Om perspektief te bied op my lukrake verwysings na my menopouselappie, moet ek eers ‘n voorstorie vertel.
Rots het, toe ons besluit om vir botter of vir wors voor kerk en kring trou aan mekaar te beloof, hardop gewens vir ‘n dogtertjie, want sien hy kom uit ‘n huis van vier orrelpypie boeties. Twee jaar na ons troue kom die Bab ons lewe binne. Ek was baie bly vir die fraaie, nuuskierige en bekkige mensie, en het so eenkant gehoop om ‘n ou seuntjie ook in hierdie kring in te bring. Die hoop het beskaam.
Laat 1990’s beleef ek fisiese trauma.Endometriose is gediagnoseer, en die ginekeloog verduidelik die gevolge. Daar word besluit op ‘n historektomie, gedeeltelik. Want ek is pas veertig, te vroeg vir hittegloede en snorbaarde… Een ou eierstokkie sal hormone ter wille daar iewers in my binneste gelos word. Ag siestog. Ek het nogal jammer vir die halfmas in my lyf gevoel. So eenkant en net vir my oorlewing vorentoe.
Ek was op ‘n besige plek in my lewe. My werk as ‘n NRO bestuurder en amptelike bedelaar vir ‘n goeie saak amper meer as ‘n kind in my lewe. Ek onthou hoe, tydens my herstel, toe ek opdrag gege is om lam in my elmboë te bly, die telefoon nooit ophou lui het nie, en ek by die rekenaar gesit het om begrotings te laat klop, tot my gesin se ontsteltenis. My kollegas het ook nie ‘n ruiker gestuur nie, maar sulke gevogeltes in keramiek… gelukkig was dit nie kaktusse nie. Hehe. Die goete sit op die uitstalkas in my eetkamer. Ek is maar so onthouerig.
Na ses weke, gaan ek vir die opvolg ondersoek. Die dokter kyk en um en ah. Hy praat nie baie nie. Ek ook nie. Hy skryf so op die voorskrifpapier en stoot sy resep so oor die lessenaar. Premarin, hormoonaanvulling.
Ek sit so stil verstom vir ‘n eeulange sekonde. “Wanneer is daar toetse gedoen vir die nodigheid vir die aanvulling,” vra ek.
“Wat bedoel jy,” sê die arts.
“Weet jy hoe word die pille gemaak,” vra ek vererg. Net die vorige week het ek op die Teevee gesien hoe perdmerries in state van aborsie gehou word om die perfekte hormoonvervanging te maak.
“Nee dokter, ek het dan ‘n eierstok om die goed aan die gang te hou…”
Dit is soos daai oomblik in die Wilde Weste wanneer die twee ouens so na hulle gewere reik. Hy jaag my uit die spreekkamer en vertel my of ek weet hoe lank hy studeer het.
Ek, ek vra hom of hy baas van my lyf en gewete is. “En dokter, jy lyk vreeslik soos jou werk,” snou ek hom toe met die uitstap. Die voorskrif bly lê op die lessenaar.
Ek neem ‘n wilsbesluit dat as my kaalvoet oor die Drakensberge voorsate sonder hulp deur oorgsngsjare kon oorleef, ek geneties ook toegerus is om die pad te loop.
Vir ‘n aantal jare leef ek skotvry. Verander van werk, terug joernalistiek toe. En toe. Ek word gekontrakteer om vir die einste organisasie van die gevogeltes, ‘n reuse projek te loods. Ek spring oop bek en handvry in die uitdaging. Die swetery slaan net daar toe. En die gloede.
Praktiese ek koop by Mr. Price gesighanddoekies. Dit word my handelsmerk. Daar waar ek 300 ouditere toespreek en die gloede my nek laat rooipienk uitslaan en koue sweet my kuif aftap en langs my slape afloop, druk ek met ‘n glimlag die waterse af en praat aan. My kollegas en teikengehore raak my en die handdoekies gewoond. My handelsmerk. Ek grap maar oor my verleentheid, en niemand gaan dood nie.
Buiten my eie sweet afvee, werk my handdoekies hard. Dep bloed na ‘n kind val, vee trane af. Red die dominee tydens ‘n nagmerrie bye aanval. Soms pas die lappie by my klerestyl. 😉 Ek verloor my cerise lappie by Innibos, 2017. Wie ookal haar gekry het, mag sy vreugde en troos gee.
Die swetery bedaar, en my lappies word stil in die kas gebere. Tot ek so paar weke gelede met die varkweergawe van 2018 se griep platgetrek word. Ek het sedertdien nagswete soos nog nooit nie. My lappie ‘n skrale troos terwyl A.A. Vogel se nagsweetkruieraat inskop.
Dis die dat ek gister met boekvat so vinnig my lappie byderhand gehad het om my mond toe te stop sodat ek kan luister.
Soos ek hier sit en griffel, hang my lappie oor my skouer.
Fluit, fluit my storie is uit.
Ek salueer die menopausellappie! 👮♀️ Weer het jy my dag goed laat begin.
LikeLiked by 1 person
🌻
LikeLike
Ek sien nou hoekom jou naam lekkeevurig is. Welldone! Ek hou van iemand wat hom nie laat voorskryf nie.
LikeLiked by 1 person
🌻
LikeLike
Mooi man en sterkte!
LikeLike
Dankie
LikeLike
Ek salueer jou as n mede lappiemens… nou vir eers stil deur die dag maar in die aand krap ek my bed lelik om soos ek oop en toe….
LikeLiked by 1 person
😀Dis goed dat jy daardie dokter op sy plek gesit het. Die onkoloog het my destyds goed laat verstaan dat ek ver weg moet bly van hormoonaanvullings af. Ek was redelik gelukkig tot dusver – sukkel nie te veel met gloede, ens. nie. Kry soms warm en dis hoekom ek lae wintersklere haat, maar nie ondraaglik nie. Ek dink tog nog steeds ek moet dalk ‘n lappie aanskaf om in my mond te druk.
LikeLiked by 1 person
Ten minste sal ons mekaar kan eien, so met die belappiede monde…hehe
LikeLiked by 1 person
😄
LikeLiked by 1 person
Ek lag nou heerlik vir jou! Ek het lank hormone gebruik, maar toe nou besluit dit het nie meer waarde op 65 nie. Ek het nou al vyf jaar lank gloede…lyk soms soos ‘n windmeul soos my handjies waai om die sweetgesiggie af te koel.Snags baklei ek met die beddegoed…oop, toe, oop, toe.Tot wanneer dit gaan aanhou, is ‘n raaisel,maar ek leef maar daarmee saam.Gelukkig het ek baie susters in verdrukking.😄
LikeLike
Gaan Kry AA Vogel se Night Sweat Remedy by die Dischem as jy kans kry, na so tien dae bedaar als bietjie vir bietjie. Ek het ook my bloeddruk pilletjie saans begin drink, en ek verbeel my dit help ook vir die benoud. Kry die lappie ;)Groetnis!
LikeLiked by 1 person
Dankie…ek sal so maak!
LikeLike
Ek gaan ook ‘n lappie kry, vir die gloede-swete, maar as lap in die mond is, kan hy nie kou nie en ek het nou net weer ‘n hele stuk chocolat koek opge(vr)eet
Ek laaik die gevogeltes, blomme was lankal dood, nou staar hulle jou elke dag aan
LikeLiked by 1 person
Miskien moet ons so tussen dei gloede ‘n lappie-in-die-mond-verloor-gewig-klub begin…hehe. HEt self nou oorskiet pizza opgesmul! 😉
LikeLiked by 1 person
Jy is ‘n dapper vrou…. dink jy sou lappie en al oor die Drakensberge kon trek. 😊
LikeLike
Jong soms meer dwars as dapper.🤗
LikeLiked by 1 person