te verwyder, laat haar sonder slukderm en in intensief. Die trauma te veel vir haar gestel en siel. Sy sterf net voor Kersfees.
Ons was almal erg geskok, want sy het na die operasie helder vir twee broers en hulle gesinne gesê om nie hulle vakansieplanne opsy te skuif nie, sy het my ‘n lys kers inkopies gegee om te doen, kaartjies vir die kleinkinders geskrywe. Soos haar te doen lys voltooi geraak het, so het sy letterlik begin oorgee, opgee.
Die aand voor haar dood vra sy ek moet Psalm 23 vir haar lees. Ek sit by haar en wil nie loop nie. Sy fluister ek moet gaan rus.
Daardie volgende oggend net voor die son opkom, kry ek die oproep wat niemand wil hê nie. Ma is weg voor ek by die hospitaal kon kom.
Kersfees was vir ons klomp onlekker. Ouma se persent -‘n week in die Kruger Wildtuin wat Rots bespreek en reeds betaal het het vir ons drie, nou net ‘n hartseer plan.
Nuwejaar oggend 2012 word ek vroeg wakker. Oor my geliefde Ysterberg skitter ‘n yslike reënboog, so of ons laat weet word dat ons ma nie meer seer en onwaardig stukkend is nie, dat die lyding verby is vir haar en iets nuut vir haar en ons voorlê.
So, Poerdez, my liewe menz, sien die pienk in jou reënboog, want dit lyk vir my reënboë is relatief tot elke individu se sien en voel. Groot askies as ek jou omgekrap het.

Hier leer ek nog iets nuuts vandag.
LikeLiked by 1 person
So pragtig geskryf en daardie foto is besonders!
LikeLiked by 2 people
Dit was spesiaal!
LikeLiked by 2 people
🤗💐🌹
LikeLike
Pragtig geskryf🌻
LikeLike
Reënboog. Die teken van hoop, van God by ons. ❤️
LikeLiked by 1 person
Mag ek iets bieg? Ek ken nog nooit die kleure van die reënboog nie. Ek dink nie ek het dit op skool geleer nie, maar my kinders het, en ek ken nie die kleure wat hulle noem nie. Dis vreemde name. Soos indego. Wat is dit?
LikeLike
Indigo is naby aan koningsblou. Cyan is meer saffierblou, en so aan. Alles mense idees en plek vir rusie.
LikeLiked by 1 person
En die een weet beter as die ander een. 😂
LikeLiked by 1 person
Baie hartseer dat sy so moes weggaan met pyn maar ook bly dat die einde uitkoms gebring het. Die reënboog is beslis n goeie teken. Ysterberg en die reënboog bring nou verlange na die verlede en ook na my male sonder tal se ry Pietersburg toe om my ma te besoek.
LikeLike
Lekker dag daar vir julle!! 😉
LikeLike
Geseënd vir julle ook, dit het doe afgelope 72uur 74mm gereën. Lekker dag by die swembad en rustig. Groete uit Limpopo
LikeLike
Baie mooi.
LikeLiked by 1 person