Wie is jou Agitofel? Of is jy hy?

Toe ek die eerste keer vir Agitofel in die Bybel raaklees, het ek heel uit my sondige mens oogpunt die ou nogal jammer gekry. Mens se medelye met die man droog egter gou op.

Aanvanklik het ek  my probeer indink hoe ek as ouer en grootouer sou reageer as aan my geliefde kleinkind gedoen word wat Dawid se wellus na Basteba veroorsaak het.

Sien, Agitofel was ‘n wyse, gerespekteerde raadgewer van koning Dawid. Batseba, was Agitofel se kleinkind, dogter van sy seun Eliam. Sy was met Uria, ‘n topsoldaat in Dawid se leër getroud. Dawid, oorweldig deur die skoonheid en ekkigheid, sorg dat Uria op die slagveld omkom. Batseba die buit. Dit kom teen ‘n helse prys.

Dawid en Batseba se eerste kind sterf voor hy genaam kon word. Natan berispe vir Dawid en in geen onduidelike taal beduie hy vir Dawid waar die wortels begrawe is.

Dawid, en ek is oortuig Batseba ook, gaan verootmoedig hulle voor God en bely hulle sondes. Hulle keuse verseker nie ‘n vrypas na ‘n lekker lewe nie, maar Dawid is geboek as ‘n man na God se hart. As gevolg van keuses het Dawid se koningskap nie deur rustige waters gegaan nie. Sy een kind het teen hom opgestaan, sy ander kind kry bo hom die voorreg die tempel van die Here bou.

Salomo word uit die huwelik gebore, en die tweede oorlewende kind wat volg word na die wyse man en vriend Natan vernoem. As jy lees hoe Batseba pleit by Dawid om Salomo sy opvolger te maak, Salomo se vertelling van die wyse woorde van ‘n ma aan haar seun aan die einde van Spreuke lees, kan jy aflei dat Batseba ‘n wyse, gerespekteerde en geliefde vrou en ma was. (2 Sam11 en12 en 1 Konings 1 en 2),

Het jy geweet behalwe dat Salomo die voorsaat van Jesus se aardse pa, Josef, was, Nathan die geslagsregister na Maria, one Jesus se aardse ma, lei?

Maar wag, dis nie waarmee ons besig is nie. Terug by Agitofel.

Nou die twee kinders se oupagroot Agitofel, ruk vir hom op oor die Dawid en Batseba ding en heel onwys gaan kies hy kant teen sy bloed en steun sy agterkleinkinders se halfbroer, Absalom, toe hy Dawid probeer onttroon. Wat ‘n menslike intrige. Agitofel se bitterheid oorskadu sy godgegewe talente en wysheid, en hy gee vir Absalom die vreeslikste, geweldadigste plan om oorwinning te verseker. Gaan lees self.

God het egter ander planne en die bittere wraak word gefnuik. Absalom verstrik in boomtakke en Agitofel vlug huistoe en hang homself. (Het jy geweet daar is sewe selfmoorde in die Bybel aangeteken: Abimeleg, Simson, Saul en sy wapendraer, Agitofel, Judas en Simri. Dis anderdag se gesels werd.)

Uit bitterheid verlaat Agitofel vir Dawid en steun Absalom se opstand teen Dawid. Hier raak dit interessant. ‘n Mens wil so maklik wraak sweer, bitter wees oor wat die lewe uitdeel. Soos Agitofel. Maar hoe skop jy nou ‘n lawaai op en skreeu ten hemele en luister nie na wat God vereis nie?

Dis hier waar my aanvanklike jammerte vir Agitofel verdamp het. Daar staan tog duidelik geskrywe die wraak kom God toe.

Dis ook hier waar ‘n vreeslike besef my omslaan.

Wie is jou Agitofel? Wie is daar wat as gevolg van jou verkeerde optrede, besluit, jou sonde so bitter soos Agitofel voel, en miskien ook sy rug op God se leiding, onderskeiding en liefde keer?

Wie se Agitofel is jy? Wie het bitterheid, wrokkigheid en wegsteekgoed wat net jy en God van weet, in jou siel se agterkamer laat kom woon?

Ons het nodig om ons Agitofel(s) te gaan sien en te sê askies. Om eerder saam voor God ons fout, seer, woede, teleurstelling uit te stoei, te bely en neer te lê. Nie wrokkig en bitter te bly nie. Dit is geen maklike taak nie. Maar vra vir Jesus, goed met ewigheidswaarde kom met ‘n pynlike prys. Goddank vir Sy liefdebloedoffer en God se onbegryplike vergewende hart.

Agitofel se verhaal moet ter harte geneem word. Daar is geen twyfel dat Dawid vreeslik gesondig het, en dat sy besluite vir ander laat struikel het. Sy besluite het gewis chaos en seer in sy gesin en vriendekring veroorsaak. Dis die les.

Ek lees iewers raak daar is nog ‘n les by Dawid te leer. Dit is dat jy jouself sal moet afvra wie deur die gevolge van jou afvallige optrede geraak gaan word. Dit alleen behoort ons van besluit te laat verander en laat spaander na God se voete.

En nog is het einde van lesse niet. Ons bestaan op aarde word gekenmerk deur seerkry, val, wegkruip, genesing, opstaan, groei, in dan ook in geen voorspelbare volgorde nie. Die oorlewingstrategie is om elke stukkie van jou lewe by God neer te lê. Om te bely, te vergewe, te loof, te smeek en te groei. Om nie goed terug te gryp of soos Agitofel aan jou binnekant vas te laat groei en te troetel en tot jou eie vernietiging te lei nie.

Dis waar dat seer, op die vlak wat Agitofel dit beleef het, erg is. Asemsnakkend erg. Dis egter ook skokkend waar dat onverwerkte seer soos ‘n kanker jou siel vol bitterheid en wrok kan giet, en tot erger seerkry en verwonding kan lei.

Agitofel se koestermonster het hom van wysheid en oordeelkunde gestroop, het hom van God die gewer van sy talente laat wegdraai. Sy behoefte aan weerwraak was so erg, dat toe sy planne klaaglik misluk, hy sy eie lewe neeem. Sjoe.

Hier kom die groot opdrag. Wat het Jesus verlate, verguis in Sy grootste lyding aan die kruis gedoen? “Vader vergeeef hulle, hulle weet nie wat hulle doen nie,” het Hy met sy amper laaste asem gebid.

Hy het almal vergewe wat Hom verlaat, ontken en teleurgestel het. Elkeen van ons. Sy vergifnis strek tot in ewigheid. Sy Gees woon in ons, om ons te help om nie Agitofel se keuses te maak nie.

Hoor as God sê wraak kom ons nie toe nie, dis God s’n, alleen. Wys bitterheid ala Agitofel die deur en gaan praat met jou Agitofel.
Deut. 32:35Ek sal wraak neem. Dié wat dit verdien, sal Ek terugbetaal.

Rom. 12:19 “Laat staan al julle wraakplanne, my liewe broers en susters. Dit pas glad nie by gelowiges nie. Los sulke dinge vir God. Daar staan immers in die Bybel: “‘Ek alleen het die reg om te straf; Ek sal wraak neem,’” sê die Here.

Lees ook Hebreërs 10:30-31

Ek sit hier en dink, is dit deels te wyte aan die les uit sy oupagroot Agitofel se wegstap van wysheid wat Salomo so wys laat kies het ten gunste van onderskeidingsvermoë en met soveel meer deur God se blyhart beloon is?

Lees hier oor Agitofel:

1Kronieke 27: 33, 34

2 Samuel 12:11

2Samuel 16:21-23

2Samuel 17:1-2

Psalm 55: 12-14

 

 

12 Comments on “Wie is jou Agitofel? Of is jy hy?

  1. Sjoe, waar om nou te begin om hierdie skrywe van jou mens se eie te maak. Hier is soveel pitkos, soveel waarhede en feite uitgelê. Ek gaan weer moet lees, en my hart dan toelaat om homself te ondersoek.

    Liked by 1 person

  2. Eienaardig hoe ons bloggers soms op dieselfde tyd aan dieselfde vraagstukke dink. Ek het net gister gesit en kyk na ‘n stukkie wat een van my voormalige kollegas op facebook geplaas het, met dieselfde strekking, net ‘n ander invalshoek. Dalk skryf ek nog daaroor, dalk nie. Jy kan ‘n ding so lekker beredeneer Lekkervurig – ek moet dit weer en weer lees en mooi deurdink. Dankie.

    Liked by 2 people

  3. Dankie vir hierdie stuk Bybelse geskiedenis wat soos ‘n aksie-roman lees, tot die ontnugterende selfondersoekende en ongemaklike vraag en deel oor Argitofel. Maar dit eindig met hoop van God wat die vrede gee wat nie van hierdie wêreld kom nie. Dankie vir hierdie skrywe

    Liked by 1 person

  4. Sjoe… jy het nou vir my ‘n preek afgesteek soos wat ek lanklaas geleer het! Dankie – ek sal, soos Hester sê, weer moet lees en ook hard moet dink ood die vent wat hier onder my eie dak bly op die oomblik – en sy ondankbaarheid laat vir my stoom… en wonder oor of hy gestuur is om my lesse te laat leer! Die ding is… nee, wag, ek los dit sommer net daar!
    Dankie… ek sal ‘n bietjie dink… en bid! 😉

    Like

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

toortsie.com

Skyn, liggie, skyn!

Life according to C

To become remarkable, hold yourself accountable

Holladriehoe

Hier gesels ek oor alles wat my bly maak: my taal, die natuur, kuns, die lewe.

Top40Weekly.com

The Weekly Top 40 1955-2017

No Facilities

Random thoughts, life lessons, hopes and dreams

Leeskring met een lid

Waar ons boeke saam met die seelug inasem

The Bee Writes...

oder auch "Die Bea schreibt" *** expect nothing... not even the unexpected *** erwartet nichts... noch nicht mal das unerwartete

Gedigte wat jou laat dink.

Sien die groot prentjie.

Tokeloshe

I♥2CR8

Kluisenaarsklaviere

Denke oor die wêreld, sy plekke en sy mense

Kameel se gebabbel

Waar die hart van vol is, loop die mond van oor

Kruger Theron

Stories met Siel

Daily Manna

By Heart of Worship

Justice's Blog

The fear of the LORD is the beginning of wisdom...The contents of blog ranges from Christian knowledge to my own 'nerdy' posts.

The Depth of Now

Exploring Istanbul Through Storytelling & Photography

Discover

A daily selection of the best content published on WordPress, collected for you by humans who love to read.

Wag 'n Bietjie

Welcome! Come linger a while..

The Sanity Rules

Uncommon common sense

Tannie Frannie

My terapie vir oudword

Ouch!! My back hurts!!

Life according to one of life’s truly gifted naturally born wafflers… an open diary of a Saffer in a different land... life in the greater Dublin & Leinster area. (Since 2011) My quests fuel my dreams… my dreams fuel my quests!!

Liewe Persoon

Ons het almal iemand nodig om na ons te luister

Bondels Gedagtes

Lesse geleer, en stories uit my lewensreis

penpunt

Waar die hart van vol is …

Country Living in Southern Africa

Sharing my life in Mozambique and all things country in Southern Africa

Dream Desire Achieve

The dreams you desire can be achieved, for with God nothing is impossible.

KAITLIN B. CURTICE

Kaitlin B. Curtice

de Wets Wild

Disappearing into South Africa's wild places... Again!

heart prints

live the story you want to tell

filosopete

blessedbeyondrecognition 🇿🇦

WoordNoot

Waar ek my woorde en note kombineer om my storie te vertel

Die Bordkryt

Studentekoerant

Positief

Wat jy in jou gedagtes toelaat, dit word jou lewe

Ekmyselff

dit is wat dit is, ek is ook wat ek is

'n Skrywer se blok

Kortverhale, gedigte en sommer enigiets met die lewe te doen.

Thulana

Almal om my is gek...

Vinke en Verse

Spraak-, taal- en gehoorterapeut. Kamma-digter. Lewenslange student. Reisiger. Liefhebber van woorde, musiek en Afrika. Deur Genade gered en deur Liefde vrygespreek.

Tapestry of Thought

Cilnette Pienaar weaves and unravels

bitterbossie

Die groenspreeu is 'n kunstenaar ...

Born in Providence

finding our way back to love

%d bloggers like this: