350px-NelsonMandelaCircle

Ons bloggeterg oor my tuisstad, Polokwane, wat na die groot polonieskrik sommer Poloniekwane geword het, herinner dit my aan die feit dat etlike inwoners van Polokwane al meer as vyf keer van adres verander het, sonder om ‘n stukkie ornament in koerantpapier toe te draai.

Kom ons tree terug. Net so onder die Zimbabwegrens, omarm deur die Limpoporivier het die Transvaal Provinsie van Suid-Afrika vir jare tevrede gerus. Die Transvaal was een van vier provinsies en was self in vier streke verdeel.  Die noordelike deel was Noord-Transvaal, maar ons naby die Zimbabwe grens was bekend as Verrenoord-Transvaal. Pietersburg die hoofdorp van die streek.  Stadstatus is 1992 toegeken.

Net na ons in slingerrye gestaan het vir die Nuwe Suid-Afrika, het die streek vinnig uit die naamveranderingblokke gespring. Voor in die koor.

So gaan slaap ons nog in Verrenoord-Transvaal, en wraggies, die volgende dag bly ons in Pietersburg, Noordelike Provinsie! Die status quo word gehandhaaf tot in 2002 en daar gaan slaap ons weer en word wakker in Pietersburg, Limpopo.

Dit het gou duidelik geword dat ons streek se dorpe met Afrikaanse oorsprong, nie vir lank so sou bly nie. Sien ons Limpopo provinsie is oorwegend etnies swart (bykans 98% van die bevloking is mense van Sepdedi, Venda en Tsonga herkoms) Hier word vyf van die land se elf tale aangetref. Oorvloed aan een kleur maak ons kultuurryk.  Ons hier van Limpopo.

So gaan ons rustig slaap en wraggies, oornag verhuis on van Pietersburg na Polokwane (Sepedi: Plek van veiligheid.) Polokwane, Limpopo.

website-agtergrond

Nou hierdie vreemde nuwe landskap strek oor 400km van oos na wes en 300km van noord na suid. Lyk op die kaart vreeslik na ‘n olifant.

Om by Polokwane uit te kom sal jy vanaf Pretoria/Tswane noord reis op die N1. Wel, jy kan ook vanaf Kaapstad of Bloemfontein die rit begn – bly net op die N1.

Reis so uur te Legend of enige viertrek motor want Minister Pothole Slaggate (Spreek uit Pot-ho-lê Slag-ga-te) is in beheer van paaie. Reis verby Bela-bela, Modimolle, Mookgophong en Mokopane. So veertig minute se reis na Mokopane sal jy in Polokwane arriveer. (As dit woes klink, hier beduie ek polities inkorrek: ry noord op die N1 verby Warmbad, Nylstroom, Naboomspruit en Potgietersrus tot jy in Pietersburg aankom.)

Polokwane roem op twee polities inssiggewende gebeure. Dit is waar die ANC vir Thabo Mbeki die pad gewys het en ons ge-Zumafiseer het. Askies, dis seker iets in die water hier by ons. Dis baie brak.

Polokwane is ook die geboortedorp van Julius Malema. Ons is so jammer. Rerig.

Oja, en ons Sokker 2010 witolifant is na ‘Kill the Boer, kill the farmer’ Peter Mokaba vernoem. Mag niks hieroor sê nie.

stadium

Behalwe die  lastige stukkies geskiedenis, is die oorsprong van listeriose (slegte poloniesiekte wat mense dood laat gaan het), hier by ons Enterprise fabriek gevind. So ons het vroeër vanjaar weer dood rustig na ‘n polonietoebie gaan slaap, en die volgende oggend bly ons in Poloniekwane. 

O, en voor ek vergeet Abrie wou dat ek hierdie relaas “Ons trek want die naamgewers is getrek” noem. Hehe!

Getrek, nee man, skoon simpel en almal kry ‘n -F vir begrotings wat nimmer klop en politieks bo dienslewering! Hulle faal klaaglik! Die riool loop hier in onse strate, mense by onse hospitale word ‘n hele dag evalueer of hulle ‘n noodgeval is of nie.

Ag ek wil nie kla nie. Gaan maar liewer ‘n teetjie teug en ‘n gemmerkoekie eet. Die poloniefabriek is steeds toe en Eskort se polonieskyfies is gans te dun.

Groetnis.