Graaff-Reinet Betower-Deel 3

Dag twee in die Camdeboo. Ons is vroeg uit die vere en gou is die giggelgroenbus op pad. ‘n besoek aan Graaff-Reinet se kleinsus, Nieu-Bethesda is ‘n moet. Wees geduldig liewe leser, die skyfe vertoning laai stadig af. Dis die kyk werd, dan reis jy sommer saam die rustige Karoo-geheimenis binne.

This slideshow requires JavaScript.

Die Uilhuis van Helen Martins is so reg in die Towerinne se fantasie-kraal. Die tragiese vrou wat as jong onderwyseres haar lewensdrome opsy geskuif het om na haar bejaarde ouers te gaan versorg, is ‘n fliekstorie werd.

Sy het haar ma se afsterwe al hoe meer vereensaam, en haar pa was ‘n moeilike pasiënt. Soos haar wêreld verkein het, het sy ‘n plek van haar eie vir haar gedagtes en kreatiwiteit. Vandag staan die UIlhuis as monument van haar vreemde lewe.

Die sementbeelde en spreuke in die draad ingestrengel is verstommend. Hier hou ‘n vrou ‘n skinkbord vir ‘n ou man – is die Helen wat haar pa bedien? Daar loer ‘n meermin deur die riete.

Twee kinders hou vir lewe en dood tyd vas. Daar blink uiloë in die son. Ons staan stil by ‘n Jesus geboorte toneel. Ons kyk hoe die kamele en knielende mense na Helen se oos kyk. Sy het aspris alles in haar wêreld omgekeer. ‘n Klein rebellie in kuns uitgedruk. Die klein kapel met die mooi woorde is aangrypend.

Daar teen die draad sien ek my gunsteling spreuk: “The moving finger writes….” Ek wil nog vir my vriendinne vertel, toe Trommeltjies en Seegogga vervaard uit die huis gestorm kom.

“Ek sweer daar is ‘n spook,” sê Trommels benoud.

“Nee man, dis seker net skaduwees,”  sê Una.

“Nee, rerig,” koor die twee benoud.

Ons gaan saam die vreemde huis binne. Daar is ‘n meermin in die bad. Ons bewonder die kookplek en verstom ons aan die bottels vol glas in die spens. Die glassplinters wat Helen op die plafonne in die huis aangebring het, het in haar oë beland, en sy het blindheid in die oë gestaar. Dit is ook wat tot haar selfdood gelei het.

Ons staan in haar slaapkamer, en wrintie, daar in die hoek beweeg die beddeken. Ons is stil, en Hester besluit dis ‘n nadere kyk werd. Sy lig die deken se punt en wie lê onder die bed. Broodina.

“Waddehel maak jy hier,” vra Hester.

“Julle het soveel pret, ek kan nie help om julle te volg nie,” se Broodina.

Wratig, het ons dan nie net nou die dag met haar afgereken by Oribi Gorge nie?

Hester, Kameel, Una en ek stap eenkant toe. Wat nou?

“Ag siestog,” haak Una af. “Die arme vrou. Sy is seker maar alleen en verstote. Ons manewales het gesorg dat sy werkloos is.”

“Mmm,” brom Hester. Ek rol my oë.

Vrede ter wille, laai ons haar op die bus. Ons kan nie ‘n woord verder uit haar kry nie.

Terug op Graaff-Reinet bel Una die Kromkoerant van haar tuisdorp. Daar waar Broodina vandaan kom.

Ons skrik ons oor ‘n mik. Broodina het uit ‘n senukliniek verdwyn!

Die hele wêreld soek na haar. Haar familie het to ‘n R50 000 beloning uitgeloof!

Nou ja, die Towerinne seëvier weer. Broodina is kom haal en in ‘n witbaadjie vasgemaak.

Met groot lof is verskyn ons op die Graaff-Reinet Advertiser se voorblad:

“Vermiste vrou deur die Towerinne gevind!”

In dieselfde koerant verskyn ‘n berig:

“Oudste koek in die land verdwyn.” 

Ek loer vir Frannie, wat het sy in daai mandjie?

Ons was juis gister by die antieke winkel waar die oudste troukoek in die land, of wêreld, circa 1907, op uitstalling is. Ons het almal ge-oe en -ah en meestal gegril. Dis vir my en my maats so effe makaber. Maar nou is die koek weg? Gatta-patata…is ons alweer in die moeilikheid?

Hierdie is voorwaar ‘n toer soos min! Dankie vir die lekker saamkuier in my geliefde Camdeboo juweel, Graaff-Reinet en omstreke. Ons reis aanstons verder na Positie  se geliefde Calitzdorp, weet nie watter pret of moeilikheid saamkom of voorlê nie. Met die Towerinne weet jy nooit!

_____________________________________________________________________________

Hierdie bloguitdaging is aanvaar deur 14 Afrikaanse bloggers wat ñ virtuele toer deur Suid-Afrika gaan onderneem. Die gasblogger van die week moet op ñ Donderdag, op die datum wat toegewys is, ñ blog publiseer oor hulle tuisdorp/streek, asook ñ fiktiewe weergawe van die ander 13 bloggers se kuier by sy/haar tuisdorp.

Klik op hierdie skakel om die lys van deelnemende gasbloggers te sien, asook die datums waarop hulle blogposse gepubliseer gaan word.

Die 13 kuiergasbloggers vir die week (en hul lesers) kan dan vir die res van die week ook blogposse bylas waarin hulle beskryf hoe hulle die kuier geniet het, of hulle kan ñ blog skryf oor die streek waarin die gasblogger van die week die kuiergaste onthaal het – vertel van ñ eie ondervinding in daardie provinsie/streek/dorp, deel herinneringe of plaas fotos wat daar geneem is. Enige lekker storie sal doen solank dit in die gasblogger se streek/provinsie afspeel. Kuiergasbloggers en hulle lesers moet asseblief ook hulle skakels byvoeg op InLinkz sodat ons almal kan saamlees. Sien: Dis Ekke vir die reëls.

Om jou blogpos by te voeg of om die ander bloggers te lees, kliek op die volgende: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

58 Comments on “Graaff-Reinet Betower-Deel 3

  1. Broodina! Ek het net daar ophou lees en iets gaan haal om te eet. ‘n Mens het versterkings nodig hier. Plaas dat ons gister almal ‘n paar spekboomblaartjies gekou het, dan sou ons dit nou kon hanteer.

    Liked by 2 people

  2. Ek hét julle gewaarsku: Die kat kom altyd weer terug. En hier maak ons al weer geld ook met die losprys. Ek dink darem nie iemand sou die ou koek gesteel het nie, die Towerinne is darem nie skelm nie. Of hoe?

    Liked by 2 people

  3. O koek!!!! Dit was ‘n heerlike kuier by jou Lekkervurig., dankie. Die Uilvrou en Broodina klink vir my ook so half verwant. Kan nou nie help om te glimlag dat sy onder die bed gaan inklim het nie. Is daar nog plek in die bus vir ‘n troukoek?

    Liked by 2 people

  4. Dit was al weer lekker. Ek kan my verstom aan die uilhuis. Om elke hoek en draai, net as jy dink dat jy nie nog kan inneem nie, is daar iets mooier.
    Broodina is nou vir eens en altyd terug in die malhuis, of kom die kat net weer?
    En laastens die koek, wat sou van dit geword het, sekerlik wil niemand so ou koek prober eet nie

    Liked by 2 people

  5. Dis pragtige fotos Lekkervurig; ek het nou in skone verwondering gesit en skyfies kyk. Blêrrie Broodina. Wanneer ek ‘n blog lees, skim ek mos altyd die eerste keer van pure haastigheid om te weet wat gebeur en dan lees ek ‘n tweede keer deeglik. So met die eerste lees van hierdie een sien ek met een oogopslag die opskrifte van die vrou want gevind is en die ou koek wat verdwyn het en my brein knoop hierdie twee aanmekaar … Hahaha. Lekkervurig, keer vir Toortsie; sy kou aan die vlag.

    Liked by 3 people

  6. Jissie hoor….ek gaan nou eers weer van deel een af begin, copy en paste en dan deel twee aanlas en dan deel dire…en dan gaan ek dit lekker op my tyd weer deurlees…jy stir my reis gees vreeslik! Ek het die groot vlag gaan google en dit oorgeskakel na die satellite view. Toe het ek op die dorp ingezoom en probeer kyk waar jou huisies is maar met geen straatnaam was dit nie moontlik nie. So uit die lug uit is Graaff Reinet groot. En toe ek deur die dorp gereis het, het ek die R63 gevat tot ek by Murraysburg uitgekom het…toe Hutchinson….eish!

    Liked by 1 person

  7. Ek was nog nooit by die Uilhuis nie, dus was hierdie so interessant! Jy is darem briljant om vir Broodina so vas te vat en te laat pos én nog ‘n beloning ook te beding. Ons diamantmandjie raak seker al bietjie karig, dus kan so ‘n ou ekstra meevallertjie help vir die res van die toer.Ek kry eintlik vir Broodina jammer. Van ‘n bekwame joernalis, het sy verander in ‘n jammerlike wese en dis alles ons skuld.

    Liked by 1 person

  8. Ek het nou met Earth voor jou huis gaan rondstap. Net nie seker of die pophuis op die hoek of die een langs die woonstel julle s’n is nie. Die begraafplaas is oor die straat. Dit lyk baie rustig!!!

    Liked by 1 person

  9. Gelukkig hou ek nie van koek nie, so ons weet ek het niks vasgelê nie. Dis nou jammer daar was nie ń regte spook nie, dat dit net Broodina was. Die begraafplaas daar naby jou; ek het so vir ń wyle daar gaan rondstap. Is mal daaroor om stories oor die afgestorwenes te probeer uitdink. Daar is defnitief ń paar vriendelike spoke daarrond, maar hulle pla niemand nie. Met diè dat ek nou nie bang is vir spoke nie, is ek ge-ignoreer. Daar het hoeka een op ń Fourie graf gesit en staar, so na die grond. Wonder ek alweer oor grondeise, dalk moet mens in die argiewe gaan rondkrap, daar lê dalk net ń erfgrondjie vir my en wag… Dalk kan ek nog ń winkeltjie in jou straat oopmaak…🤔🤔🤔

    Liked by 2 people

  10. Gelukkig het ek nie ń soet tand nie, dus geen deel aan enige koekstelery nie. Dit sal julle leer om ons waarnemungs af te maak as hersenskimme os dagdrome of iets, as ons ń roering sien is daar ń roering!!! Welliswaar het ons nou nie gedink dis Broodina nie, die ou siel, siestog sy het maar baie beteuterd geltk in haar wit jas.
    Dit was nou voorwaar interessant, was nog nie voorheen by die Uile huis nie. Die arme eensame vrou.
    Julle laat my skoon giggel as ek dink aan Broodina wat aan die oer-koek knibbel.

    Liked by 1 person

  11. Jy het darem n pragtige versameling en vertelling hier gepos. Dankie vir jou mooi skryfsel . Nou weet ek bietjie meer oor daardie ou deel van ons land. Die Noorde is mos maar jonk in vergelyking met die Suide. Ek het al van die uilevrou gelees en gesien.. Ook maar n tragiese storie. Selfs ou Broodina wat so mal soos n haas is krap ons Towerinne darem maar lekker om. Amper was dit weer n spookstorie!

    Liked by 1 person

  12. Julle man spul koggel to te lekker saam!
    Mooi ry… as julle basse daai stamp bus se harde sitplekke kan verduur! (Ek dink ‘n ou doppie witblits sal help met die pyn… )
    Ek kom kyk weer more/ oormore na julle manewales! 😉

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

toortsie.com

Skyn, liggie, skyn!

Life according to C

To become remarkable, hold yourself accountable

Holladriehoe

Hier gesels ek oor alles wat my bly maak: my taal, die natuur, kuns, die lewe.

Top40Weekly.com

The Weekly Top 40 1955-2017

No Facilities

Random thoughts, life lessons, hopes and dreams

Leeskring met een lid

Waar ons boeke saam met die seelug inasem

The Bee Writes...

oder auch "Die Bea schreibt" *** expect nothing... not even the unexpected *** erwartet nichts... noch nicht mal das unerwartete

Gedigte wat jou laat dink.

Sien die groot prentjie.

Tokeloshe

I♥2CR8

Kluisenaarsklaviere

Denke oor die wêreld, sy plekke en sy mense

Kameel se gebabbel

Waar die hart van vol is, loop die mond van oor

Kruger Theron

Stories met Siel

Daily Manna

By Heart of Worship

Justice's Blog

The fear of the LORD is the beginning of wisdom...The contents of blog ranges from Christian knowledge to my own 'nerdy' posts.

The Depth of Now

Exploring Istanbul Through Storytelling & Photography

Discover

A daily selection of the best content published on WordPress, collected for you by humans who love to read.

Wag 'n Bietjie

Welcome! Come linger a while..

The Sanity Rules

Uncommon common sense

Tannie Frannie

My terapie vir oudword

Ouch!! My back hurts!!

Life according to one of life’s truly gifted naturally born wafflers… an open diary of a Saffer in a different land... life in the greater Dublin & Leinster area. (Since 2011) My quests fuel my dreams… my dreams fuel my quests!!

Liewe Persoon

Ons het almal iemand nodig om na ons te luister

Bondels Gedagtes

Lesse geleer, en stories uit my lewensreis

penpunt

Waar die hart van vol is …

Country Living in Southern Africa

Sharing my life in Mozambique and all things country in Southern Africa

Dream Desire Achieve

The dreams you desire can be achieved, for with God nothing is impossible.

KAITLIN B. CURTICE

Kaitlin B. Curtice

de Wets Wild

Disappearing into South Africa's wild places... Again!

heart prints

live the story you want to tell

filosopete

blessedbeyondrecognition 🇿🇦

WoordNoot

Waar ek my woorde en note kombineer om my storie te vertel

Die Bordkryt

Studentekoerant

Positief

Wat jy in jou gedagtes toelaat, dit word jou lewe

Ekmyselff

dit is wat dit is, ek is ook wat ek is

'n Skrywer se blok

Kortverhale, gedigte en sommer enigiets met die lewe te doen.

Thulana

Almal om my is gek...

Vinke en Verse

Spraak-, taal- en gehoorterapeut. Kamma-digter. Lewenslange student. Reisiger. Liefhebber van woorde, musiek en Afrika. Deur Genade gered en deur Liefde vrygespreek.

Tapestry of Thought

Cilnette Pienaar weaves and unravels

bitterbossie

Die groenspreeu is 'n kunstenaar ...

Born in Providence

finding our way back to love

%d bloggers like this: