Towerinne, ons kan vir die Edenlopers pakkies hekel…julle is mos handig. Ek sien Abrie kommer oor ons, Dag dit sal hom gerusstel.
Liewe leser, moenie verward wees nie, gaan lees hoe 14 bloggers op tor is deur Suid-Afrika. Ons het wedervaringe om die minste te sê.
Die virtuele toer van die towerinne kan op hierdie skakel gevolg word: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928
Goeie liewe f@k, gelukkig kan ek nie hekel of brei nie.
Hierdie laat my terugdink aan die tyd toe my ma toiletsitplek oortreksels gehekel het, wanneer jy die ding optel lyk hy soos ‘n G-string gemaak vir ‘n Sumo wrestler. My arme swaer het amper verstik toe my sussie hom meedeel dat my ma vir hom onderbroeke gehekel het
LikeLiked by 2 people
Bwahaha, ek moes dit deel. Verbeel jou!
LikeLike
😂😂😂😂😂😂😂
LikeLike
Reg! Ek begin dadelik hekel! 😂
LikeLiked by 1 person
Toorts, jy is ons morele kompas. Geweet jy gaan plan sien!
LikeLiked by 1 person
Natuurlik! Ons MOET die arme mense help!
LikeLiked by 1 person
Oooooo neeeeeeeeee, dis ugly!!!! Nagmerries🙈
LikeLike
Fugly is beter beskrywing, maar ten minste is alles toe……bwahahaha!
LikeLike
Bhahahahaaaaaaa ja rerig…
LikeLike
😉
LikeLike
Nee kyk, just because you can, does not mean you must… Hell maar dis woes😆😆😆
LikeLiked by 1 person
😂😂😂😂
LikeLike
Hierdie gee my regtig moed. Nee regtig, hulle kan mos nie so poedelnakend ons wiele wil omruil nie! Sues!
LikeLiked by 1 person
Hekel Toorts, ek stuur wol
LikeLike
Tog net in interessante kleure asb.
LikeLike
Neon, laat ons hulle innie donker ook kan sien
LikeLiked by 3 people
Defnitief!
LikeLike
Ek gaan niks hardop sê nie, ek gaan net sit en lag.
LikeLiked by 1 person
Ek kannie hekel nie maar ek wens ek kon help. Dink dis ‘n bakgat idee 😋
LikeLiked by 2 people
Hehe! Ek kan ook net wol oprol.
LikeLiked by 1 person
Ons moet môre by ‘n winkel stop en hekelpenne koop dat ek julle almal kan leer hekel, dan het ons sommer gou ‘n hele klompie outfitjies.
LikeLike
Kan jy nie brei nie, Kameel, dit sal ook werk. 🙂
LikeLiked by 1 person
Ek gaan nou lees Toorts….en die boek is dik.
LikeLiked by 2 people
Baie onspsiaal, lees, jy weet.
LikeLiked by 1 person
Is nie, is nie! As ons klaar gelees het, het ons baaaie om te vertel. Probeer ons! Hehe!
LikeLiked by 1 person
😂
LikeLike
Toorts vir my eie gesondheid sal ek my toevlug agter ‘n boek moet neem. 😢
LikeLiked by 1 person
Nou is ek eers bekommerd
LikeLike
Haai, Abrie! Moes ons hulle naak los? Wat van ons waardes…hehe! Ek is maar dankbaar die manne wie ek ken verkies hulle hempies en broekies en so aan…
LikeLiked by 3 people
Ek is bekommerd dat dit net ‘n verskoning is om hulle van naderby te bekyk en te bemeet vir die groottes van die pakkies…
LikeLike
Daai is gelukkig die hoofhekelaar wat so fluks losgetrek het om te begin, onse Toorts se probleem. Ek sal die storie agterna skrywe. 🤣🤣🤣
LikeLiked by 2 people
Goeiste Abrie, hoe skok jy my nou!
LikeLike
Jy hoef nie bekommerd te wees nie, ons sal dit ruim hekel, sommer one size fits all.
LikeLike
Vuurvliegie hierdie het nou niks met die Edenmanne te doen nie…. wou net vra of ek agter langs jou in die bus kan sit en agter ‘n boek wegkruip. Ek begin soos die drie apies voel….en die toer is nog lank.
LikeLiked by 2 people
Mills & Boon, Kameel??
LikeLiked by 1 person
O aarde nee Frannie…..Kristen Lavransdatter; ‘n 1124 bladsye (3 volume) boek wat in Noorweë afspeel tydens die middeleeue. Dit behoort my die hele toer te vat om die dikke classic deur te lees. Sommer so terloops ek het gelees elke vrou behoort die boek een keer in haar lewe te lees. Ek struggle nou vir die tweede keer deur hom en word nog net so kwaad vir die karakters.
LikeLiked by 2 people
Ok. Jy hoef nie Crime and Punishment te lees nie. As jy met jou tweede leesslag klaar is, deps ek jou boek.
LikeLiked by 1 person
Ons kan boeke ruil ja….maar sal Crime and Punishment nie my senuwees meer op hol jaag nie? Ek probeer vergeet verstaan!!!
LikeLike
Nee daai een is gekanselleer. Ek buig die knie vir Kameel die leesfundi
LikeLiked by 1 person
Nou hoe so???? Omdat ek ‘n tweede keer kans sien vir daardie boek?
LikeLike
Nee. Dis oor goeie laaang boeke. Lyk my ons is in Babel.
LikeLiked by 1 person
Dit klink geweldig interessant! Sal daarna gaan soek, dit behoort my (ook) uit die kwaad uit te hou.
LikeLiked by 1 person
Hoop net jou hanne sal hom kan vashou hy is vreeslik swaar.
LikeLiked by 1 person
😀 neewat, as dit by boeke kom, luister daai hanne na my!
LikeLiked by 1 person
As julle hanne pla – kindle werk goed. 😉
LikeLiked by 1 person
Nee, nee. Dan deel ek nie my sitplek nie. Ten minste Crime and Punishment of so.
LikeLiked by 1 person
Ok…moet ons ietsie drink daarop?
LikeLike
Los daai bork. Frangelico of ‘n koue nefie?🥂
LikeLiked by 2 people
Of wat van ‘n slukkie uit die melkkannetjie? Dan leer julle makliker hekel.
LikeLike
Kry mens iets soos die drie apies?
LikeLike
Ja, hoor, sien en praat niks…..
LikeLiked by 1 person
Aggenee man jy kan nie die arme Kameel so wil straf nie – watse misdaad het sy dan nou gepleeg?
LikeLike
My afgryse oor die meld van Mills& Boon het my laat opvlam, lees af, ons drink al ‘n vredesdrankie😉
LikeLiked by 1 person
My plek is geboek, ek sal vir Hester vra, of ons twee moet beurte maak🙈🙉🙊
LikeLiked by 2 people
Hekel sal ek julle leer hekel, mooi in strepies en patroontjies, hoor jy?
LikeLiked by 1 person
As dit my soos die drie apies sal laat voel.
LikeLiked by 2 people
Ek gaan die bus verlaat en ek gee nie om wie my plek inneem nie. Verbeel jou! om hekelgoedjies aan te trek oor die mooiste uitsig wat ek nog vanuit daai agterste venster van die bus gehad het – ek kan dit nie gedoog nie. Dis òf ek òf die hekelpen, maar ons gaan nie albei op daai bus ry nie.
LikeLiked by 2 people
Ek aanvaar jy bedoel dat Adamsgewaad jou uitsig versier het. Ons wou net boeklees, niks se gehekel nie, dis voor in die bus. Hestersintester bly maar op jou sitplek. Sal Toorts-hulle vra om liewer te tolletjiebrei, dan is daar vrede.🤣🤣🤣🤣
LikeLiked by 2 people
Boeklees. Tolletjiebrei. Liewe aarde – sing saam, gesels en kyk by die vensters uit. My pa het my altyd uitgeskel as ek vakansies in die kar wou wees lees. ‘n Mens gaan met vakansie om nuwe plekke te leer ken, het hy gesê. Ons gaan hierdie ding moet bespreek.
LikeLiked by 1 person
O, djy missed de pun…tolletjiebrei. Ek stop nou dadelik. Kan ons ek sien iets met my kleine ogie speel, of krieket, of so?😉
LikeLiked by 1 person
Net as ons mag cheat.
LikeLike
Ok, ek kan dit doen. *Evil chuckle*
LikeLiked by 1 person
Poker?
LikeLike
Kaartspel is nie in my talent m andjie nie…kom ons hou dit eenvoudig. My wenkbroue gee my weg.
LikeLiked by 1 person
Kyk ver, Hester, kyk ver, sodat jy nie karsiek raak nie.
LikeLiked by 1 person
O jy ken ook van?
LikeLike
Ek moes dit baaaaie in my lewe doen, of anders moes my pa vinnig stop.
LikeLiked by 2 people
My sus het so karsiek geword. Op die agtersitplek in die blerrie middel moes sit en stip vorentoe kyk. Ek het maar agter in die hoek teen die deur ingeskuif en gelees vir oorlewing, ontsnapping.
LikeLiked by 1 person
Op die ou end het dit op ‘n baie maklike manier gestop: My pa het gesê ek moenie melk en koffie meng nie. Wit melk drink en swart koffie. Ek drink nie graag melk nie.
LikeLike
Dit het einde gekry toe my pa ‘n groot ou Zephyr V6 gekoop het. Die sitplek voor was aanmekaar (nie bucket seats nie) en ek kon ook voor by ma en pa sit. Tot vandag toe ry ek nie agter in ‘n motor nie.
LikeLiked by 2 people
Maar jy sit sowaar agter in ‘n grasgroen giggelbus!
LikeLiked by 2 people
Spinasieblare is goed vir naarheid, sê hulle.
LikeLiked by 1 person
Hester, dis nie spinasie in Scrapy se energiedrankie nie….
LikeLiked by 1 person
Ek drink nie daai goed nie – haikôna. Ek maak my eie slaai.
LikeLike
Pappegaaislaai? Bwahahaha!
LikeLiked by 1 person
Sjt!!!
LikeLike
Ek hou haar so besig, sy kry nie kans om aan karsiek te dink nie. Ek gooi Frangelico in haar swartkoffie. En ek het kardoessakkies saam met my kantsakdoekies en pepermente.
LikeLiked by 1 person
Klink of julle op ‘n wenpad is. 😁
LikeLike
So jy reken ek moet eerder tolletjies koop, nie hekelpenne nie? Julle moet net klaar besluit, ons kan nie ons geld mors op iets wat nie gebruik gaan word nie.
LikeLiked by 1 person
Ha! Ek stem vir jou, Hester! Dat ons onskuldige plesiertjies nou so toegemaak moet word! Al die effort wat hulle nou daar wil insit, en dan wil Kameel net sit en dik boeke lees. Ek het darem gehoop Lekkervurig lei haar aandag na die mooi van die lewe daar deur die voorste venster!
LikeLiked by 1 person
Boeklees op ‘n bus! Ek sweer dis slegte maniere – ons gaan dit verbied. Van môre af gaan ons begin sitplekke ruil. Ek sal bestuur en Lorenzo kan op my plek gaan sit – dan wil ek sien hoe kry Lekkervurig dit reg om te konsentreer op haar boek.
LikeLiked by 1 person
Ek hou van Noorse tipes…😋
LikeLiked by 1 person
Daai emoji met die tongetjie wat so uithang, beskryf dit mooi – lekkerbekkig. Ken iemand ‘n busbestuurder met blonde hare en ysblou oë, amper soos Barbie se Ken?
LikeLike
Neee, woes met lang hare en ‘n baard…daai man van Barbie is plastiek.
LikeLiked by 1 person
Eish! Cavemen.
LikeLike
Nee, Vikings was darem al uit hulle grotte….
LikeLiked by 1 person
…en meer na donker blond soos Jason Momoa – mooi spesie daai
LikeLike
Ek wonder … my man stam glo af van die Vikings af wat via Ierland hier aangekom het (Rollo se afstammelinge). Hulle dwaal nie ver van die grotte af nie.
LikeLiked by 1 person
Ek het ook Ierse bloed. Praat mooi van ons….hehe.
LikeLiked by 1 person
Dis bietjie te vroeg om my so te laat lag, man!
LikeLiked by 1 person
Lag is goed vir vroegoggend, uhm, roetines.
LikeLike
Miskien is dit sulke kleeeeiiiiinnnn outfitjies wat ons moet hekel, nie hele gewade nie?
LikeLike
Ek dink hulle sal beter lyk in hul adamspakkies…lol!
LikeLike
Ek is eintlik bly jy dink so, want dit sal darem laaank neem om vir al daardie manne kleertjies te moet hekel! Eintlik het ek benoud begin raak, weer heeltemal te gou gepraat, lank voor ek begin dink het.
LikeLiked by 1 person
Toortsie, jou idee was blink, maar wat…ons het hulle nou in hulle paradys agtergelaat…die groen bus se wiele rol al weer verder. Net iets vir die memory boksie gewees!
LikeLiked by 1 person
So ek is vry? Hoef nie te hekel nie? Ag dankie tog!
LikeLike
Nee wat…spaar jou krag vir die volgende been van die toer. Ons weet nie wat Tannie Frannie beplan nie!
LikeLiked by 1 person
Ek het al erens n foto gesien van so n tolletjiesakkie…… dit vat baie minder tyd, wol en moeite. Ek is net nie seker vd onesizefitsall ni
LikeLike
Jy sien, en daar trap Hester my sommer uit. Wol rek mos man. Dankie Seegogga dat jy verstaan wat ek bedoel.
LikeLiked by 1 person
Ek sê mos, hekel toiletsitplek covers, dan kan ons darem nog boudjies sien. En dis veeldoelig
LikeLike
Bwahaha! Ek gril so vir daai covers….
LikeLike