‘n Tsunami….in ‘n C-koppie

Towerinne. Ek kom nou so half uit die newels en ek lees by Perdeybytjie, Theo Vlaandere is ook nou oppie toer – ek tel nou saam met Lorenzo en Silver en die se seun en Baron Room en ons suid-Amerikaanse vriend en Vuurklip en Lewies en Hester se Columbiaanse geheime nou klomp manne. Ek is uitasem geskrik.

Gaan ons vir hulle ‘n ventertjie aanhaak of gaan ons hulle, hulle eie bus gee, dan is dit ‘n groot optog deur die land? Ek vra net, die gaan beplanning verg, ons sal moet broodjies se inhoud aanvul. Akkommodasie, kos…ons kan mos nou nie toelaat dat die arme Adamskinders in weerlose tente agter ons aan trek nie!

Daar is net chroom, silikon, en sulke myne in Limpopo by Scrapy se Mokopane. Hulle bewaar die plekke met masjiengewere. Wat gaan ons maak?

Trommeltjie! Una! Hester! Perdebytjie! Frannie! Positief! Woordnoot! Bondels! VirgoC! Kameel! Scrapy!Seegogga! TOORTSIE!

O my vy! Ek dag ons toer net lekker, maar die nuwe logistiek het my skoon op hol. Ons kan mos nou nie ons mede-reisigers in die steek laat en teleurstel nie.

My liggie raak al hoe flouer…gee my krag en maak my rustig, rustig soos daai dogterjie annerdag op die sosiale media so passeivol gebid het!

Waar gaan ek nou ooit kan inspirasie vandaan kry my tot veredelde metafisiesevlak verhef te kry, as die nuwe verwikkelinge soveel praktiese dinge vereis?

Of bekommer ek verniet, huh?

Is my kommer ‘n Tsunami in ‘n C-koppie?

 

NS.

Liewe verwarde leser: As jy meer te wete wil kom oor ons virtuele toer, of self ‘n eier wil lê, klik op die volgende skakel : http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

 

 

 

94 Comments on “‘n Tsunami….in ‘n C-koppie

  1. Vuurvliegie….ag ek bedoel lekkervurig nou het jy my ook laat skrik…dis een ding as die manne da op ‘n afstand rond is en die ander towerinne betower maar o jittekie tog hulle moet liefs daaaaaaaaarso bly anders verloor ek al my gedagtes en is ek nie meer bondelsgedagtes nie maar deurmekaarbondels🙈 o weee, ek kry nog myselwers bymekaar, manne gee my nog bietjie asma opi enkels…
    toe jy nou so begin opnoem voel dit mos nou vir my ook ons word omsingel soos die slag van bloedrivier….

    Like

    • Nee, man. Hoe meer siele hoe meer vreugde. Ek dink nie daar is kwade haartjies op hulle hoofde nie..hulle lyk vir my bles van wysheid. 😉 Ek kommer hoe ons ‘n groter toer gaan bekostig as ons al hoe verder van plekke wat die broodjies se inhoud aan sal vul, reis…ons kan tog nie lemoene en geskiedenis ruil vir verblyf en vermaak en kosserasies van die hoë standaard wat julle almal tot dusver voorsien het nie. En dan is daar die gyselaarhoë brandstofprys…fokus, Bondels, fokus!

      Liked by 2 people

  2. Lekkervurig/Vuurvliegie, ek skaar my effens agter jou. Hoe meer siele hoe meer vreugde. Maar hulle moet dan net elk laat weet hulle wil ons bus volg, op hul eie manier en op hul eie tyd. Ek het nog geen reaksie van Coetzee af iewers gelees nie, of is ek weer blind?

    Liked by 1 person

  3. Daar is te veel sagte harte wat gaan “ag foeitog.” So ek sien die manne gaan maar kort-kort genooi word om te kom saam aansit. Not to worry…elke dag sorg vir homself.

    Liked by 5 people

  4. Nou voel ek soos ‘n tromspeler in ‘n rock band. Ons het ons eie groupies. Wat worrie julle so oor geld? – ons gebruik virtuele diamante en volgens Frannie het ons ‘n hele klompie bygekry daar in Culinan.

    Like

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Top40Weekly.com

The Weekly Top 40 1955-2017

toortsie.com

Skyn, liggie, skyn!

No Facilities

Random thoughts, life lessons, hopes and dreams

Leeskring met een lid

Waar ons boeke saam met die seelug inasem

The Bee Writes...

oder auch "Die Bea schreibt" *** expect nothing... not even the unexpected *** erwartet nichts... noch nicht mal das unerwartete

Gedigte wat jou laat dink.

Sien die groot prentjie.

Tokeloshe

I♥2CR8

Kluisenaarsklaviere

Denke oor die wêreld, sy plekke en sy mense

Kameel se gebabbel

Waar die hart van vol is, loop die mond van oor

Kruger Theron

Stories met Siel

Daily Manna

By Heart of Worship

Justice's Blog

The fear of the LORD is the beginning of wisdom...The contents of blog ranges from Christian knowledge to my own 'nerdy' posts.

the depth of now

Discovering Istanbul through Storytelling & Photography

Discover

A daily selection of the best content published on WordPress, collected for you by humans who love to read.

Wag 'n Bietjie

Welcome! Come linger a while..

%d bloggers like this: