Dag twee in die Camdeboo. Ons is vroeg uit die vere en gou is die giggelgroenbus op pad. ‘n besoek aan Graaff-Reinet se kleinsus, Nieu-Bethesda is ‘n moet. Wees geduldig liewe leser, die skyfe vertoning laai stadig af. Dis die kyk werd, dan reis jy sommer saam die rustige Karoo-geheimenis binne.
Die Uilhuis van Helen Martins is so reg in die Towerinne se fantasie-kraal. Die tragiese vrou wat as jong onderwyseres haar lewensdrome opsy geskuif het om na haar bejaarde ouers te gaan versorg, is ‘n fliekstorie werd.
Sy het haar ma se afsterwe al hoe meer vereensaam, en haar pa was ‘n moeilike pasiënt. Soos haar wêreld verkein het, het sy ‘n plek van haar eie vir haar gedagtes en kreatiwiteit. Vandag staan die UIlhuis as monument van haar vreemde lewe.
Die sementbeelde en spreuke in die draad ingestrengel is verstommend. Hier hou ‘n vrou ‘n skinkbord vir ‘n ou man – is die Helen wat haar pa bedien? Daar loer ‘n meermin deur die riete.
Twee kinders hou vir lewe en dood tyd vas. Daar blink uiloë in die son. Ons staan stil by ‘n Jesus geboorte toneel. Ons kyk hoe die kamele en knielende mense na Helen se oos kyk. Sy het aspris alles in haar wêreld omgekeer. ‘n Klein rebellie in kuns uitgedruk. Die klein kapel met die mooi woorde is aangrypend.
Daar teen die draad sien ek my gunsteling spreuk: “The moving finger writes….” Ek wil nog vir my vriendinne vertel, toe Trommeltjies en Seegogga vervaard uit die huis gestorm kom.
“Ek sweer daar is ‘n spook,” sê Trommels benoud.
“Nee man, dis seker net skaduwees,” sê Una.
“Nee, rerig,” koor die twee benoud.
Ons gaan saam die vreemde huis binne. Daar is ‘n meermin in die bad. Ons bewonder die kookplek en verstom ons aan die bottels vol glas in die spens. Die glassplinters wat Helen op die plafonne in die huis aangebring het, het in haar oë beland, en sy het blindheid in die oë gestaar. Dit is ook wat tot haar selfdood gelei het.
Ons staan in haar slaapkamer, en wrintie, daar in die hoek beweeg die beddeken. Ons is stil, en Hester besluit dis ‘n nadere kyk werd. Sy lig die deken se punt en wie lê onder die bed. Broodina.
“Waddehel maak jy hier,” vra Hester.
“Julle het soveel pret, ek kan nie help om julle te volg nie,” se Broodina.
Wratig, het ons dan nie net nou die dag met haar afgereken by Oribi Gorge nie?
Hester, Kameel, Una en ek stap eenkant toe. Wat nou?
“Ag siestog,” haak Una af. “Die arme vrou. Sy is seker maar alleen en verstote. Ons manewales het gesorg dat sy werkloos is.”
“Mmm,” brom Hester. Ek rol my oë.
Vrede ter wille, laai ons haar op die bus. Ons kan nie ‘n woord verder uit haar kry nie.
Terug op Graaff-Reinet bel Una die Kromkoerant van haar tuisdorp. Daar waar Broodina vandaan kom.
Ons skrik ons oor ‘n mik. Broodina het uit ‘n senukliniek verdwyn!
Die hele wêreld soek na haar. Haar familie het to ‘n R50 000 beloning uitgeloof!
Nou ja, die Towerinne seëvier weer. Broodina is kom haal en in ‘n witbaadjie vasgemaak.
Met groot lof is verskyn ons op die Graaff-Reinet Advertiser se voorblad:
“Vermiste vrou deur die Towerinne gevind!”
In dieselfde koerant verskyn ‘n berig:
“Oudste koek in die land verdwyn.”
Ek loer vir Frannie, wat het sy in daai mandjie?
Ons was juis gister by die antieke winkel waar die oudste troukoek in die land, of wêreld, circa 1907, op uitstalling is. Ons het almal ge-oe en -ah en meestal gegril. Dis vir my en my maats so effe makaber. Maar nou is die koek weg? Gatta-patata…is ons alweer in die moeilikheid?
Hierdie is voorwaar ‘n toer soos min! Dankie vir die lekker saamkuier in my geliefde Camdeboo juweel, Graaff-Reinet en omstreke. Ons reis aanstons verder na Positie se geliefde Calitzdorp, weet nie watter pret of moeilikheid saamkom of voorlê nie. Met die Towerinne weet jy nooit!
_____________________________________________________________________________
Hierdie bloguitdaging is aanvaar deur 14 Afrikaanse bloggers wat ñ virtuele toer deur Suid-Afrika gaan onderneem. Die gasblogger van die week moet op ñ Donderdag, op die datum wat toegewys is, ñ blog publiseer oor hulle tuisdorp/streek, asook ñ fiktiewe weergawe van die ander 13 bloggers se kuier by sy/haar tuisdorp.
Klik op hierdie skakel om die lys van deelnemende gasbloggers te sien, asook die datums waarop hulle blogposse gepubliseer gaan word.
Die 13 kuiergasbloggers vir die week (en hul lesers) kan dan vir die res van die week ook blogposse bylas waarin hulle beskryf hoe hulle die kuier geniet het, of hulle kan ñ blog skryf oor die streek waarin die gasblogger van die week die kuiergaste onthaal het – vertel van ñ eie ondervinding in daardie provinsie/streek/dorp, deel herinneringe of plaas fotos wat daar geneem is. Enige lekker storie sal doen solank dit in die gasblogger se streek/provinsie afspeel. Kuiergasbloggers en hulle lesers moet asseblief ook hulle skakels byvoeg op InLinkz sodat ons almal kan saamlees. Sien: Dis Ekke vir die reëls.
Om jou blogpos by te voeg of om die ander bloggers te lees, kliek op die volgende: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928
Broodina! Ek het net daar ophou lees en iets gaan haal om te eet. ‘n Mens het versterkings nodig hier. Plaas dat ons gister almal ‘n paar spekboomblaartjies gekou het, dan sou ons dit nou kon hanteer.
LikeLiked by 2 people
Nee Toortsie, hoe wil jy nou die landsvlag opeet? Tsk.
LikeLiked by 3 people
😂😂🤣🤣🤣
LikeLiked by 2 people
Maar spekboomblaartjies is GOED vir jou!
LikeLiked by 3 people
Ek hét julle gewaarsku: Die kat kom altyd weer terug. En hier maak ons al weer geld ook met die losprys. Ek dink darem nie iemand sou die ou koek gesteel het nie, die Towerinne is darem nie skelm nie. Of hoe?
LikeLiked by 2 people
Net stout. Onnutsig.
LikeLiked by 2 people
😂
LikeLiked by 1 person
Ek wonder nou skielik of Broodina nie ‘n verlangse familielid van die uilevrou is nie?
LikeLiked by 1 person
Haai nee. Die uile vrou was eensaam en depro. Broodina is mallerig stalkerig verby
LikeLiked by 2 people
Sjoe! Dis ‘n verligting!
LikeLike
O koek!!!! Dit was ‘n heerlike kuier by jou Lekkervurig., dankie. Die Uilvrou en Broodina klink vir my ook so half verwant. Kan nou nie help om te glimlag dat sy onder die bed gaan inklim het nie. Is daar nog plek in die bus vir ‘n troukoek?
LikeLiked by 2 people
Dis ‘n voetstuk wat in die Antieke winkel se solder ontdek is… daai mandjie van Frannie ka mos toor met goed…..😉
LikeLiked by 2 people
As een van die towerinne hom gevat het hoop ek net sy laat ons nie proe nie!!! Dan maar eerder ‘n slukkie van Scrapy se energiedrankie wat my onderstebo skop.
LikeLiked by 2 people
Ek hoop iemand het dit net weggesteek. Ek gril my nog al die jare vir die ding. Ons moet maar sien wat het gebeur….😉
LikeLiked by 1 person
🤣🤣🤣
LikeLike
Dit was al weer lekker. Ek kan my verstom aan die uilhuis. Om elke hoek en draai, net as jy dink dat jy nie nog kan inneem nie, is daar iets mooier.
Broodina is nou vir eens en altyd terug in die malhuis, of kom die kat net weer?
En laastens die koek, wat sou van dit geword het, sekerlik wil niemand so ou koek prober eet nie
LikeLiked by 2 people
Jig, ek gril vir daai koek….
LikeLiked by 1 person
Dis pragtige fotos Lekkervurig; ek het nou in skone verwondering gesit en skyfies kyk. Blêrrie Broodina. Wanneer ek ‘n blog lees, skim ek mos altyd die eerste keer van pure haastigheid om te weet wat gebeur en dan lees ek ‘n tweede keer deeglik. So met die eerste lees van hierdie een sien ek met een oogopslag die opskrifte van die vrou want gevind is en die ou koek wat verdwyn het en my brein knoop hierdie twee aanmekaar … Hahaha. Lekkervurig, keer vir Toortsie; sy kou aan die vlag.
LikeLiked by 3 people
Ek dink jy het ‘n punt daar beet Hester….laat hulle onder die bed gaan kyk, die koek is sekerlik daar….of wat van hom oorgebly het nadat Broodina haar versadig geeët het.
LikeLiked by 2 people
Ooooo Toortsie wat so kouerig is was miskien saam onder die bed
😁😁😁😁😁😂😁😁
LikeLike
🤣
LikeLike
Ek dink ook Broodina het daardie koek gesteel…onthou die kase uit van Gaalen se kaasfabriek, né!
LikeLiked by 2 people
Daar is jy reg….ons beter die polisie na die Uilhuis toe stuur!
LikeLiked by 1 person
Terwyl sy in daardie bed weggekruip het, het sy seker aan die koek geknibbel.
LikeLiked by 1 person
O genade, ek gril om net te dink….
LikeLiked by 2 people
Bwahahah! Stoute HEster. Toots, los die spekbome uit, dis vir die vlag, nie vir kos nie.
LikeLiked by 2 people
Hoerahoerahoera! Broodina is in die vangwa, weggevat na wie weet waar, toegesluit en siedaar!! Towerinne kan ontspan, Broodina kan ons nie vang!
Lekker gekuier jong…
LikeLiked by 3 people
Kyk hoe vrolik dig jy sommer.
LikeLike
😁😁
LikeLike
Jissie hoor….ek gaan nou eers weer van deel een af begin, copy en paste en dan deel twee aanlas en dan deel dire…en dan gaan ek dit lekker op my tyd weer deurlees…jy stir my reis gees vreeslik! Ek het die groot vlag gaan google en dit oorgeskakel na die satellite view. Toe het ek op die dorp ingezoom en probeer kyk waar jou huisies is maar met geen straatnaam was dit nie moontlik nie. So uit die lug uit is Graaff Reinet groot. En toe ek deur die dorp gereis het, het ek die R63 gevat tot ek by Murraysburg uitgekom het…toe Hutchinson….eish!
LikeLiked by 1 person
My huisies is in Stöckenstroomstraat 10 en 12 langs die Botanies
LikeLike
nou gaan ek weer google toer!
LikeLike
Ek boek solank drie weke in jou gastehuis! Dis werklik pragtig. Het ook op jou stoep sommer gaan sit en kyk hoe die mense in die begraafplaas blomme gaan neersit….
LikeLiked by 1 person
My sit stoep wys agtertoe na die berg en park
LikeLike
dan was ek by die verkeerde huis!!! geen wonder die mense het my so snaaks aangekyk nie!
LikeLike
Nee. Jy kan voor op die straat sit. Karnallies pla net en kom bedel. Whaha.
LikeLike
Ek was nog nooit by die Uilhuis nie, dus was hierdie so interessant! Jy is darem briljant om vir Broodina so vas te vat en te laat pos én nog ‘n beloning ook te beding. Ons diamantmandjie raak seker al bietjie karig, dus kan so ‘n ou ekstra meevallertjie help vir die res van die toer.Ek kry eintlik vir Broodina jammer. Van ‘n bekwame joernalis, het sy verander in ‘n jammerlike wese en dis alles ons skuld.
LikeLiked by 1 person
Nee, dis haar eie skuld en sy makeer mos nou maar van die begin af. Haar probleme is haar eie, ek gaan nie laat ons daai las dra nie! Noem my wreed, maar gek is gek en dis nie ons skuld nie.
LikeLiked by 2 people
Jy is reg, dy het dit oor haarself gebring!
LikeLiked by 1 person
Vergeet om te sê, die foto’s is pragtig!
LikeLiked by 1 person
Dis so elke twee jaar se kuier daar, mesn leer die son en lig ken
LikeLiked by 2 people
Ek het nou met Earth voor jou huis gaan rondstap. Net nie seker of die pophuis op die hoek of die een langs die woonstel julle s’n is nie. Die begraafplaas is oor die straat. Dit lyk baie rustig!!!
LikeLiked by 1 person
Een langs die woonstel en teen die park.
LikeLiked by 1 person
Die begraafplaas oor die straat en ouetheuis om die draai! Hehehe!
LikeLiked by 1 person
Julle het voorwaar vêr vooruit gekyk. Wanneer is julle van plan om daar te gaan bly….soos in bly?
LikeLike
Hopelik binne die volgende vyf jaar, of as die lotto gebeur…mar dis ook net gekkebelasting. Ek droom van ‘n ses bed gastehuis met die naam “Kom bly by ons” wat die huis en woonstel sal opneem en ekke en Rots in die pophuis. Lekker.
LikeLiked by 1 person
Dit klink vir my na ‘n uitstekende plan. Hoop rêgtig dit realiseer kort voor lank.
LikeLiked by 1 person
Gelukkig hou ek nie van koek nie, so ons weet ek het niks vasgelê nie. Dis nou jammer daar was nie ń regte spook nie, dat dit net Broodina was. Die begraafplaas daar naby jou; ek het so vir ń wyle daar gaan rondstap. Is mal daaroor om stories oor die afgestorwenes te probeer uitdink. Daar is defnitief ń paar vriendelike spoke daarrond, maar hulle pla niemand nie. Met diè dat ek nou nie bang is vir spoke nie, is ek ge-ignoreer. Daar het hoeka een op ń Fourie graf gesit en staar, so na die grond. Wonder ek alweer oor grondeise, dalk moet mens in die argiewe gaan rondkrap, daar lê dalk net ń erfgrondjie vir my en wag… Dalk kan ek nog ń winkeltjie in jou straat oopmaak…🤔🤔🤔
LikeLiked by 2 people
Onthou ek Fourie ook, so ek mede-eis ne!
LikeLike
O, ek onthou maar alte goed! Jou dorp is so mooi, ek is seker ons voorgeslagde het ń plaas of twee daar afgesteek. Wens ek het meer van die voorgeslagde geweet, dan was dit nie vir my nodig om my eie stories op te maak nie.
LikeLiked by 1 person
Gelukkig het ek nie ń soet tand nie, dus geen deel aan enige koekstelery nie. Dit sal julle leer om ons waarnemungs af te maak as hersenskimme os dagdrome of iets, as ons ń roering sien is daar ń roering!!! Welliswaar het ons nou nie gedink dis Broodina nie, die ou siel, siestog sy het maar baie beteuterd geltk in haar wit jas.
Dit was nou voorwaar interessant, was nog nie voorheen by die Uile huis nie. Die arme eensame vrou.
Julle laat my skoon giggel as ek dink aan Broodina wat aan die oer-koek knibbel.
LikeLiked by 1 person
😉
LikeLike
Jy het darem n pragtige versameling en vertelling hier gepos. Dankie vir jou mooi skryfsel . Nou weet ek bietjie meer oor daardie ou deel van ons land. Die Noorde is mos maar jonk in vergelyking met die Suide. Ek het al van die uilevrou gelees en gesien.. Ook maar n tragiese storie. Selfs ou Broodina wat so mal soos n haas is krap ons Towerinne darem maar lekker om. Amper was dit weer n spookstorie!
LikeLiked by 1 person
🤗🤗
LikeLike
Sjoe, dit is pragtig geskryf!
Ek onthou van die Uilhuis, maar ek het nie van die geskiedenis daaragter geweet nie.
LikeLiked by 1 person
Julle man spul koggel to te lekker saam!
Mooi ry… as julle basse daai stamp bus se harde sitplekke kan verduur! (Ek dink ‘n ou doppie witblits sal help met die pyn… )
Ek kom kyk weer more/ oormore na julle manewales! 😉
LikeLiked by 1 person
AJ, bly jy kom loer in. Tussen al ons manewales deur, hoop ons jy geniet ons mooi land en sy stories ook! Groetnis.
LikeLiked by 1 person
Dankie… ja, en ek laaik altyd om in dir Kaap (Oos en Wes) te kuire! 😉
LikeLiked by 1 person