NaNoWriMo

You’ve written 40,735 words of your novel—congratulations! You’re in the home stretch.

Wat ‘n uitdaging en ervaring.

So op die herdenking van my ma se selfmoord op  Maandag 19 November 1979 bereik ek vandag op 19 November 2018 ‘n besondere persoonlike doelwit deur die 40 000 woord grens oor te steek in die #NaNoWriMo 1028 uitdaging, en daar is nog etlike dae in November oor om by die 50 000 perk uit te kom! 

Ek is erg rou aan my binnekant en die aura bietjie swart hierdie jaar, want sien, die skryf uitdaging is nie sommer net nie. Dit is om baie persoonlike redes aangepak. Dit is aangepak om my eie onthalwe, om na my lewe te kyk en goed ongedaan en ongesê ten minste vir myself af te handel en uit te skryf. So het ek einas en twyfel en drome een woord op ‘n slag uit geskrywe, bekyk en bedink.

Ek besef so met die uitskrywery dat eina sal altyd eina wees, maar met die jare leer mens beter daarmee saamleef. Mens kan dit so kies. Drome is nooit te versaak nie en die hoop beskaam nooit.

Dis waar ek nou trek. Nog 9 265 woord oor tot 30 November 2018. Wat ek wel weet is daar is nog woorde om te string, nuwe stringe, nuwe stories, droom stories, verbeel stories wat ek miskien eendag sal deel.

Oor en uit.