Fokuspunt op ons stoeptafel. Met en sonder flits. Vreugde as verlede jaar se Amarillis bol nog wil blom. Dis lekker vredig op die Watervalplaas se stoep. Die brakke is dansky Bab se insette gesomer skeer. Koda- koos is geflous in badtyd in. Die tuin is waternat en Rots braai.
Varktjops, vetgatjies en Caprese slaai op die spyskaart. (Vetgatjies is hoenderbors gevul met Feta en in ‘n spekkombersie toegedraai. Ons Vleislapa Marshallstraat se Marius wat immer kreatief met kos omgaan en vir lekker en nuut sorg.)
En dan. Die Springbokke, die Springbokke. Wat ‘n sege. Epies. Tweehonderd ses en twintig tackles en twee wenpunte later. Lekker, lekker tonekrul troef. #Bokke. Siestog All Black land is in rou gedompel.
Ag, dis lekker op die stoep. ‘n Lenteaand in Afrika.
Daardie vetgatjies klink darem lekker. Hoenderbors kan so droog wees. Die Amarillas is pragtig. Ek geniet hierdie lenteaand in Afrika saam met jou!
LikeLiked by 1 person
🤗🌷🔥
LikeLiked by 1 person
Lekker saam met jou gekuier…
LikeLiked by 1 person
Bly jy loer in. Dankie Bondels
LikeLike
Ek was ook daar by julle, het so skuins na links gesit.
LikeLiked by 1 person
Ek weet. Dit was ‘n lekker aand.🔥🌜🥂
LikeLike
My Amarilla-un-‘n-pot hier op die agterste trappies het ook nou sy eerste blom begin uitstoot. Groot opgewondenheid. Hier by die kus het ons ook gebraai en lekker gekuier saam met ou vriende.
LikeLiked by 1 person
Lekker. Groetnis. Die Augustus in September winde maak ons gek….en dis warm en wolkloos en veldbrande oral om ons….kom reën, kom.
LikeLiked by 1 person
Ons weer wissel nou so vinnig – ons het natgereën toe ons wou gaan loop. Nou skrou die wind weer op ons.
LikeLiked by 1 person