Jinne, sowat van ‘n gekerm en skimp het ek lanklaas gehoor. Toorts, Bondels en Trommeltjies was omtrent in sak en as omdat ek saam met Una, Kameel, Positief en Seegogga met Scrapy se elonmuskvlieger gou by Eersteling gaan draai het.
Ek het toe maar met Hester en Scrapy ‘n lang gesels gehad, en met hulle seën nog ‘n blitsbesoek in die Limpopo bewimpel. Omdat Toortsie ons uber-veeldoener (multi-tasker) is, het ek besluit om haar die stuurstang van die vlieger te laat hanteer. Ag nou ja, wat kan ek sê.
Hier is wat gebeur het:
Douvoordag en met ‘n gefluister en rondtas om nie ons slapende maats wakker te maak nie, sluip Hester, ekke, Toorts, Bondeltjies en Trommeltjies uit die gastehuis.
Dis ‘n gegiggel en lag toe Toorts so ewe agter die gekompliseerde dêsh van die elonmusk vlieger inskuif. Soos ‘n wafferse loods skuif sy haar brille reg. Ek klim langs haar in, want ek is die toerleier.
“Toorts, haal af daai sonbril, dis nog nag,” brom Hester.
Bondels baklei om by ‘n venster te sit. Weet nie wat sy gaan sien as ons topspoed in die skemerte vlieg nie. Trommeltjies pak net eers haar alewige bagasie in die ruim en gou sit sy knus tussen Hester en Bondels.
“Op julle merke gereed,” haak Toorts af.
Rêrig Toorts, jy maak my benoud.
“Waar gaan ons heen… wat gaan ons doen…is daar spoke…hoekom so vroeg,” rat-a-tat Bondels en Toorts en Trommels die vrae af.
“Kalmeer, julle is nes kleuters,” maan Hester, “Lekkervurig gaan beduie.”
“Wel Towerinne, ons gaan ‘n draai ry! Dink heilig en wild,” antwoord ek kripties.
“WAT! Lekkervurig wat begewe jy ons nou weer in,” koor die drie.
“Julle het gesê julle word uitgesluit, teen diskrimineer. Ek gaan julle nou goed wys en vertel en laat beleef wat min mense doen. Pasop waarvoor jy wens,” is al wat ek hulle vertel.
“Toorts vlieg Noordoos. Ons gaan eerste na die Jane Furse omgewing vn Sekhukhuneland,” en daar trek ons.
Gou vlieg ons oor ‘n vreemde landskap.
“Kyk julle, lyk dit nie ook vir julle of God self hier rotstuine gebou het nie?” Oral, in die mooi lig van die opkomende son op die plat landskap gestippel is klipstapels met aalwyne en bome getooi.
“Dit is mooi, vreemd mooi. Waar gaan ons heen,” vra Hester.
Ons nader ‘n groterige klipkoppie.
“Toorts, laat die vlieger land. Stadig.Saggies!:
Toorts laat die vlieger van MachII tot stilstand kom. Ons koppe draai. Gelukkig dink die masjien vir homslef. Toorts bestand….
Ons klim uit en sien voor ons ‘n gedenksteen. Die Towerinne is stil terwyl hulle lees:
Vader Augustine Moeka het die Anglikaanse kerk in 1929 in die GaMarishane distrik van Sekhukhuneland gevestig. Die sestienjarige Manche Masemola en haar niggie Lucia is bekeer en het gou twee maal per week klasse by die kerk bygewoon om later gedoop te kan word.
Hierdie kultuurvreemde gedrag van hulle kind het Masemola se erg tradisionele Pedi-ouers ontstel. As sy nie saam die lande bewerk nie, verloor hulle inkomste en as sy nie trou nie, kan hulle nie lobola kry nie. Hulle status sal verlaag en die familie verder veram.
Manche is slae gegee, haar klere is weggesteek. Niks kon haar keer nie. Kerk toe wou sy. Die situasie het eskaleer en op 4 Februarie 1928 het sy naked weggehardloop en weegekruip. Toe sy gevind is, is sy doodgeslaan.
Die kerk het haar kanoniseer, (op die foto hierbo is haar standbeeld tweede van links) en is sy verewig in een van die aansienlike beelde by Westminister Abdy in Engeland.
Die beelde verteenwoordig moderne martelaars. Daar is ook ‘n gemeente in Alexandria na haar vernoem. Ten spyte van die eerbetoon van die kerk, is haar graf in Suid-Afrika nog nie erken as ‘n erfenis nie.
“Manche het vertel dat sy met haar eie bloed gedoop sou word, en so het dit ook gebeur,” sê Trommeltjie sag…ons is harsteer stil. Manche is dood voor sy gedoop is. Ironies genoeg is haar eie ma op 69 jarige ouderdom gedoop, waarna die Anglikaanse Kerk Manche kanoniseer het.
Psalm 84:1-4 troos ons. Soos die swaeltjie haar huis by God kry, het Manche ook deur haar geloof ‘n ewige tuiste:
(gaan lees gerus hierdie tragiese, verhaal van ons eie Saint Manche Masemola wat in verre Engeland vereer is. )
“Kom, julle, ons gaan smelt van al trane,” sê Hester met ‘n dik stem.
Gou vlieg ons wes, Polokwane se kant toe.
“Waarheen nou,” kwetter my maars.
Ek knipoog vir Hester en tik koördinate weswaarts in. Minute later land ons op ‘n vliegveld so 30km van die stad. ‘n Lenige jong man in khaki kom laai ons op in ‘n veldry-jeep.
“Oe, ons gaan wild kyk,” lag Toorts opgewonde.
“Nee, Dames. Ons gaan wild beleef,” lag die mooie mannetjie.
Ons ry nog so om ‘n draai…en daar is hulle. Die konings van die diere. Leeus.
“O aarde, die lorretjie is te oop,” gil Trommeltjies. Bondels en Tootrts klou mekaar benoud vas.
“Kalm, dames. Die leeus is rustig, dik gevreet en reg vir ‘n oggend uitstappie. Ons gaan saam stap,” kalmeer die man ons.
O, julle moes daai benoude snakke hoor.
“Toemaar Towerinne, ons sal die agterhoede dek. Die mense ken hulle leeus en dis nie aldag wat jy vroegoggend so gaan wandel nie. Kom,” por ek hulle aan.
Die bendetjie van my klim versigtig uit die voertuig en sluit benoud by die groep toeriste wat reeds daar wag vir die oggend avontuur.
Kyk self. Die bendetjie kan maar self vir julle van hulle oggend met die leeus verder vertel. Ek gan ook nie uitvertel van klere wat geruil moes word nie. Praat van benoud…
NS. Vir my maats se brawe benoude avontuur het ek vir hulle elkeen ‘n persent, eg-Sepedi gegee. Omdat ons towerinne is, het elkeen ‘n lefielo gegee. Dis ons streek se gunsteling grasbesem. Vir Toorts wat so musikaal is het ek ‘n lekope (trompie) en dipela (marimba) gegee. As sy baie raas op die toer verder, jammer, hoor!
Vir die wat nou weer voel hulle het uitgemis, julle het elkeen ‘n lefielo, al dertien van julle! En vat tog ‘n slukkie mampoer!
NS. Om ons virtuele reis deur Suid-Afrika te volg en ons avonture as die Towerinne mee te maak of om saam te blog, klik op die volgende: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928
Ek het nou amper ń glips gekry van skone skok toe daardie maanhaar so terugkyk. Kan ons julle salueer, dit is die braafste ding wat julle kon doen, saam met leeus stap. My bewondering is opreg, want vir geen geld waag ek dit ooit nie. Manche se verhaal is baie hartseer en ek dink dit was vir julle ń diep ervaring om daardie omgewing te besoek.
LikeLiked by 2 people
In the jungle, the mighty jungle….” oorwurm, Toorts het dit aanhoudend gesing….. JA, MAnche se storie- onbekend en onvertel.
LikeLike
Krul my tone nou van lekkerkry! Dankie Lekkervurig! Dankie! 😁 Maar as van die ander dames nou ook uitgesluit voel, ek sal graag weer die stuur neem as jy met hulle ook wil gaan rondrits in die nag. 😁🤪
LikeLiked by 2 people
Grapjas.
LikeLiked by 1 person
Hoe bedoel mevrou dan nou?
LikeLike
Saam met die leeus mag ek dalk nog loop, maar aan die stert vashou? Aikona!
Ek ken daardie musiekinstrumentjies! Ek ken nie hulle naam nie, maar dankie, dis baie spesiaal. ❤
LikeLike
😍
LikeLiked by 1 person
Of, as ek dalk nie kan saamgaan nie, Ursula sal graag! Sy wéét van vreemde voertuie bestuur.
https://toortsie.com/2016/03/08/toortsie-se-toeka-tokkel-ursula-op-n-misie/
LikeLike
Daar raak ek toe tranerig om van Manche te lees….en die Skrif wat jy daarby gesit het gee my hoendervleis. What a mighty God we serve. Leeus….nope…hou verby. Baie bly ek het nog in my bed lê en slaap.
LikeLiked by 2 people
Glo my, as jy my wil kry om die leeu so eweaan die stert te vat en saam te stap, sal die lottoboerpot op die tafel moet wees.🤣
LikeLiked by 1 person
😁😁😁😁 vir die boerpot mag ek dit ook miskien oorweeg. Neeeee…ek weet nie so mooi nie. Laat ek verder slaap.
LikeLike
😉
LikeLike
Jy ken jou omgewing se geskiedenis Lekkervurig, dis lekker om saam met iemand met soveel kennis te reis. Manche se verhaal is aangrypend. Maar daai leeu met ‘n man aan sy stert – vir wat loop hy so omkyk-omkyk na die agterlopers?
LikeLiked by 1 person
Vuurtjie, ek wou eers niks sê nie maar weet jy hoekom het ek so gegrens? Ek was 18 maande lank vrou alleen in Sekhukhuneland. Het my eie beesmis en modder kaija gehad. Ook sendeling, naderhand my eie gemeente gehad. Ek het daai koppies plat geloop met n streep snotneus kindertjies agter my aan. Baie real life miracles daar gesien…ek was paar jaar laas daar en mymer nou al lank om te gaan kuier…
LikeLiked by 2 people
Nou, kyk net. ToeValLig.
LikeLike
Net so! Ag en was dit nou lekker om so te vlieg, en die leeus was amasing!!! Baie dankie vd groot bederf en ook die oulike persent!!
LikeLike
🌻🌻
LikeLike
Dit was nou ‘n lekker wandeling saam met die leeus…mos my kos daar buite in die natuur! Die verhaal van Manche is so hartseer. Daar is seker nog baie sulke stories waarvan mens nie weet nie. Dankie vir die geskenkie…nou voel ek darem ook nie te uitgesluit nie…lol!
LikeLiked by 1 person
🌻😉
LikeLiked by 1 person
Sjoe wat ń voirreg om by Manche se graf te staan. Dit was werklik ń heilige oomblik en die trane moes vloei. Soveel geloof en deursettingsvermoë, laat mens na binne kyk en wonder wat sou ek gedoen het as ek in haar spore moes loop. Voorwaar ń voorreg, dankie Lekkervurig vir hierdie mooi oomblik, dit sal nog lank in ons gedagtes resoneer.
Die leeus, wat ń belewenis. Jip, ek was maar versigtig, al was hul pense vol, mens weet nooit. Veral toe die een ou maanhaar so ń brul gee….
LikeLiked by 1 person
Ek is bly julle het die vlieg geniet. Daai aan die stert vasgehoude leeu her darem te lus gelyk om die man bos toe te vat.
LikeLike
Oulike geskenke
LikeLike