Kyk hoe glimlag sy vir my

Toe ons nog min jare getroud is, moes ek weg vir drie dae om ‘n kursus by te woon. Rots moet vir Bab versorg. Regmaak vir dagmamma en self by die werk kom. Die kursus is vroeër klaar en ek kan ‘n aand vroeër huistoe kom. Dit was ‘n Vrydag. Angstig om weer by my gesin te wees en ook oor my kind se oorlewing. Rots kon toe nog soms vergeet hy is nie meer oujongkêrel nie. (Grappie)

Ek stop by die huis in Springbokstraat, Bethal. Dis doodstil, en die heerlikste reuk omgewe my toe ek die agterdeur oopmaak. Ek hallo maar niks behalwe die malse reuk van skaap wat bak groet my.

Ek sit my bagasie neer en trek die oonddeur oop. ‘n Ry tande en teruggetrekte lippe begroet my. ‘n Skaapkop in die oond. My gesin nêrens te bespeur nie. Daai dae het jy nog kon oorstap bure toe om te gesels en kuier.

Ek vlieg om uit die huis met die grynsslagskaap onuitwisbaar in my denke graveer. Straat af hoek toe, by ons Pikkie-vriende se huis in. Ek hoor hoe lag en gesels almal. “Jy’s vroeg,” is hoe Rots my groet. Hy kyk my so. “Jy het in die oond gekyk.”

Ek het daai aand eenkant ‘n sagte kaasbroodjie geëet.

Lang storie kort, dis 33 jaar later, en sowaar, hy het lank en geduldig gewag. Gister kom Saartjie skaapkop skoongeskrop saam huistoe.

Ek is nog net so grillerig, maar na al die jare, as jy nie kan wen nie, stap jy maar vir liefde saam. Rots se skaapkopgilde het vanaand twee ietwat gereserveerde lede, synde Bab en die uwe.

Saartjie is in sout water gebad, gespoel en met groot liefde in die buiteoond gebak. Hef aan lê voor.

Daar is soos dit in my huis gaan, opgelees oor skaapkop. Dine van Zyl se skaapkop relaas, die gewildste. Haar Boerekos kookboek is soveel meer as net resepte. Bab en ek vind haar instruksies en leiding erg vermaaklik.

Veral die gesegde “‘n ding smaak agter die oor,” het ‘n hele skaterlag relaas ontketen. Onder andere of Bab dan nou uiteindelik ‘n sib gaan kry. Ja né, daai weerlig is deur Maria en Josef gesteel. Ons lag en terg en Rots versorg geduldig vir ‘n klomp ure die buitevuur. Saartjie se glimlag al breër met elke uur wat verby gaan.

“Kyk hoe glimlag sy vir my,” kondig Rots aan die einde van die bakslag aan.

Nou ja, my oumas is saam met ander kaalvoet oor die Drakensberge en ek moet vir Bab tot voorbeeld wees. Ons sit aan met glimlaggende Saartjie so naby aan Rots se plek as wat ons kon. Jammerlappie en skerp messe getrou gedek soos Dine aanbeveel. Ek kies ‘n stukkie wang en natuurlik daai sappige agter die oor lekkerte. Mens moet mos ervaar en beleef. Bab hou ook by lappies wang.

Rots is soos ‘n kleuter met Kersfees. Dis stukkie wang, happie oor, en o vrek, daar gaan Saar se oog. Hy haal ewe respekvol die tongetjie uit, skil dit af en gee die lappies vel vir die vier honde wat soos “His masters Voice” tjoepstil sit en wag het vir hulle skaapkoplekkerte.

Bab het nie vreeslik van haar bord opgekyk tydens Rots se smulsessie nie. Net bedees dankie gesê haar steakie is amper lewendig perfek.

Saartjie wen vir Rots, die smullekkerte binne die kopbeen, moes oorstaan. Ek dink dit sal met roosterbrood bedien word, of mieliepap. Ek ssl liewer Post Toasties eet.

O ja, daai agterdie oor vleisies wat tot stoutigheid en gekriewel lei. Dis ‘n wolhaarstorie. Dis eerder ‘n susmiddel. Ons het netnou net wakker geword, tien ure se rus agter die blad.

Goeiemore!

27 Comments on “Kyk hoe glimlag sy vir my

  1. Lekker gelees! Ek is dol oor skaap-afval, kook en eet dit graag – harsings binne-in die pensie toegedraai en alles. Die tongetjie is my en my dogters se gunsteling-deeltjie en ons vermy die oë…dis Pa s’n. So gekerrie saam met rys, aartappels en soet pampoen … njam! Maar daardie heel kop kan ek nie in die oë kyk nie.

    Liked by 1 person

  2. Daai skaapooitjie het ‘n mooie stel tande! Ek kook graag afval, maar ek laat liewer maar die kop aan ander oor. Ek sal saam eet as ek kan, maar daar is sekere dinge wat jy nie in my huis kan indra sonder om vreeslike kommentare aan te hoor nie.

    Liked by 1 person

  3. My pa was ook n skaapkopeter- gebak in die oond. Ek het nie n probleem met harsings en tande in die afval( wat iemand abders gekook het) nie, maar daardie kop in die oond voel al te veel na moord.

    Like

    • Jong, wat mens vir liefde doen. Hy was kinderlik opgewonde en was darem baie beleef met my en BAb. Ons het rerig geproe, maar met die oge so neergewerp, weg van die bak aan sy kant van die tafel. Ek het nogal bewondering vir onse voorsate wat elke kriesel van skaap en bees en so aan gebruik het. Hulle moes maar né. Ek het die eerste keer 33 jaar gelede baie hard fok nee gesê, die jare temper mens. Groetnis

      Liked by 1 person

      • Ek dink dis iets wat mens maar of genoodsaak is om te eet, of leer eet. Ek bewonder vir jou en Babs, dit vat baie moed om te proe, iets wat ek nog nie het nie

        Liked by 1 person

  4. Daardie foto van Rots en die glimlaggende skaapkop is komies… ek “like” dit spanne.

    Like

      • Nee, ek hiberneer en kyk al die sport vanaf die IPL krieket, Wêreldbeker sokker en nou Tour de France. Dan is dit vir ‘n jaar verby… en hopenlik kry ek weer lewe. Mooi dag vir jou 😊

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Dis Ekke

My vreugdes en frustrasies

toortsie.com

Skyn, liggie, skyn!

Life according to C

To become remarkable, hold yourself accountable

Holladriehoe

Hier gesels ek oor alles wat my bly maak: my taal, die natuur, kuns, die lewe.

Top40Weekly.com

The Weekly Top 40 1955-2017

No Facilities

Random thoughts, life lessons, hopes and dreams

Leeskring met een lid

Waar ons boeke saam met die seelug inasem

The Bee Writes...

oder auch "Die Bea schreibt" *** expect nothing... not even the unexpected *** erwartet nichts... noch nicht mal das unerwartete

Gedigte wat jou laat dink.

Sien die groot prentjie.

Tokeloshe

I♥2CR8

Kluisenaarsklaviere

Denke oor die wêreld, sy plekke en sy mense

Kameel se gebabbel

Waar die hart van vol is, loop die mond van oor

Kruger Theron

Stories met Siel

Daily Manna

By Heart of Worship

Justice's Blog

The fear of the LORD is the beginning of wisdom...The contents of blog ranges from Christian knowledge to my own 'nerdy' posts.

The Depth of Now

Exploring Istanbul Through Storytelling & Photography

Discover

A daily selection of the best content published on WordPress, collected for you by humans who love to read.

Wag 'n Bietjie

Welcome! Come linger a while..

The Sanity Rules

Uncommon common sense

Tannie Frannie

My terapie vir oudword

Ouch!! My back hurts!!

Life according to one of life’s truly gifted naturally born wafflers… an open diary of a Saffer in a different land... life in the greater Dublin & Leinster area. (Since 2011) My quests fuel my dreams… my dreams fuel my quests!!

Liewe Persoon

Ons het almal iemand nodig om na ons te luister

Bondels Gedagtes

Lesse geleer, en stories uit my lewensreis

penpunt

Waar die hart van vol is …

Country Living in Southern Africa

Sharing my life in Mozambique and all things country in Southern Africa

Dream Desire Achieve

The dreams you desire can be achieved, for with God nothing is impossible.

KAITLIN B. CURTICE

Kaitlin B. Curtice

de Wets Wild

Disappearing into South Africa's wild places... Again!

heart prints

live the story you want to tell

filosopete

blessedbeyondrecognition 🇿🇦

WoordNoot

Waar ek my woorde en note kombineer om my storie te vertel

Die Bordkryt

Studentekoerant

Positief

Wat jy in jou gedagtes toelaat, dit word jou lewe

Ekmyselff

dit is wat dit is, ek is ook wat ek is

'n Skrywer se blok

Kortverhale, gedigte en sommer enigiets met die lewe te doen.

Thulana

Almal om my is gek...

Vinke en Verse

Spraak-, taal- en gehoorterapeut. Kamma-digter. Lewenslange student. Reisiger. Liefhebber van woorde, musiek en Afrika. Deur Genade gered en deur Liefde vrygespreek.

Tapestry of Thought

Cilnette Pienaar weaves and unravels

bitterbossie

Die groenspreeu is 'n kunstenaar ...

Born in Providence

finding our way back to love

%d bloggers like this: