Jinne, sowat van ‘n gekerm en skimp het ek lanklaas gehoor. Toorts, Bondels en Trommeltjies was omtrent in sak en as omdat ek saam met Una, Kameel, Positief en Seegogga met Scrapy se elonmuskvlieger gou by Eersteling gaan draai het.

Ek het toe maar met Hester en Scrapy ‘n lang gesels gehad, en met hulle seën nog ‘n blitsbesoek in die Limpopo bewimpel. Omdat Toortsie ons uber-veeldoener (multi-tasker) is, het ek besluit om haar die stuurstang van die vlieger te laat hanteer. Ag nou ja, wat kan ek sê.

Hier is wat gebeur het:

Douvoordag en met ‘n gefluister en rondtas om nie ons slapende maats wakker te maak nie, sluip Hester, ekke, Toorts, Bondeltjies en Trommeltjies uit die gastehuis.

Dis ‘n gegiggel en lag toe Toorts so ewe agter die gekompliseerde dêsh van die elonmusk vlieger inskuif. Soos ‘n wafferse loods skuif sy haar brille reg. Ek klim langs haar in, want ek is die toerleier.

“Toorts, haal af daai sonbril, dis nog nag,” brom Hester.

Bondels baklei om by ‘n venster te sit. Weet nie wat sy gaan sien as ons topspoed in die skemerte vlieg nie. Trommeltjies pak net eers haar alewige bagasie in die ruim en gou sit sy knus tussen Hester en Bondels.

“Op julle merke gereed,” haak Toorts af.

Rêrig Toorts, jy maak my benoud.

“Waar gaan ons heen… wat gaan ons doen…is daar spoke…hoekom so vroeg,” rat-a-tat Bondels en Toorts en Trommels die vrae af.

“Kalmeer, julle is nes kleuters,” maan Hester, “Lekkervurig gaan beduie.”

“Wel Towerinne, ons gaan ‘n draai ry! Dink heilig en wild,” antwoord ek kripties.

“WAT! Lekkervurig wat begewe jy ons nou weer in,” koor die drie.

“Julle het gesê julle word uitgesluit, teen diskrimineer. Ek gaan julle nou goed wys en vertel en laat beleef wat min mense doen. Pasop waarvoor jy wens,” is al wat ek hulle vertel.

“Toorts vlieg Noordoos. Ons gaan eerste na die Jane Furse omgewing vn Sekhukhuneland,” en daar trek ons.

Gou vlieg ons oor ‘n vreemde landskap.

“Kyk julle, lyk dit nie ook vir julle of God self hier rotstuine gebou het nie?” Oral, in die mooi lig van die opkomende son op die plat landskap gestippel is klipstapels met aalwyne en bome getooi.

“Dit is mooi, vreemd mooi. Waar gaan ons heen,” vra Hester.

Ons nader ‘n groterige klipkoppie.

“Toorts, laat die vlieger land. Stadig.Saggies!:

Toorts laat die vlieger van MachII tot stilstand kom. Ons koppe draai. Gelukkig dink die masjien vir homslef. Toorts bestand….

Ons klim uit en  sien voor ons ‘n gedenksteen. Die Towerinne is stil terwyl hulle lees:

Manche

 

Vader Augustine Moeka het die Anglikaanse kerk in 1929 in die GaMarishane distrik van Sekhukhuneland gevestig. Die sestienjarige Manche Masemola en haar niggie Lucia is bekeer en het gou twee maal per week klasse by die kerk bygewoon om later gedoop te kan word.

Hierdie kultuurvreemde gedrag van hulle kind het Masemola se erg tradisionele Pedi-ouers ontstel. As sy nie saam die lande bewerk nie, verloor hulle inkomste en as sy nie trou nie, kan hulle nie lobola kry nie. Hulle status sal verlaag en die familie verder veram.

Manche is slae gegee, haar klere is weggesteek. Niks kon haar keer nie. Kerk toe wou sy. Die situasie het eskaleer en op 4 Februarie 1928 het sy naked weggehardloop en weegekruip. Toe sy gevind is, is sy doodgeslaan.

Westminster statues

Die kerk het haar kanoniseer, (op die foto hierbo is haar standbeeld tweede van links)  en is sy verewig in een van die aansienlike beelde by Westminister Abdy in Engeland.

Die beelde verteenwoordig moderne martelaars. Daar is ook ‘n gemeente in Alexandria na haar vernoem. Ten spyte van die eerbetoon van die kerk, is haar graf in Suid-Afrika nog nie erken as ‘n erfenis nie.

“Manche het vertel dat sy met haar eie bloed gedoop sou word, en so het dit ook gebeur,” sê Trommeltjie sag…ons is harsteer stil. Manche is dood voor sy gedoop is. Ironies genoeg is haar eie ma op 69 jarige ouderdom gedoop, waarna die Anglikaanse Kerk Manche kanoniseer het.

Psalm 84:1-4 troos ons. Soos die swaeltjie haar huis by God kry, het Manche ook deur haar geloof ‘n ewige tuiste:

“Hoe lief het ek u woning, Here, Almagtige!
3Ek versmag van verlange na die tempel van die Here;
met alles wat ek is, wil ek jubel oor die lewende God.
4Selfs ‘n mossie het ‘n nes
en ‘n swaeltjie ‘n plek vir haar kleintjies
daar by u altare, Here, Almagtige,
my Koning en my God!”

(gaan lees gerus hierdie tragiese,  verhaal van ons eie Saint Manche Masemola wat in verre Engeland vereer is. )

“Kom, julle, ons gaan smelt van al trane,” sê Hester met ‘n dik stem.

Gou vlieg ons wes, Polokwane se kant toe.

“Waarheen nou,” kwetter my maars.

Ek knipoog vir Hester en tik koördinate weswaarts in. Minute later  land ons op ‘n vliegveld so 30km van die stad. ‘n Lenige jong man in khaki kom laai ons op in ‘n veldry-jeep.

“Oe, ons gaan wild kyk,” lag Toorts opgewonde.

“Nee, Dames. Ons gaan wild beleef,” lag die mooie mannetjie.

Ons ry nog so om ‘n draai…en daar is hulle. Die konings van die diere. Leeus.

“O aarde, die lorretjie is te oop,” gil Trommeltjies.  Bondels en Tootrts klou mekaar benoud vas.

“Kalm, dames. Die leeus is rustig, dik gevreet en reg vir ‘n oggend uitstappie. Ons gaan saam stap,” kalmeer die man ons.

O, julle moes daai benoude snakke hoor.

“Toemaar Towerinne, ons sal die agterhoede dek. Die mense ken hulle leeus en dis nie aldag wat jy vroegoggend so gaan wandel nie. Kom,” por ek hulle aan.

Die bendetjie van my klim versigtig uit die voertuig en sluit benoud by die groep toeriste wat reeds daar wag vir die oggend avontuur.

Kyk self. Die bendetjie kan maar self vir julle van hulle oggend met die leeus verder vertel. Ek gan ook nie uitvertel van klere wat geruil moes word nie. Praat van benoud…

 

NS. Vir my maats se brawe benoude avontuur het ek vir hulle elkeen ‘n persent, eg-Sepedi gegee. Omdat ons towerinne is, het elkeen ‘n lefielo gegee. Dis ons streek se gunsteling grasbesem.  Vir Toorts wat so musikaal is het ek ‘n lekope (trompie) en dipela (marimba) gegee. As sy baie raas op die toer verder, jammer, hoor!

Vir die wat nou weer voel hulle het uitgemis, julle het elkeen ‘n lefielo, al dertien van julle! En vat tog ‘n slukkie mampoer!

NS. Om ons virtuele reis deur Suid-Afrika te volg en ons avonture as die Towerinne mee te maak of om saam te blog, klik op die volgende: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928