wordsfeathers

Daar is sekerlik niks leliker as venyn nie. Die woord in Afrikaans beskrywe nie so duidelik die impak van die tipe gedrag nie. In Engels kan jy ‘cankerous’ of ‘venomous’ gebruik.

Afrikaans English
venynig cankerous; venomous

Gaan karring jy by ‘cankerous’ kry jy die vreeslikste lys woorde:

Sjoe, vyandig, ondermynend, wreed, ontmoedigend, minagtend…dis vreeslike, vreeslike woorde wat in venyn vasgevang is. Dink net dis wat met die ontvanger van jou venyn gebeur.

Maar die een wat my hart breek is daai ‘invalidate’ woord.  Om iemand so te haat dat jy sy of haar bestaan ongeldig verklaar, nietig verklaar, nikswerd maak. Eina.

G’n wonder die Bybel stel dit so fel in Psalm 140:4 Hulle tonge is giftig soos ’n slang; hulle woorde venynig soos adders. Sela

‘n Storietjie:

‘n Gemeenskap het hulle skuldig maak aan skinderstories, en die persoon aan die ontvangkant is verwoes deur die venyn en gefluister.

‘n Engel het kom wraak neem en het ‘n vrou wie die stories aangeblaas het, gekonfronteer met ‘n kussing wat opgeskeur is.

Die vere is deur die sterk wind verwaai tot in die einder. Toe sy protesteer nadat sy opdrag kry om al die vere weer terug te stop, besef sy dat die verwaaide  vere soos haar woorde.

Hulle is daar buite, en kan nie terug getrek word nie.

 

featherwords

Woorde maak my bang.
Hulle wys wat in ons harte woon.
Hulle kan verwond en seermaak.
rumi gates