34506522_2115093135446808_1408007081264414720_n34556000_2115093208780134_7811291673031344128_n34509910_2115093742113414_3281263724614123520_n

My sussie deel vanoggend 39 foto’s van ‘n Vuisboekblad wat sy volg en sy post: “Sometimes it’s good to know where one is standing…”

Foto’s van mense wat hulle moderne hedendagse gang gaan – die man en sy hond, die ma en kind op die strand, die man wat die stoute winkel instap, se kiekies is met foto’s van dieselfde plek uit die voorjare en  oorlogjare gekombineer.

Daar waar die man met sy hond rustig loop en die natuur geniet, daar het vreesbevange mense in die Zeppelin grusaam dood gebrand. Op die strand waar die ma en haar kind speel, het derduisende manne hulle dood in wêreldoorloë tegemoet gedraf. Op dieselfde hoek waar die man die sekswinkel binnestap, het iemand jare gelede ‘n boek kom koop.

Die effek is fassinerend en tegelyk onthutsend. Kan jy jou indink as die spore van diegene wat voor jou in ‘n ruimte geleef het onuitwisbaar bly bestaan, soos ‘n weërkaasting of spieël? As jy kan sien wat voor jou in die ruimte afgespeel het?

Dink net as ons die eerste mense se voetspore,  Abraham se altaar, Jesus  aan die Kruis, die uitstorting van die Heilige gees en die wêreld wat ons voorafgegaan het soo in foto’s kon sien.

Ek glo in my hart ons sou ‘n bedagsame, meer sorgsaam met mekaar en die natuur om gegaan het.

Ons leef egter in ‘n onnadenkende, harde wêreld en die moderne mens is arrogant, met geen gedagte aan wat ons bestaan vooruitgegaan en moontlik gemaak  het nie.

Ek kry saam met Rots en Bab ook so ‘n foto  in die Bybel. Ons is almal familie – deur eeue heen danksy Jesus – Sy liefde is oral in ons verlede, hede en toekoms te bespeur. Sy handewerk is immers die spasies wat ons beset, oral waar ons gaan.

Gal3:28Omdat julle aan Christus behoort, is julle nou ook deel van sy nuwe familie. Binne hierdie familie maak dit glad nie saak aan watter volk jy behoort nie. Of wat jou status of jou geslag is nie. Hier gaan dit nie daaroor of jy ’n Jood of ’n Griek is nie, en of jy ’n slaaf of ’n baas is nie, en of jy ’n man of ’n vrou is nie. Binne sy familie is almal gelyk. Almal hier binne is nou soos een nuwe mens in Christus Jesus.
29Julle wat deel is van Christus se familie is natuurlik ook lede van Abraham se nageslag. Daarom geld al die beloftes wat God aan hom gemaak het ook vir julle. (DB)