Towerinne. Ek kom nou so half uit die newels en ek lees by Perdeybytjie, Theo Vlaandere is ook nou oppie toer – ek tel nou saam met Lorenzo en Silver en die se seun en Baron Room en ons suid-Amerikaanse vriend en Vuurklip en Lewies en Hester se Columbiaanse geheime nou klomp manne. Ek is uitasem geskrik.

Gaan ons vir hulle ‘n ventertjie aanhaak of gaan ons hulle, hulle eie bus gee, dan is dit ‘n groot optog deur die land? Ek vra net, die gaan beplanning verg, ons sal moet broodjies se inhoud aanvul. Akkommodasie, kos…ons kan mos nou nie toelaat dat die arme Adamskinders in weerlose tente agter ons aan trek nie!

Daar is net chroom, silikon, en sulke myne in Limpopo by Scrapy se Mokopane. Hulle bewaar die plekke met masjiengewere. Wat gaan ons maak?

Trommeltjie! Una! Hester! Perdebytjie! Frannie! Positief! Woordnoot! Bondels! VirgoC! Kameel! Scrapy!Seegogga! TOORTSIE!

O my vy! Ek dag ons toer net lekker, maar die nuwe logistiek het my skoon op hol. Ons kan mos nou nie ons mede-reisigers in die steek laat en teleurstel nie.

My liggie raak al hoe flouer…gee my krag en maak my rustig, rustig soos daai dogterjie annerdag op die sosiale media so passeivol gebid het!

Waar gaan ek nou ooit kan inspirasie vandaan kry my tot veredelde metafisiesevlak verhef te kry, as die nuwe verwikkelinge soveel praktiese dinge vereis?

Of bekommer ek verniet, huh?

Is my kommer ‘n Tsunami in ‘n C-koppie?

 

NS.

Liewe verwarde leser: As jy meer te wete wil kom oor ons virtuele toer, of self ‘n eier wil lê, klik op die volgende skakel : http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928