fb_img_15412192969986403829876649488359.jpg

Hierdie skildery is vir my tiperend van waar ek my tans in my gedagtewêreld bevind. Dis deur Walter MacEwen (1860–1943), ‘n Amerikaanse skilder. Mooi né!

Dit is dag sewe van die NaNoWriMo 2018 skryf uitdaging wat ek saam ment Scrapy en Cecelia aangepak het.

Vanmiddag het ek 13780 woorde sedert 1 November uit my onthou getik. Teen die tempo sal ek 25 November die 50 000 woorde merk haal. Nou ja toe!

Elke dag tyd vir onthou-skryf opsygesit. Soos wat ek sit en skrywe, leef ek weer my lewe. Dis verstommend wat mens onthou, en dan die bonus van vergete onthou.

Dis of my ouma, oupa, pa, ma en mense van lank terug soos in die skildery by my sit….en my onthou aanhoor.

Dis lekker koud hier by ons. Het myself netnou onderbreek en lekker kerrie en rys vir my liefies aan die gang gesit en die kaggel aangesteek.

Ek gaan nou eers met die Towerinne by Hester kuier en begin om voorbereidings vir hulle kuier aanstons by my op Graaff-Reinet, te finaliseer.

Dan is daar nog my Janieskryf storielyn wat ek teen die einde van die week wil ingee.

Die skryfsluise is oop, want die woordedam loop oor.