Ek is al maande met die varkgriep en nagevolge sommer blegh. Die afgelope twee weke aan bed en huis gekluister. Sedert gister voel ek soos myself, uiteraard moes ek buitentoe. Nodig die grond onder my voete en die son op my kroontjie. Ek loof en sing. Kyk hoe vrolik is ons nuwe seisoen van groei. Eenkant toe skete, eenkant toe!
Goudgeel
Mooie eenvoud
Lente lekkerruik lekkerte
Kyk hoe Van Gogh die irisse
Fotodief, Oscar, my blommebrak
Oranjemooi
Koda-Koos steel die kollig
Malse Malva
Wens ek kan in woorde vertel hoe lekker ruik die ster jasmyn
Die mooiste mooi in die agtermiddagson
Ek is seker die pragtige lentedag souvjou sommer nuwe oemf gee. 😁
LikeLiked by 3 people
Sjoe, jou lentetuin is ‘n pragtige kleurespel en jou hondekinders is fotogenies.
LikeLiked by 3 people
🤗
LikeLiked by 1 person
Op jou gelukkigste, glo ek, so tussen die blommeprag en jou honde-familie.
LikeLiked by 3 people
Ek sien Lente het in jou tuin kom dirigeer. Pragtig
LikeLiked by 2 people
Baie skaars die Koda-koos variëteit
LikeLike
…en duur, hy kou hier, kou daar…..
LikeLike
Ai, dis so mooi, maak my sommer opgewonde! Ek hoop jy is sommer binnekort heeltemal piekfyn.
LikeLiked by 1 person
Dankie. Ek prop myself vol Airmune, Allergex en bly uit wind en weer. Ek bid dat die reën gou kom, miskien bring dit verligting. Dit was windstil gister toe ek gaan genesing soek, vanoggend Augustus dit op die mooi September Saterdag. Sal maar skryfwerk pleeg. Maandag is ek terug in die tuig by die Lekker winkel.
LikeLiked by 1 person
Dis pragtig, jammer jy was olik. Ek is ook so gelukkig tussen blomme!!
LikeLiked by 1 person
🤗🌻🌻🌻
LikeLike
Wow ek boer ook innie tuin. Knip, saag, maak mure hoër op ‘n goedkoop manier, want ek wil nie na die buurman kyk nie – ek hou van wegkruip… in my tuin wat vir my mooi is.
LikeLiked by 1 person
Ek het nie bure wat kan sien nie…salig. Het ook vanjaar net geskuif en verplant, weier om nuwe plante voor die reën te koop, net in grassooie belê.
LikeLiked by 1 person
Jou tuin is pragtig. My honde-kinders hardloop alles wat ek plant uit die aarde uit. Met die gevolg dat ek die pot ding doen
LikeLike
Maat, Die Schnauzies wil nie die verplante Afgspnte uitlos nie! Ek gooi rooipeper oral. Hoop die goed kry vastrap kans. 😉
LikeLike