Uit my persoonlikheid geval

maxresdefault1696234075090984257.jpg

 

Dankie Kameel vir die eerste been van die Pretoria kuier.

As iemand wonder hoe ek skielik so stil is en net snesies uitdeel en van alle dinge eenkant Mills&Boon lees…. griet ek het dit reeds gesê…..my kop draai. In elk geval voor ek in sirkels gaan soos ‘n posduif al om ‘n gat, die video vertel alles!

Na die petalje is ek nie lekker nie. Die dat ek sommer snesies uitdeel en skielik Mills & Boon lees. Ek draai voortydig in my eie graf om. Ek verpes albei. Snesies en Mills & Boon. Noem my tydelik Vuurvliegie. My liggie is klein na die skrik

Dit blyk tydelik te wees, ek kon darem die kunstenaars by die Blou Hond uit hulle verdriet kry. Towerinne, die snesies is nou op.

Groete Vuurvliegie(aka Lekkervurig)

Die virtuele toer van die towerinne kan op hierdie skakel gevolg word: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

49 Comments on “Uit my persoonlikheid geval

    • Kyk Positief, as ek weer by myself uitkom, gaan die Towerinne met meer as die Phantom te make kry. Liewe ouers, ek dog die boute in my rug skroef los…hehe! Dankie tog hierdie toer en ervarings is speel-speel. Ek sou my uitmekaar gegil het en julle sou meer as reëndruppels gevoel het! 80-jaar en dit aan jouself doen. Nimmer. Ek bly liewer oppie aarde!

      Liked by 3 people

  1. BWAHAHAHAHAH!!! Ekke dog dis net ekke wat so skytbang is!! Sorry dat jy amper jou klere verloor het in die proses..ek meen, as mens groet wil jy darem in bietjie dignity groet! O my wêreld, ek is net so dankbaar hierdie is alles speel speel. Maar wat dit so lekker maak is dat jy met jou geite gekonfronteer word in ‘n veilige bubble…..

    Liked by 3 people

    • Ek het nog altyd gesê my lewe is skatryk danksy die blogland en spesifiek Towerinne se pret! Ons moet kan lag, en vir ons self ook. Mens verleer dit so maklik. Fyn nerwe gaan nie in ons Towerinne wêreld werk nie.

      Liked by 3 people

  2. Bhahahaaaa🤣🤣🤣lekkervurig ek het nou sooooo gelag vir daai vidio! Letterlik gelê van die lag en trane wat loop, al my make up af!!! Dankie vir die kostelike stuk. Ek moet nou vir jou sê, daardie bos hare lyk meer soos myne, die dat ek so lag. Ek wou toe ek jonk was valskerm spring maar of ek nou daarvoor guts het is n ander saak. So ek het meer myself gepicture as vir jou. Ek sou tien teen een ook so vas geskop het. Joh! En wraggies amper uit die klere uit, ek stem saam dit sou nie net piepie gewees het wat daar uitkom nie!!!🤦‍♀️ag en siestog tot die inspekteur is getraumatiseer!!! Mense hierdie stuk was wraggies lagterapie vir my…
    Kom ons doenit weer!!!

    Liked by 3 people

  3. Gewonder hoekom jy so stil is… en hier sit ek in die haarkappersalon en lag kliphard vuurvliegie. Jammer jong, hoop jou vuur kom vinnig terug. Jy moes jou landing gesien het… so half ongeklee 😁😁😁😁😁

    Liked by 2 people

  4. Ek laaik jou selfie na die spring, al brand jou liggie effe flou. Jou manouvers doer bo my en my instrukteur het my my asem laat ophou, maar toe begin dit reën…

    Liked by 3 people

  5. 😂😂😂 Ek het nou so hard gesit en lag dat ek my huisgesin uit hulle middagslapie opgewek het. Daai tannie in die video het seker ‘n voorgevoel gehad dat dinge nie gaan reg afloop nie (skaam jou dat jy lag Hester!). Janee Vurige Vliegie, ek moet sê ek het niks teen snesies nie maar die Mills & Boon kan ek my nie voorstel nie. Dankie vir die lekker lag.

    Like

  6. Geeftag dit was minder snaaks toe ek sien sy val uit die harnas!! Baie ligte vliegtuig vlieeniers het een of ander ervaring met die enjin wat gaan staan. Dan skop adrenalien in. Adrenalien het het ‘n kleur dit is bruin en ruik nie lekker nie…

    Like

  7. Ek loer net in om te hoor of jy al beter voel Vuurvliegie? Ek vind myself nog proes van die lag (veral in die aand voordat ek aan slaap raak) oor die hele petalje. Dankie vir die lag!!!

    Like

    • Ek het nagmerries oor die val. Darem is my skryf nie afgesterwe nie, het sommer in Ingels oor “card” gegriffel, dit was darem meer lekkervurige vuurvliegie, hehe. Ek giggel maar self. Blogland is maar stil. Wonder of dit met die arme Bokke te make het? Ons mede-reisigers lyk my het jy ook met een slag uitgeput. Of het die Phantom hulle ontvoer? Ek is bekommerd.

      Liked by 1 person

      • Ek dink die hele klomp herstel nog na die skrik 😁😁😁😁 Ek skryf die stilte toe aan skoolvakansie….al het hulle nie kinders op skool nie. Laat ek gaan lees of jou vuur besig is om terug te keer.

        Liked by 1 person

  8. Terug pieng: Pretoria in 2 ure – Abrie dink hardop

  9. Nou ja daar vlieg die vuurtjie weg van jou en word jy n vliegie wat met delikate beentjies sit en wag vir die volgende skrik om jou weer vurig te maak. My brein werk ook bietjie stadiger na die “pragtige” sprong wat ek moes spring. Pretoria is ook maar my grootword dorp en daar is mooi herinneringe wat daar rondhang. Hester het regtig n goeie terugflits gegee.

    Liked by 1 person

      • En hoe, dis lekker mymeringe! Ons het sleeptyd altyd mukelneuk(Spelling?)bult uitgeloop en dan by die klomp akteurs en aktrises wat daar gewoon het verby geloop om te kyk of ons hul kon sien. Kobus Rossouw was een en dan natuurlik Frik du Preez was ook daar rond.

        Liked by 1 person

  10. Ek voel daar is amper net een woord vir hierdie kommentaar… net drie letters… begin met ‘n V en eindig met ‘n K!!! Blerrie hel… my broek bewe nou nog!!

    Like

    • Kan jy oorvertel die tannie het dit self gekies en toe briek sy. Ek dink daai instrukteur het berading nodig gehad! Ek kon nie help om dit deel van ons Towerinne virtuele ervaring te maak nie!

      Liked by 1 person

      • Ek was 16 jaar lank in die lugmag… ons het die vaalskerm troepe “vleisbomme” genoem… en net een reel oor vaalskermspring gehad!
        “Mens spring NOOIT uit ‘n diensbare vliegtuig uit nie… NOOIT NIE!!”

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

toortsie.com

Skyn, liggie, skyn!

Life according to C

To become remarkable, hold yourself accountable

Holladriehoe

Hier gesels ek oor alles wat my bly maak: my taal, die natuur, kuns, die lewe.

Top40Weekly.com

The Weekly Top 40 1955-2017

No Facilities

Random thoughts, life lessons, hopes and dreams

Leeskring met een lid

Waar ons boeke saam met die seelug inasem

The Bee Writes...

oder auch "Die Bea schreibt" *** expect nothing... not even the unexpected *** erwartet nichts... noch nicht mal das unerwartete

Gedigte wat jou laat dink.

Sien die groot prentjie.

Tokeloshe

I♥2CR8

Kluisenaarsklaviere

Denke oor die wêreld, sy plekke en sy mense

Kameel se gebabbel

Waar die hart van vol is, loop die mond van oor

Kruger Theron

Stories met Siel

Daily Manna

By Heart of Worship

Justice's Blog

The fear of the LORD is the beginning of wisdom...The contents of blog ranges from Christian knowledge to my own 'nerdy' posts.

The Depth of Now

Exploring Istanbul Through Storytelling & Photography

Discover

A daily selection of the best content published on WordPress, collected for you by humans who love to read.

Wag 'n Bietjie

Welcome! Come linger a while..

The Sanity Rules

Uncommon common sense

Tannie Frannie

My terapie vir oudword

Ouch!! My back hurts!!

Life according to one of life’s truly gifted naturally born wafflers… an open diary of a Saffer in a different land... life in the greater Dublin & Leinster area. (Since 2011) My quests fuel my dreams… my dreams fuel my quests!!

Liewe Persoon

Ons het almal iemand nodig om na ons te luister

Bondels Gedagtes

Lesse geleer, en stories uit my lewensreis

penpunt

Waar die hart van vol is …

Country Living in Southern Africa

Sharing my life in Mozambique and all things country in Southern Africa

Dream Desire Achieve

The dreams you desire can be achieved, for with God nothing is impossible.

KAITLIN B. CURTICE

Kaitlin B. Curtice

de Wets Wild

Disappearing into South Africa's wild places... Again!

heart prints

live the story you want to tell

filosopete

blessedbeyondrecognition 🇿🇦

WoordNoot

Waar ek my woorde en note kombineer om my storie te vertel

Die Bordkryt

Studentekoerant

Positief

Wat jy in jou gedagtes toelaat, dit word jou lewe

Ekmyselff

dit is wat dit is, ek is ook wat ek is

'n Skrywer se blok

Kortverhale, gedigte en sommer enigiets met die lewe te doen.

Thulana

Almal om my is gek...

Vinke en Verse

Spraak-, taal- en gehoorterapeut. Kamma-digter. Lewenslange student. Reisiger. Liefhebber van woorde, musiek en Afrika. Deur Genade gered en deur Liefde vrygespreek.

Tapestry of Thought

Cilnette Pienaar weaves and unravels

bitterbossie

Die groenspreeu is 'n kunstenaar ...

Born in Providence

finding our way back to love

%d bloggers like this: