Blitsverkoper:Die Barge @ Die Dam

hartiesWhoop, maar was die Harties kuier nou lekker. Daai barge kan darem vir jou stories vertel. Lekker, man, lekker. Gelukkig het Una vir Bertrus mooi opgelei. Dis ‘n grappie, ek het vertroulik verneem dat hy baie lief is vir mense en vir kuier – ons Towerinne is sommer dadelik eiemense gemaak. Die twee Harties gansies weet hoe om swane en eende ewe welkom te laat voel.

Daar is reeds baie gekommentaar oor die barge en Tiramisu en wyn en lilo’s en nie-so privaat ablusies.

Die besoek aan die Kosmos boekwinkel was vir my ‘n belewenis. Kyk net die mooi trappe. Dankie Una! Met ‘n boek kan jy mos vir my in ‘n wip vang. Die Kindle is juis altyd in my handsak, volgelaai, om te kan lees net wanneer ek kan.

By die Kosmosboekwinkel loop ek toe mos ‘n storie raak oor ouer vroue – verhoudings, loopbane en elkeen met hulle eie storie, diep weggebere. “The Resaurant@The Mill” deur Linn B. Halton, het ek vir ‘n appel en ei gekoop en ek gaan dit my toerleestof maak. Ek sal mal word van “the wheels of the bus go round and round” – sien julle nou hoekom ek agter wil sit – niemand sal kan sien ek lees nie!

In elk geval, toe ek die boek se opsomming klaar lees het, sien ek so voor my geestesoog die 14 Towerinne en hulle storie(s). Ek gaan ‘n boek skrywe. Dit gaan ‘n epiese blitsverkoper wees. Deon Meyer kan gaan slaap. Dit gaan van papier op die silwerdoek  beland – so soomloos soos Tom Cruise met Cold Mountain gemaak het! Daai besoek aan die stel van Pretville het natuurlik ook te make met my silwerdoekvisioene.

…………………………………………………………….

My storie se naam gaan wees “Die Barge@Die Dam” wat aan Bali en Ballie behoort. Hulle nooi 13 vroue wat saam met Bali op ‘n landwye tog deur Suid-Afrika beplan, om hulle reis by die dam af te skop. Die vroue is van oral in die land.

Een karakter is ‘n statige vrou wat sommer uit die bloute in ‘n sensuele danseres kan ontpop – veral as spierpaleise in die omtrek is. Meestal is sy nogal wetsgehoorsaam en kan haar springmieliebesige bantingkundige vriendin goed in toom hou. Hulle het die vreeslikste rusies in die kombuis en dit laat weer hulle welberese vriendin sommer na wyn in haar trommeltjie gryp.

Twee nuwelinge in die groep, Bondels en Nootjie, skrik so, hulle vergryp hulle aan die bantingkundige se poeding, onbewus dat dit ‘n oordosis Frangelico bevat nie. Hulle drink ook te veel van die Nieu-Seelandse energiedrankie wat komplimenter rondstaan. Die gevolge sal nie beskryf word nie.

Die ander stil, statige en diepdenkende vrou met haar silwer bob kan die gebras nie vat nie, en klim op ‘n lilo agter aan die vlot vasgemaak. Dit het tot gevolg dat die wille wragtigs van die groep onder leiding van voorswemmer Hes, die vlot onder haar uit probeer spring. Die oud-onderwyseres en kaggelsmous hits die jongeres aan om die lilo om te stamp.

Die klomp kom nie agter dat hulle watervresige wespiemaat alles op kamera vaslê nie…en kort kort met haar selfoon besig is nie. Niemand besef sy is eintlik Hia de Sint, die beroemde ondersoekende joernalis. Oorkant teen die damoewer flits die son teen kameralense – die paparazzi is ook aan die kiek – Baron Room aka AJ en Paraguay Informant aka DC.

Die watersports kom tot ‘n einde toe die son sy tone in die dam druk. Die vroue strek salig uit oor die lekker sagte Bali kussings en ‘n relatiewe stilte daal toe.  Dit is egter van korte duur.

Die kreweltjie in die groep bely so ewe uit die bloute dat sy toe al die tyd die grootste gros van die Toweropstal diamante gevat het toe die Tiramisu ontplof het. Sy was onder die tafel aan die slaap, en die goed het letterlik in haar kloue beland.

Die Borg se vreugde ken geen perke toe die ou goggatjie ‘n sak vol blink klippers op die tafel uitkeer. Alles is nie net meer om den brode nie! Die toer en toekoms is vir almal verseker!

Die twee motorfietsentoesiaste in die groep wil met mag en mening vir die Ballie oortuig om hulle wal toe te neem sodat hulle hul motorfietse kan wheely van pure blydskap – want nou kan almal se gastehuis drome ook bewaarheid word.

Niemand behalwe die paparazzi en die wespie sien die paddamanne met gewere wat oor die vlot se kant klim nie…en die dinges breek los.

……………………………………

Dink julle nie dis ‘n bakgat storie nie?

Ek kan nie wag om die verhaal behoorlik uit te skryf nie. Gaan sommer op pad na Bondels op die plaas begin werk.

O, en ek wil vertel van ‘n klankie op die bus – niks met die privaatjie te make nie…sal môre vertel.

Una – jy het gesorg dat ek uit my lui vir skryf-bui kom! Lekker.

Om jou blogpos by te voeg of om die ander bloggers te lees, kliek op die volgende: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

 

 

 

 

 

31 Comments on “Blitsverkoper:Die Barge @ Die Dam

  1. You go Seegogga, jou eerlike diamantdief. As ek geweet het van jou stash, het ek sowaar daardie lilo omgekeer en nie net gedreig om dit te doen nie. Nee … darem nie Frannie, hoor – jy is veilig tussen die Towerinne. Ek kan ook nie help om te dink dat jy ‘n blitsverkoper hier beet het nie Lekkervurig. Nou wat Bytjie aanbetref … mmm, ja … ek sal hieroor moet dink.

    Liked by 3 people

  2. Blitsig gaan dit beslis wees. Ons ou klomp towerinne blits elke oomblik om. Daars nie tyd vir stil wees of sit nie. Ek het nounet n oproep van my skool gekry dat ek moet aanmeld vir werk! My super is siek, nou is die kindertjies herderloos. Sal maar vinnig moet inspring en ou Elon se vuurpyl weer opkommandeer. Jul moet net nie vir my wegry nie. Gelukkig ken ek Brits en Pretoria. Sal seker Maandag terug wees!

    Liked by 2 people

    • Hulle kom mos daar uit PI Danie se rigting en het ene se pa nie Hoofmeisie se kakebeen gebreek nie, jy onthou, toe sy so afstandig was nie? En daai plaaslike woorborduurder wat soos ‘n speld verwyn en in kommentare verskyn. ‘n Sameswering en wraak kinkel. Ag, fiksie is darem wonderlik as die muse so rondwarrel. Sien jy en Paraguay Informant om paparazzi helde te wees saam met supertowerin Wesp?Die ander ongelukkige nommer13 het red nodig.😉

      Like

  3. Julle laat my sprakeloos en asemloos van opgewondenheid en lekkerkry! Skryf die boek, Lekkervurig! Daar was lanklaas soveel hoofkarakters bymekaar beskikbaar! Ek wat van ń jaarkalender? Ons is nou wel 14, maar 2 van ons kan op die voorblad verskyn as die ‘Inleiding’.

    Liked by 1 person

  4. Ek kan net lag Lekkervurig. Sowaar met soveel kinkels, draaie en kwikslae kan mens nie anders nie. Ek sien uit na jou boek 😁😁😁😁 Wat Perdebytjie aan betref sal niks my verbaas nie… is dit dan nie sy wat die groot ontploffing veroorsaak het nie? Wat die kalender aan betref… hoe lyk dit ek stuur jou ‘n foto uit my jongdae met my tanga aan?

    Like

  5. Terug pieng: Kuiersafarie: Hartebeespoortdam besoek. – I scrap 2

  6. Jissie…mens weet nie meer waar om te los en waar om te lees nie!!! Ek moet sê, die Franselekker het my kop bietjie seer gemaak maar watwou, daai mengsek uit NZ kan wonderwerke verrig!! Ek is so bly ek haal ook jou boek!! Wou nog altyd iewers ‘n rol gespeel het!

    Like

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

The Bee Writes...

oder auch "Die Bea schreibt" *** expect nothing... not even the unexpected *** erwartet nichts... noch nicht mal das unerwartete

Gedigte wat jou laat dink.

Sien die groot prentjie.

Tokeloshe

I♥2CR8

Kluisenaarsklaviere

Denke oor die wêreld, sy plekke en sy mense

Kruger Theron

Stories met Siel

Daily Manna

By Heart of Worship

Justice's Blog

The fear of the LORD is the beginning of wisdom...The contents of blog ranges from Christian knowledge to my own 'nerdy' posts.

the depth of now

Discovering Istanbul through Storytelling & Photography

Discover

A daily selection of the best content published on WordPress, collected for you by humans who love to read.

Wag 'n Bietjie

Welcome! Come linger a while..

The Sanity Rules

Uncommon common sense

Tannie Frannie

My terapie vir oudword

Ouch!! My back hurts!!

Life according to one of life’s truly gifted naturally born wafflers… an open diary of a Saffer in a different land... life in the greater Dublin & Leinster area. (Since 2011) My quests fuel my dreams… my dreams fuel my quests!!

Liewe Persoon

Ons het almal iemand nodig om na ons te luister

%d bloggers like this: