Rots en ekke is instaan-oupa en -ouma vir twee liefiekindertjies, Boeta en Milamuis. Hulle verryk ons lewe. Op die oomblik is ons harte seer. Ons fraai dogterjie het “hip displasia” en om dit reg te stel moet die kleine lyfie geopereer word, en dan volg weke in gips vir die klein woelwater. Hulle vertrek vandag na die groot stad sodat kundige sorg verseker is.
Ons het Woensdagaand gaan groet en liefdesoene gee. Nou, ek is op die oomblik doelbewus in skrywe-afsondering. Aankope vir die huis en inkopies oor die algemeen is Rots se werk, hy gaan daagliks ekonomie by die lekker- en kunsmiswinkel ekeonomie pleeg.
Oupa Rots koop toe mos nou vir ons twee kindertjies ‘n lekkerte en speelding. Baie trots word die tweetjies bederf met hulle verrassings.
Ag, julle. Ek skater nog aaneen sedert Woensdag. Hy haal daar uit die inkopie sak twee Kinderjoy eiers en twee sulke plat pakkies. Een het ‘n kleine pienk seeperdjie, die ander ‘n blou akkedis.
Mielie, die kinders se ma en ek is verstom. “Bring ‘n bak water,” kom die opdrag.
“Die goed vergroot to 600%,” vertel Rots. Boeta is die ene entoesiasme. “Hulle gaan groei,” sê hy bekkig.
Ek neem die verpakking. “Um, julle. Hierdie goed vat to 72 uur om uit te sit…” Swanger grootmensstilte volg. Boeta en Mila staan vasgenael voor die bak water. Ons loer met onderdrukte glimlagge vir mekaar. Hier is moeilikheid.
Ons kuier en speel, en immer is die bak water in die gedrang. Uit desperaatheid het Boeta en Mila naderhand hulle ma se Tupperkas leeg. Al wat ‘n Lego blokkie in water, staan oral rond. My arme Mieliekind. Jammer dat ons nou tipies Oupa en Ouma, chaos veroorsaak.
Dis vanoggend so 36 uur later. En ons kry dié foto’s! Bwahaha! Die goed het nog so 400% om te gaan. Ag ja! Ons gril en Boeta is in die wolke! Mila, het haar ma se grimering in die hande gekry. Mila het lankal van die groeimonsters vergeet.
Ek bid vanmore dat alles vir Milamuis goed sal afloop en dat haar Mamma en Pappa en al die regte oumas en oupas saam met haar die swaar tyd in groot geloof sal deurmaak. Dankie Here, dat U saam met ons stap, elke oomblik, elke situasie en met groot liefde. Bewaar ons dogtertjie en dankie dat volkome herstel vir ‘n vol lewe vorentoe die uiteinde van die tydelike seer is. Dankie dat U ons deur groei en seer en kommer altyd naby is. Bewaar ons dogtertjie deur monsterseer en verwarring. Dankie dat haar Mamma deurentyd by haar sal wees, dat hulle albei deur liefde omgewe is. Dankie dat hierdie bang en onseker ook sal verbygaan. Amen.
Ek glo dieoperasie sal vlot verloop. Alle sterkte.
LikeLike
Dankie Lewies. Ons troos is dat dit herstelbaar is. Groot genade.
LikeLike
Lekkervurig, mag ons Meester se vuur helder brand vir julle!! Seen en sterktexxx
LikeLike
Dankie Bondels!
LikeLike
Baie sterkte vir daai dogtertjie en vir almal om haar
LikeLike
Dankie Positief.
LikeLiked by 1 person
My seun het op vyfjarige ouderdom so’n operasie gehad. Dit was nie maklik nie, maar vandag kyk hy nie terug nie. Julle moet haar miskien net dophou vir post traumatiese stres, want dit het met ons kind gebeur en dit was baie erger as die operasie.Baie sterkte.
LikeLike
Dankie Perdebytjie – ek sal haar Mamma-hulle inlig.
LikeLiked by 1 person
Mens wil nou nie verder stres op hulle sit nie. Dit het twee jaar na die operasie gebeur, so mens moet net bewus wees daarvan.
LikeLike
Ek het ook gedink om dit eers stil te hou en self uit te kyk.
LikeLiked by 1 person
Ja doen dit.
LikeLiked by 1 person
Alles wat mooi is vir die pragtige kleinding en haar familie.
LikeLiked by 1 person
Dankie Hester. Julle klomp Blogmaats se wense help die knop in my keel en seer in my hart so baie.
LikeLiked by 1 person
Ons glo saam met julle vir volkome herstel. Ek kan my net indink dat hierdie ñ moeilike en stresvolle tyd gaan wees, Lekkervurig, en sal bid.
LikeLiked by 1 person
Dankie liewe Una!
LikeLiked by 1 person
Tannie Erna…ons is baie lief vir Tannie. Dankie vir die mooi woorde en dat Tannie en Oom Piet n regte Ouma en Oupa vir hulle is xxx
LikeLiked by 1 person
💖
LikeLike
Klein monstertjies vir groot pret! Met geloof soos joune sal alles reg loop! Amen! 😉
LikeLike
AJ, dankie. Die eerste operasie is more- oggend. Goddank ons poppie het geen afwagtingsangs soos mens kry met groterword nie. Dankie vir jou mooi bemoediging. Groetnis op hierdie stil Sondag. Ek is gek oor jou foto vir vandag.
LikeLiked by 1 person
Dankie… ja… dis lekker om sulke fotos te kan neem! 😉
LikeLike