512px-Bellcurve.svg__0

Toortsie, se liggie skyn skerp en sy skryf vanoggend waar in haar blog: “Die Joker. Daar is gewoonlik twee Jokers in ‘n pak kaarte. Ek weet nou nie wat die Afrikaans daarvoor is nie. Skoppensboer? Daardie lekker kaart om in jou hand te hê en te gooi en almal te ontwapen. Die kaart met die mag, ‘n kaart wat almal graag wil hê.”

Ek is self gister weer met so kaart soos Toortsie van vertel, gegooi.  Dis maar die lewe. Lekkervurig warm onder die kraag, hartjiekots vies voel ek weer vanmore oor ‘n ander ding.

Stuck in the middle with you, die liedjie van Stealers Wheel maal n my kop, na gebeure in onse parlement vroeër die week.

Clowns to the left of me,

Jokers to the right, here I am,

Stuck in the middle with you.”

Die links en regs en middel laat my aan daardie kurwe van gemiddeldes wat soos ‘n kerkklok lyk, dink.  Dis van pas op meeste van ons hier in Suid-Afrika.

Regs en links op die politieke spektrum is narre,om die minste te sê. Daar is nie ‘n leier wie ek passievol sal navolg nie. Ons sit vas in die middel, Cyril. Ja, jy Meneer die President wat soos ‘n kat op ‘n warm dak moet dans om jou party aan bewind te hou.

Jou party wat die massa in middel aansien vir skape wat maar om die bos gelei kan word. Ek bid dat die gesiglose massa in die middel sal besef dat die vloekende, kwetsende verkose verteenwoordigers in ons parlement nie ons stem verdien nie. Ai, mens het darem weer die week skaam gekry.

 

Cyril, ons verdien ‘n demokrasie ontrimpeling.  Huis skoonmaak tyd is waaroor die komende verkiesing moet gaan.  Oor begin is al wat ons gaan red. Rêrig. Hoe kan stemgeregtiges net meer as 400 sulke twakke met ons land en vryheid in die hand gee om te besluit oor ons mooie land?

Dis tyd Suid-Afrika in die middel. Dis tyd.  Thuma mina was so goeie afskop, maar to gaan gee onse Cyril dit vir die ANC. Stil dood gaan dit sterf soos Batho Pele en al daai slagspreuke. Slagspreuke bou nie struktuur nie. Voorsien nie menslike gesondheidsorg nie. Ruk nie onderwys reg nie. Slagspreuke verdeel. Dit sit nie geld in die bank of kos op die tafel nie.

Ek bid dat die mense in die middel van slegsê regse en slinkse linkse politiekery vasgevang, ruk hulle op en thuma mina stembus toe. Stuur jouself na die stembus.  Daar mag in gewone mense se hande in Mei 2109.  Ons moet dit reg gebruik, anders is dit weer net omdat die lied nie verder gaan, begin ons weer van voor af aan!

 

Foto krediet: