Na aanleiding van Dawid se lofsang in Psalm 103, begin ek my week so:
Here, ek is bly,
Bly U het my gemaak.
Bly U het my vergewe.
My lewe in U hande.
Askies dat ek my eie storie wil skrywe.
Askies dat ek dink u maaksel is nie goed genoeg nie.
Aksies dat ek onnodige werk skep omdat ek elke keer my pakkie weer by U voete kom terug steel.
Het U ‘n afdeling wat herwinde sondebelypakkies bymekaarmaak en uitsmyt, net om dit more weer te ontvang? Sê asseblief askies vir wie ookal daardie afdeling vir ewig moet bestuur. Ek vra vergifnis vir onnodige werk en was in my ore. Hulle gaan hopelik baie minder van myne hersirkuleer.
Dankie dat U ons tekortkominge so ver soos die ooste van die weste van ons verwyder.
Dankie vir die belofte dat, al is ons soos bewende riete pleks van stoere eike*, U vir ons lief, lief is.
Dankie dat U nie vernietigend woedend vir ons bly nie, dankie vir U lankmoedige liefde en geduld.
Dankie dat U vir ons met ons stomp potlode, vuil brille en vermorste tyd elke oggend oorbegin kans gee.
Dankie vir hierdie nuwe dag vol belofte en hoop.
Dankie vir arendsvlerke al taan ons jeug.
Saam met die mense van Wes-Afrika bid ek: “Here, ek gooi my vreugde soos voëls in die lug op. ‘n Nuwe dag gaan singend oop; tjirp en kwetter van U liefde. U genade skitter in elke uur. Halleluja, Here.”
* Daar is ‘n mooi storie agter die beeld.
Jesus het met mense gepraat het oor Johannes die Doper. Matt 11:2-7: Johannes het in die tronk gehoor wat Christus alles gedoen het, en het toe deur sy volgelinge ‘n boodskap aan Hom gestuur om te vra:“Is U die Een wat sou kom, of moet ons ‘n ander een verwag?”Jesus antwoord hulle: “Gaan vertel vir Johannes wat julle hoor en sien: Blindes sien, lammes loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, en aan armes word die evangelie verkondig.En gelukkig is elkeen wat nie aan My begin twyfel nie.” Toe hulle weggaan, het Jesus met die mense oor Johannes begin praat en gesê: “Waarna het julle in die woestyn gaan kyk? Na ‘n riet wat deur die wind heen en weer gewaai word?
Volgens oorlewering was daar onder eerste-eeuse Jode ‘n gelykenis bekend as “Die Riet en die Eikeboom.” Die storie gaan so:
Die riet en eikeboom is albei teen ‘n rivieroewer geplant. In tye van storm, het die trotse eik se stewige wortels hom staande kon hou. Maar, die moontlikheid was altyd daar, dat ‘n skielike sterk werwelwind die reus kon ontwortel en laat kantel. Nieteenstaande het die eik bly vasstaan. Geen kompromie nie, staan al is daar risiko betrokke.
Die riet het egter ‘n minder agressiewe strategie implementeer om te verseker dat hy staande sou bly. As die wind opkom, het die riet na links en regs geswaai, na gelang van die wind se rigting. So buigbaar, dat riet selfs plat gaan lê het as die wind dit vereis.
Die gelykenis vertel dat die eik, omdat hy geweier het om ‘n kompromie aan te gaan, sy lewe kon verloor. Daarenteen het die dansende riet net kon oorleef as hy die knie voor die wind bly buig het.
Dankie Yeshua ons Eik en Messias! Dat U ons leer om soos U sterk te staan, al dreig die wind.
Pragtig geakryf, mooi diep uit die hart. My versugting ook
LikeLiked by 1 person
Jy gaan nou maar vir my jou eie boekie moet bind en aanstuur, want ek leer te lekker deur jou skrywes.
LikeLiked by 1 person
Una, dis nou lekker om te weet my raaklees en deel beteken iets. ‘n Boekie! Ek bloos, dis maar net my eie leer wat ek uitskryf. Dankie rasie!
LikeLiked by 1 person
xxx
LikeLike
Stem saam ousus
LikeLike
Julle tweetjies….gaan my skrywersblok gee.
LikeLike
🙊🙈🙉
LikeLike
Dit was powerful- baie dankie
LikeLiked by 1 person
Lovit. Pen storie was my whatsup status gister.😊
LikeLiked by 2 people
Ah, ek lief as die heelal saamsweer! 😉
LikeLike
Ag dis nou so kosbaar…voel skoon bewoë oor die riet. Groot les hier te leer.
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die inloer, Kameel. Dit was een van daai moet deel en vertel lesse.
LikeLiked by 1 person