Toe ons nog min jare getroud is, moes ek weg vir drie dae om ‘n kursus by te woon. Rots moet vir Bab versorg. Regmaak vir dagmamma en self by die werk kom. Die kursus is vroeër klaar en ek kan ‘n aand vroeër huistoe kom. Dit was ‘n Vrydag. Angstig om weer by my gesin te wees en ook oor my kind se oorlewing. Rots kon toe nog soms vergeet hy is nie meer oujongkêrel nie. (Grappie)
Ek stop by die huis in Springbokstraat, Bethal. Dis doodstil, en die heerlikste reuk omgewe my toe ek die agterdeur oopmaak. Ek hallo maar niks behalwe die malse reuk van skaap wat bak groet my.
Ek sit my bagasie neer en trek die oonddeur oop. ‘n Ry tande en teruggetrekte lippe begroet my. ‘n Skaapkop in die oond. My gesin nêrens te bespeur nie. Daai dae het jy nog kon oorstap bure toe om te gesels en kuier.
Ek vlieg om uit die huis met die grynsslagskaap onuitwisbaar in my denke graveer. Straat af hoek toe, by ons Pikkie-vriende se huis in. Ek hoor hoe lag en gesels almal. “Jy’s vroeg,” is hoe Rots my groet. Hy kyk my so. “Jy het in die oond gekyk.”
Ek het daai aand eenkant ‘n sagte kaasbroodjie geëet.
Lang storie kort, dis 33 jaar later, en sowaar, hy het lank en geduldig gewag. Gister kom Saartjie skaapkop skoongeskrop saam huistoe.
Ek is nog net so grillerig, maar na al die jare, as jy nie kan wen nie, stap jy maar vir liefde saam. Rots se skaapkopgilde het vanaand twee ietwat gereserveerde lede, synde Bab en die uwe.
Saartjie is in sout water gebad, gespoel en met groot liefde in die buiteoond gebak. Hef aan lê voor.
Daar is soos dit in my huis gaan, opgelees oor skaapkop. Dine van Zyl se skaapkop relaas, die gewildste. Haar Boerekos kookboek is soveel meer as net resepte. Bab en ek vind haar instruksies en leiding erg vermaaklik.
Veral die gesegde “‘n ding smaak agter die oor,” het ‘n hele skaterlag relaas ontketen. Onder andere of Bab dan nou uiteindelik ‘n sib gaan kry. Ja né, daai weerlig is deur Maria en Josef gesteel. Ons lag en terg en Rots versorg geduldig vir ‘n klomp ure die buitevuur. Saartjie se glimlag al breër met elke uur wat verby gaan.
“Kyk hoe glimlag sy vir my,” kondig Rots aan die einde van die bakslag aan.
Nou ja, my oumas is saam met ander kaalvoet oor die Drakensberge en ek moet vir Bab tot voorbeeld wees. Ons sit aan met glimlaggende Saartjie so naby aan Rots se plek as wat ons kon. Jammerlappie en skerp messe getrou gedek soos Dine aanbeveel. Ek kies ‘n stukkie wang en natuurlik daai sappige agter die oor lekkerte. Mens moet mos ervaar en beleef. Bab hou ook by lappies wang.
Rots is soos ‘n kleuter met Kersfees. Dis stukkie wang, happie oor, en o vrek, daar gaan Saar se oog. Hy haal ewe respekvol die tongetjie uit, skil dit af en gee die lappies vel vir die vier honde wat soos “His masters Voice” tjoepstil sit en wag het vir hulle skaapkoplekkerte.
Bab het nie vreeslik van haar bord opgekyk tydens Rots se smulsessie nie. Net bedees dankie gesê haar steakie is amper lewendig perfek.
Saartjie wen vir Rots, die smullekkerte binne die kopbeen, moes oorstaan. Ek dink dit sal met roosterbrood bedien word, of mieliepap. Ek ssl liewer Post Toasties eet.
O ja, daai agterdie oor vleisies wat tot stoutigheid en gekriewel lei. Dis ‘n wolhaarstorie. Dis eerder ‘n susmiddel. Ons het netnou net wakker geword, tien ure se rus agter die blad.
Goeiemore!
Lekker gelees! Ek is dol oor skaap-afval, kook en eet dit graag – harsings binne-in die pensie toegedraai en alles. Die tongetjie is my en my dogters se gunsteling-deeltjie en ons vermy die oë…dis Pa s’n. So gekerrie saam met rys, aartappels en soet pampoen … njam! Maar daardie heel kop kan ek nie in die oë kyk nie.
LikeLiked by 1 person
Lekker is lekker, maar lelik word swaar mooi. Groetnis
LikeLike
Daai skaapooitjie het ‘n mooie stel tande! Ek kook graag afval, maar ek laat liewer maar die kop aan ander oor. Ek sal saam eet as ek kan, maar daar is sekere dinge wat jy nie in my huis kan indra sonder om vreeslike kommentare aan te hoor nie.
LikeLiked by 1 person
Klink of dit soortgrlyk is aan hoekom Saartjie buite gebak het….😉
LikeLiked by 1 person
😄
LikeLike
Oe, ek sal nooit dit kan eet, as die skapie so vir my kyk nie.
LikeLiked by 1 person
Ek en Bab het beskeie geproe….
LikeLiked by 1 person
O liewe land, ek gril my besimpeld…Sulke eetgoed moet mens kleintyd leer ken, voordat jy fiemies begin kry.
LikeLiked by 1 person
Praat tannie nou my taal..
LikeLiked by 1 person
Indien ons moontlik ‘n bloggerkonferensie hou, sal ek dit waardeer as Rots NIE kook nie…
LikeLiked by 2 people
Ek belowe hy sal net ribbetjie braai, die skaapkop was darem net twee keer in 33 jaar. Hehe
LikeLike
Stem saan Abrie…
LikeLike
Uhm
😆
Ek is bevrees my maag is nie sterk genoeg vir die een nie. Bygesê, ek is ‘n VREESLIKE vervelige eter. Mooi tande though.
LikeLiked by 2 people
🐑🤗
LikeLiked by 1 person
My pa was ook n skaapkopeter- gebak in die oond. Ek het nie n probleem met harsings en tande in die afval( wat iemand abders gekook het) nie, maar daardie kop in die oond voel al te veel na moord.
LikeLike
Bab en ek het ons op ons vooroumas se moed beroep….
LikeLike
Nee, nee en nee, amper sê ek fok nee. Daai is net te grillerig vir my
LikeLiked by 1 person
Jong, wat mens vir liefde doen. Hy was kinderlik opgewonde en was darem baie beleef met my en BAb. Ons het rerig geproe, maar met die oge so neergewerp, weg van die bak aan sy kant van die tafel. Ek het nogal bewondering vir onse voorsate wat elke kriesel van skaap en bees en so aan gebruik het. Hulle moes maar né. Ek het die eerste keer 33 jaar gelede baie hard fok nee gesê, die jare temper mens. Groetnis
LikeLiked by 1 person
Ek dink dis iets wat mens maar of genoodsaak is om te eet, of leer eet. Ek bewonder vir jou en Babs, dit vat baie moed om te proe, iets wat ek nog nie het nie
LikeLiked by 1 person
Share jiu sentiments….hahahaaaa
LikeLiked by 1 person
Nee jong so dapper of honger is ek nie gou nie…maar ek het jou skrywe geniet
LikeLike
Daardie foto van Rots en die glimlaggende skaapkop is komies… ek “like” dit spanne.
LikeLike
Ek sal hom sê hy het ‘n fên. Dis so lekker om jou weer te hoor. Ek dsg jy is ons verlate.
LikeLiked by 1 person
Nee, ek hiberneer en kyk al die sport vanaf die IPL krieket, Wêreldbeker sokker en nou Tour de France. Dan is dit vir ‘n jaar verby… en hopenlik kry ek weer lewe. Mooi dag vir jou 😊
LikeLiked by 1 person
Afrikaans is tog so n lekker kuier taal. Lekker gelees en die lus drip teen my mons hoeke af.
LikeLike
🤗
LikeLike
Wha ha haaaa HAAAAAAAAAA!!!
Nee… gaan verby!! Jy’s ‘n brawe dame!!
😉 🙂 😉
LikeLiked by 1 person