Broodina breekslag

prudish woman

Na ons aandjie op die barge oppie dam, het ons klompie Towerinne die volgende oggend luilekker opgestaan en reggemaak vir ons laaste ure saam met die nimlike Una in haar geliefde Harties. Sy het ons belowe van kaas en olifante en natuurlik sou ons kans kry om haar Bali winkel te gaan leegkoop.

Oor ontbyt is dit toe dat ons klomp Towerinne met skok mos lees hoe ene Broodina Barber, die Kromkoerant se selfaangestelde sedebewaker sou ons gou agterkom, ons private pret op die barge sommer saam met arme Hia de Sint, verslaggewer aan boord, deur die modder sleep.

As daar nou iets is wat my olelkoors gee, is dit mense wat onder die vaandel van puriteinisme dit hulle lewenstaak maak om die vinger en sedeboek heeltyd onder ander mense se neuse te vryf. Veral as mense pret het.

Ons sit ‘n oomblik tjoepstil van skok en verbasing. My oog val op die Kromkoerant se kontaklys. Vis de Arend. My onthoulaaitjie gemerk joernalisdae vlieg oop. Vis, van alle mense. Hier in Harties, en nogal Kromkoerant se redakteur. Hy sal nooit ‘n ou liefde so liederlik laat behandel nie. Ek verskoon my uit die stil geselskap en maak ‘n oproep.

Vis is uiteraard verbaas en verheug om na al die jare van my te hoor. Ek val sommer met die deur in die huis en vra of hy feite in Broodina se verslag nagegaan het. Hy stotter en stamel, en verduidelik dat Broodina se familie ‘n aandeel in die blaadjie het, en dat sy eintlik ‘n administratiewe pos het, maar haarself as verslaggeefster van damsake en plaaslike morele standaarde aangestel het. Hy is woedend, maar ontknater. Wat maak jy as die baas se oujongnooi suster haarself aanstel. Ek is sommer hartseerkwaad dat ‘n ou liefde so melkdermpie uitgedraai het.

“Vis, jy sorg dat Broodina vanoggend om 10h00 die Van Gaalen Kaasmakerij besoek – sit haar op ons spoor. Ons is nog lank nie weg uit Harties nie. Dan moet sy ook daarna ons na die Elephant Sanctuary volg. Sê vir haar sy het nog nie die hele storie van die wilde groep vroue nie.”  Hy stem stotterend in. My lekkervurige humeur gee hom ook nie veel kans nie.

“Kom Towerinne, ons het nog pret om te hê,” probeer Una ons opvrolik. Ek sleep vir Perdybtytjie eenkant en vertel haar van my plan met Broodina Barber.  Sy is sommer dadelik vuur en vlam. Ons klim saam met ons bedrukte maats op die groen bus. Toorts lig die gemoedere met haar kitaar en FAK-buskomposisies. Gou sing ons vrolik. Dis hoe Towerinne rol.

vgaalen

Ek was maar huiwerig om die Kaasmakery te besoek, daar is maar so-so resensies oor kos en diens. Maar was ek verbaas.  In 1990 het  Annelies van Gaalen  van Nederland immigreer en haar in  Skeerpoort, ‘n klein gemeenskap by Hartebeespoortdam kom vestig.  Hier begin sy in Hollandse tradisie kaas maak.  Haar Boerenkaas het gewild geword, en teen 1994 is Van Gaalen Kaasmakerij begin. Vandag is dit nog grotendeels ‘n kaasmakery, maar daar is ‘n restaurant, onthaalplek, plaasdierepret vir kinders en fietsryroetes vir die meer sportiewes. Moet ook nie van piekniek op die rivieroewer vergeet nie.

Ons is rustig besig om meer van kaas te leer en te proe, toe ek ‘n suurknol uit die hoek van my oog gewaar. Omdat dit ‘n weeksdag is, is ons die enigste besoekers. Una het die toer vir ons gereël. Ek stamp vir Perdebytjie in die ribbes. “Moenie kyk nie, Broodina is hier,” fluister ek.

Ons twee drentel stil weg van die groeptoer, winkel toe. Hulle verkoop proe-kasies, so afsonderlik toegedraai. Ons kies bokmelkkaas – bloubeaard beleë. Ek giggel. “Perdebytjie, weet jy hoe bedompig ruik so kasie in ‘n klein spasie? My kind het jare gelede op ‘n Roete 62 toer so ‘n kasie in die kar oopgemaak. Rots het nog nooit so vinnig remme aangeslaan nie!” Deel een van ons plan vir Broodina is in plek. Stink kaas.

Ons toer klaar met die ou aasvoël heel skynheilig belangstellend net so agter ons.

 

Gou is ons onderweg na die Elephant Sanctuary . Arme VirgoC, sy het net stiller en stiller geraak. So bang soos ander mense vir gediertes is, is haar vrees vir olifante epies. Ons het ons hande vol met haar gehad dat ons nie vertrap sou word nie. Om haar aandag af te lei, laat Perdeby haar in op ons Broodina-breekplan. Sy vergeet skoon van haar vrese.

Die Sanctuary bied interaksie met die olifante. Jy kan ‘n olifnt aan sy slurp rondlei!  Daar is ook ritte op die kolosse se rûe vir die braaf van hart.

ollie2ollieollie4ollie3

Amarula, Khumba, Mosadi en Mvusi word in ‘n boma aan ons voorgestel. Dit was wonderlik om die band tussen die reuse en hule hanteerders te aanskou.  My binneste het gebewe toe ek opkyk  in Khumba die matriarg se groot sagte oog my eie refleksie raaksien. Asemsnakkend stil toe sy met haar slurp saggies aan my ruik. Dit was ‘n belewenis toe sy haar slup om my hand krul, en die hanteerder vir my saggies sê ek kan stap, die kollos sal volg. Sjoe!  Ek is oortuig elkeen van die Towerinne het dieselfde gevoel.

Ons is vertel hoe lief sy vir water is, en baie lief is vir modderbaddens. Ek vra toe vir die hanteerder of  daar so poel naby is. Hy beduie ja, ons loop soontoe. Dis nou ons hele groep en kamma belangstellende Broodina agterna.  Tyd vir die tweede deel van Broodina breek om in werking gestel te word. (Onthou die kasies wat ons gekoop het.)

Amarula, Khumba, Mosadi en Mvusi is dors en stap na die watergat. Onder Perdybytjie se aanvoer, word ons so geposisioneer dat ons so skuins voor die watergat staan vir ‘n onthou foto. Ons hits vir Broodina aan om saam met ons te poseer. Sy het dan namens die koerant soveel tyd saam met ons toergroep spandeer. Sy staan strammerig nader en oorhandig teësinnig haar kamera skouersak aan VirgoC om vir die hanteerder aan te gee. Dis toe dat die stink proekasies oopgebreek in die sak gesit word. So ongesiens soos gesoute sakkerollers.

Intussen het die olifante begin baljaar. Khumba spat water oor haar rug. Mosadi trompetter en asof dit beplan is, spuit Temba en Amarula modderwater in ons rigting net toe die kamera kiek! Ons klomp het gelukkig tekkies en gemaklike klere aan en kan laat spaander, maar o weë, Broodina se blokhakke kon nie so fluks in die glyerige modder wegkom nie.

Kyk, wat uit daai vrou se mond gekom het, het g’n mens nog gehoor nie! Kamtig so behoudend, waar sou sy so leer praat het? Lekker dun moet die verfynde puriteinse nerf, nie wees nie!  Sy storm  daar weg, kamerasak onder die arm. Haar Unotjie spatter weg dat jy net stof sien staan. Perdybytjie, VirgoC en ekke lê van die lag. Broodina, sans haarknippe en skoene…vol modder. Hehe! Vatso katvis. (Excuse the pun…Barber, kon myself nie keer nie. Hehe)

Ek bel vir Vis, en vertel hom dat ons ‘n spesiale verslag oor ‘n insident by die Sanctuary het om te vertel. Onse Perdebytjie sal die volle verhaal met nagevolge stuur met volkleur foto’s.

“O, en Vis, jammer vir die klankie in die kamerasak…”

Kyk uit vir die berig in die volgende aflewering van die Kromkoerant. Dit sal sekerlik verskyn voor ons by Bondels op die plaas aankom.

NS. Baron Room ons paparazzo aka AJ, al kon ons nie die koerantmannetjie wat jou so gekwets het bykom nie, die Broodina breekslag was vir jou ook ter wille.  Hoop jy voel beter na ons met die krommes van Kromkoerant afgereken het. Al die Towerinne voel beter.

Volg die virtuele verhaal van die Broodbus hier:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

 

58 Comments on “Broodina breekslag

  1. Haha! Nou so lekker gelag! So ‘n ou anti- alles- wat pret is, het lekker haar brood teëgekom!
    Briljant geskryf, Lekkervurig! Ek sal nou eers mooi moet gaan dink aan die artikel vir die koerant.

    Like

  2. Te lekker lê ek nou vroegoggend en lees aan ons ekskursie. Broodina het behoorlik op haar neus gekyk! Vis de Arend redakteur van ons koerantjie… en jy ken hom… Dis nou goeie nuus. Mens kan ver kom as mens mense ken, veral op ons dorpie. Perdebytjie, ons wag in spanning vir jou fotos en storie, en dan kleinsus, jy was voorwaar braaf om so jou vrese in die gesig te staar en saam met die twee towerinne te span.

    Liked by 2 people

  3. Jou stories het my nou laat skaterlag. Ek dink die arme vrou in die foto het reeds daardie reukie in die kamerasak gewaar. Ek is so bly ons is vriende – ek sal dit haat om aan jou verkeerde kant te staan.

    Liked by 1 person

  4. Terug pieng: Kuiersafarie: Hartebeespoortdam besoek. – I scrap 2

  5. Ek sukkel om by te hou, sal maar my lang reguit tone (vriendin het gesê dit lyk soos vingers) moet begin klap om by te bly.
    Lekker gelag vir daai bloukaas-episode en VirgoC se nou-nie-meer-bangeite

    Liked by 1 person

  6. EK is die agteros…kom altyd laaste aan met n comment, maar ek moet sê, as die so gaan na die eerste twee dae van hierdie toer, gaan ek permanente plooie hê van die lag….dit is crazy! Julle klomp is amazing!

    Liked by 1 person

    • Dis wat ons Towerin-avonture so lekker maak – ons kommer oor niks en laat niks ons stuit nie. Sien daar is nie politieks, rusies en BTW en sulke twakkies nie. Net pret in oortreffende trap. Goed vir die siel! Groetnis.

      Liked by 1 person

  7. 🙂
    Dankie Lekkervurig vir die uithaal op Broodina breekslag, ek was helaas nie saam op hierdie toer nie. Ek waadeer die gedagte. Ek moes helaas na my damervarings vir herstel en werk (veral vir herstel) terugkom na ‘m paar minder lekkervurige spreadsheets by die werk. In Afrikaans word dit mos ‘n Sig nee SUGblad genoem

    Like

    • Ek het seker misverstaan oor die joernalismannetjie wat jou aka Paparazzo ontstig het…dis maar Blogland né. Welbewus jy toer nie saam nie. Lekker Sugblad skep. Groete

      Like

        • Dis hoekom ek haar goed uitgehaal het…ek wou huil toe jy so voortydig die wyk geneem het.. jy was net halfpad op die eerste been van die toer. Hoop ons loop jou van tyd tot tyd raak op verdere gedeeltes van die uitgebreide reistog. 😉

          Like

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

The Bee Writes...

oder auch "Die Bea schreibt" *** expect nothing... not even the unexpected *** erwartet nichts... noch nicht mal das unerwartete

Gedigte wat jou laat dink.

Sien die groot prentjie.

Tokeloshe

I♥2CR8

Kluisenaarsklaviere

Denke oor die wêreld, sy plekke en sy mense

Kruger Theron

Stories met Siel

Daily Manna

By Heart of Worship

Justice's Blog

The fear of the LORD is the beginning of wisdom...The contents of blog ranges from Christian knowledge to my own 'nerdy' posts.

the depth of now

Discovering Istanbul through Storytelling & Photography

Discover

A daily selection of the best content published on WordPress, collected for you by humans who love to read.

Wag 'n Bietjie

Welcome! Come linger a while..

The Sanity Rules

Uncommon common sense

Tannie Frannie

My terapie vir oudword

Ouch!! My back hurts!!

Life according to one of life’s truly gifted naturally born wafflers… an open diary of a Saffer in a different land... life in the greater Dublin & Leinster area. (Since 2011) My quests fuel my dreams… my dreams fuel my quests!!

Liewe Persoon

Ons het almal iemand nodig om na ons te luister

%d bloggers like this: