Deur die land reis ‘n giggelgroenbus
Op die bus is weinig rus
Die mense op die bus
Is vir ontsnapping lus
Niks gaan hulle gees blus
Veertien vroue saamgebind
Mekaar in Blogland gevind
Mense staar hulle blind
Dink net onsinnigheid is hier te vind
O nee, skatryk belewenis is die verbeeldingtoer
Bekkigheid en lekker lag saamgesnoer
Soos wat die Towerinne toer
Jy, liewe leser, kan gerus kom loer
Verder kan ek nie in vaste vorm rym
Ontmoet die towerinne:
Hester (Sintester), leier en breinbreier
Una Bali, ons groot omgee maat en reisiger van formaat
Scrapy, ons ver-vriendin, ouma van formaat, skeppende siel
Kameel, ons lesende maat met baie talente veral as Camilla ons harte steel
Toortsie, warrelwindbesige banter, singer, skrywer en eintlik alles
Perdebytjie wat mooi met haar kameralens zoem en lief is vir die natuur
Tannie Frannie mooi en vol grasie, lief vir boeke en broodjies met spasie
Positief met haar minoraskerpte het ons almal baie lief
VirgoC, doen graag voluit en laggend mee al die pad van oorsee
Seegogga van min maar skerp woorde, verras ons uit alle oorde
Bondels vol mooi en pretgedagtes en ook nuut op ons (bus) boot
Trommeltjies ons stil vriendin, maar maak net eers daai kissie oop
Woordnoot, sprak nie vir haar man ‘n woord van haar reis en wat sy ons laat beleef nie
En ekke, as Lekkervurig hier begin, nou klaar gedig en vuurvliegie flou.
NS. O, ja ook moet ons paar manne onthou, hulle kommentare maak ons reis minder flou. Dankie Abrie, en Lewies.
Na-NS. Ek sit vanoggend hier, en ons klomp kekkel oral in kommentare rond. Ek verbeel my dat die wêreld ons hoor lag – uit die Suid-Kaap, KZN, Gauteng, Limpopo, Noordwes, Abu-Dabi en Nieuseeland. My gesin wil my in die gekkehuis inbespreek. My lewe is ryk danksy julle!
Na-na NS. Kom reis saam. Die towerinne se virtuele toer kan hier gelees word: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928
O pragtig veral tannie Frannie se broodjie met spasie! Net n towerin sal dit verstaan!
LikeLiked by 2 people
Net so Towerin!
LikeLike
Ag ek is vir ewig dankbaar ek is ingelyf by die towerrinne. Hulle maak menig dae my dag en laat my uitbundig lag.
Hulle kikker my op, of gee my dop…
Hoe dit ookal sy, hulle maak my hartjie bly❣❣
LikeLiked by 3 people
En jy dig net so mooi. En soos EllenDeG sê:”Back at you.”
LikeLiked by 2 people
Ai, ek beny iemand wat so met vaste rym kan toor!
LikeLiked by 1 person
Nie my forte nie – dis julle Towerinne se skuld dat die versies sos tuimel.
LikeLiked by 2 people
Baie broodjie met spasie 😉
LikeLiked by 2 people
Elke dag het iemand net iets nuuts in hierdie giggelgroen toerbus. Dis beslis ‘n belewenis. 🙂
LikeLiked by 4 people
Julle laat my skoon aan die rym gaan…;)
LikeLiked by 2 people
😂
LikeLike
As jy vuurvlieg is is dit van al giggelgroen griffels wat jy wat jy inryg. Baie oulik.
LikeLiked by 2 people
Ag dankie Abrie. Dis dieTowerinne se reis wat met my woorde sweis. 😉
LikeLiked by 1 person
Ek wil ook dig! Julle inspireer my, en hierdie is die deurslaggewende oomblik. Net Maandag plaas ek ook ń gedig. Ek weet ek klink soos ń pissie, maar jou skrywe het my effe bewoë, Lekkervurig. Julle klomp is net my mense.
LikeLiked by 3 people
Mwah! Gaan vir goud. Hier is vir jou ‘n antieke sakdoekie vir die onnodige trane. Glimlag met jou mooi smaail en begin sommer nou!
LikeLiked by 1 person
Weer skerper as ń minora blade vandag, jy.🤗
LikeLiked by 1 person
Saam met die steakmesse geslaap ja!
LikeLike
Ek het mos vanmelewe gesê die towerinne is inspirasie vir een en ander…deel jou sentiment Una…
LikeLike
Dit nou geniet Vuurvliegie. Een van die dae rym ons almal 😊
LikeLike
Ek sal my rymwoordeboek byderhand hou, almiskie Shakespeare ons in Afrikaans!
LikeLiked by 1 person
Dan kan ons kort voor lank ‘n Afrikaanse Shakespeare op die planke bring.
LikeLike
Van towerinne en hol broodjies vol klippies en adams en lag en in onse taal! Jajajaja!
LikeLiked by 1 person
Hier is alweer ‘n briljante idee vir die Towerinne!
LikeLiked by 1 person
Ai, dis nou oulik geskryf, Lekkervurig! Ek hou ook van Frannie se broodjies met spasie…daardie spasies moet gevul word. Gaan ons weer iewers by ‘n diamantplek langs? Kimberley dalk?
LikeLike
Ons eindig ons toer in daai omstreke
LikeLiked by 1 person
Dan kan ons die broodjies opvul vir ‘n volgende avontuur!
LikeLike
Girl, you’re a poet and you don’t know it. Sintester die leier nogal – sy gee leiding van die wal af tot binne-in die sloot. Wees gewaarsku. Lekkervurig, sonder julle almal, sal my lag min wees en opdroog.
LikeLiked by 1 person
Ah, I is honoured to be part of your merry band and to keep a smaail on your dial!
LikeLiked by 1 person
😄
LikeLike
Lekker, ek sien uit na julle volgende toer.
Ek is gelukkig om ‘n paar van die towerinne se blogs te volg.
Blogger’s rock!
LikeLike
Ek is verheug jy reis saam. Groete uit Limpopo.
LikeLiked by 1 person
🌻🌻🌻
LikeLike
More. Kouerige sonneblom groete hier uit Limpopo. Die reëns is elders en ons bibber in Oktober!
LikeLike
Hierdie was darem nou ‘n lekker rympie. Talentvol, jy
LikeLiked by 1 person
🤗
LikeLiked by 1 person
Sjoe…mens sit jou rekenaar net vir twee dae nie aan nie…en jy MIS! Puik gedig en goeie beskrwying. EK is SOOOOO bly ek het hierdie blogland raak geloop!
LikeLiked by 1 person