Abrie vra in vandeesweek se skryf safari uitdaging of daar nog bordspeletjies gespeel word en dat ons vertel van speletjies wat ons speel of gespeel het.
Rots en ekke is al jare in ‘n woordestryd betrokke. Nee, man, nie rusiemaaksoort nie. ‘n Scrabbletoernooi wat al oor ‘n dekade strek. Ons speel ten minste twee keer per maand. Meestal op ‘n Vrydag- of Saterdagaand. Beste uit drie, by die braaivleisvuur met ‘n lekker koue wyntjie in ‘n skottel en die HAT byderhand – net ingeval iemand ‘n nuwe woord probeer skep. Dit gebeur soms.
Ook geliefd is Thirty Seconds, Trivial Pursuit en Rummikub.
My Bab is lief vir Monopoly speel – sy en vriende hou Monopoly-aande of ander speletjies-aande en kuier so saam.My een swaer het met sy super-Monopoly streke het my totentaal van die spel afgesit. Dit was beter om toeskouer te wees as hy saamspeel. Die blerrie dobbelsteentjies val ook permanent in sy guns! Pfft!
Vingerbakatel of vingerbord – was as kind groot pret saam met niggies en nefies en ooms en tantes as ons by Oupa en Ouma gaan kuier het. Slanngetjies en leertjies en “Pick-up-Sticks is uit die speletjie-compendium houer opgediep. Soms het kullery oorloë tot gevolg gehad en die uitende siepsom-braaiboud en stil sit in hoekies.
My pa, soos ek met die pasafgelope kinder-onthou uitdaging vertel het, was lief om skaak te speel. Hy het met groot geduld vir my geleer. Ek het nie briljant leer speel nie, maar kan ‘n goeie skuif of twee maak. Jare laas gespeel. Die samesyn, lag en geskerts om so bordspeletjie is sekerlik die grootste aantrekking.
Ons het ook baie Cluedo gespeel. “It was Colonel Mustard in the Library with a knife” – hehe. As die kinders in die familie bymekaarkom, kan jy ook weet die Uno kaarte sal iewers opduik. Dis ‘n gekwetter en gejil van formaat as daar gespeel word.
‘n Speletjie wat ons graag saam met vriendinne en niggies speel is Yunomi. Dis vet pret. Spelers kry kans om op lukrake vrae te antwoord oor ‘n mede-speler. Mens is verbaas oor wat ‘n mens weet en nie weet van dierbares! Uiteraard is daar ook dan verkskeie gesprekke wat uit die nuutgevonde kennis ontstaan, en ek kan vertel dat ‘n Yunomi-rondte ure kan neem!
Ai, hoe besef ek skielik dat soveel speletjies oor die jare die gouedraad is waaraan kosbare saamwees en onthou soos juwele skitter.
_________________________________________________________________________________________
Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel.
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=784470.
Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
Jou laaste sin is kosbaar.
LikeLiked by 1 person
Laat ek maar bieg: ek hou nie van bordspeletjies en kaartspeletjies nie. Het toenterjare skaak gespeel, maar lank al nie meer nie. Ek was nie ‘n skaakmeester nie, maar soos jy se, ek kon darem ‘n paar nie te onaardige skuiwe maak.
LikeLiked by 2 people
Jy jok Lewies. Jy is ‘n begaafde fool – speler. Min mense met daardie gawe.
LikeLiked by 1 person
Yunomi klink so oulik!! Ek is mal oor ‘n skaakbord. Ek weet hoe amal beweeg, maar ek het geen strategie nie. Ek word skaakmat gespeel in so 4 skuiwe meestal. 🙂
LikeLiked by 1 person
🤗
LikeLiked by 1 person
Lekker gelees oor al die speletjies.Dis eintlik ‘n wonderlike manier van samesyn. Ek moet egter bieg soos Lewies, ek hou ook nie van speletjies nie…seker oor ek as kind, altyd verloor het.😜
LikeLiked by 1 person
Pragtige beeld waarmee jy afsluit!
LikeLiked by 1 person
🤗
LikeLiked by 1 person
Daardie goue draad van saamwees is o so waar. Speletjies bind gesinne aan mekaar vas. Jy noem speletjies waarvan ek geen kennis het nie. Daar is egter n paar wat bekend is. Vingerbord het ek eers begin toe ek al groot was en my eie bord gekoop het. Lekker gelees hier by jou.
LikeLiked by 1 person
Dankie Scrapy dat jy gereeld kom kuier.
LikeLike
Ek geniet die storietjies baie. Kom net nie altyd by almal uit nie. Afrikaans bly nog maar my taal en ek mis dit nogal.
LikeLiked by 1 person
Nou skryf vir ons oor die vingerbord Ineke!
Ek hoor vandag dat een van die gevaarlikste diere in Nieu Zeeland is ‘n skaap en die skape self het nie ‘n natuurlike vyand nie (behalwe nou die mens). Daar is klaarblyklik geen gevaarlike jagdier of giftige insekte in Nieu Zeeland nie (behalwee een spinnekop maar daar is laas ‘n 1910 ‘n dood aangeteken danksy die spinnekop).
LikeLike
Ha ha, ja die ou spul hier is nogal heel skaapgebonde as mens dit so mag se(Hul slag my as hul weet wat ek van hul se). So nou en dan vind hul een van die afgewykte ou alleenloper ramme. Wol is driekeer die dier se grootte. Dan is hul soooo bly om die ou skaap te ontdek! Jys reg hul ken nie van skerpioene, slange en regte spinnekoppe nie. Die spinnekoppe hier is nog kleiner as dwergies. Hier is wel n “sand fly” wat mens byt met sy giftige slym(tong in kies) As hy jou n byt gee brand en jeuk dit erger as n muskietbyt.
LikeLike
Hierdie skrywe van jou resoneer in my.
Ek hou van speletjies soos wat ons inderdaad gister na die rugby gespeel het. Alhoewel ons op ‘n stadium die rugby wou afsit en begin kaart speel, Maar ‘n wonderlike wedstryd op doe ou end!!
Al die speletjies wat jy noem het ek op stadium gespeel of speel ek nog. Maar met die Yunomi you speak foreign to me.
Lekker gelees.
LikeLiked by 1 person
Ek vermoed ek sal ‘n blog oor ‘n reeks individuele spelle kan griffel. Scrabble behoort deel van enige blogger se woordeskat te wees en oor srabble kan ek ernstig ook raak. Ek en my vriend Johan wat aan kanker oorlede is se gunsteling spel.
LikeLiked by 1 person
Jou laaste sin spreek sowaar boekdele. Ek is skoon jaloers dat ek nie ‘n man het wat saam met my krabbel speel nie…. julle krabbelaande klink so lekker.
LikeLiked by 1 person