Dit het oornag 10mm gereën. Die aarde ruik nat, my sinusse juig, die stof van die lank droog, weggewas. Op die leiklip weerkaats ‘n plas reënwater nog belofte. Die wolke het nog nie gewyk nie, so met die opkomende son deur die wolkies, weet ek van God se trou. Nuwe dag vol belofte wat wag, die belofte in die waterplas.

Die plumbago of soos ons dit noem, koedoekos, dra reëndruppels soos skitterjuwele. Die pienk mandevilla trechikoff so ewe met koppie gebuig. Hierdie is my kerk, my lofplek. Dankie, dankie bid ek later uit my gebede boek.

Terwyl ek lekker Tasty Wheat met melk maak en vir Rots sy dadelmuffins bak, gesels ou Barney Simon oor die ‘eFMpie’ in die kombuis sy hart uit. Hy vertel van die mooi saksofoon solo op Baker Street en speel die immergroen treffer.  Ag ek dink aan die jare laat 70, studentedae. Die woorde tref my. Ek sing dit voluit saam  want dis ‘n belofte dié …

“And when you wake up, it’s a new morning
The sun is shining, it’s a new morning
And you’re going, you’re going home….(*)

en dan die saksofoon….ek staan sommer voor wasbak en dans. Die seepborrels reënboog vir my.

Dankie Here, vir U blyke van liefde oral om my! Dit was groot kerk net vir my. Ek verbly my in U liefde en sorg hier waar ons wag om huis toe te kan gaan!

Luister saam

* “When Ann Wilson of Heart covered this song on her 2018 album Immortal, she included this elegant discourse: “Who hasn’t dragged their tired soul home after long days of pounding the pavement in pursuit of some dream; when everything has been tried, everyone talked to, everything possible done, your very best, most complete shots taken… yet still there are no takers? Such moments can be incredibly discouraging and depressing. They can also be cathartic.