Sibusiso, ek huil saam met jou

pahuilOns gesin, soos sekerlik baie ander, is geruk deur die tragedie wat vroeër vandeesweek in Ennerdale afgespeel het.

 

Die 51-jarige Sibusiso Tshabalala het buite ‘n skool vir sy 16-jarige seun, Luyanda gewag. Dié het die betrokke aand ekstra klasse bygewoon.

Die pa, ‘n veiligheidsbeampte, het in die motor buite die skool gewag en aan die slaap geraak. Hy het wakker geskrik toe hy geluide hoor en iemand aan die deure peuter. Beangs dat hy gekaap gaan word, het hy ‘n skoot afgevuur.

“Pappa dis ek,” die laaste woorde wat sy seun ooit weer sou uiter. Die woorde en die nagmerrie sal sekerlik vir die res van Sibusiso se lewe in sy geheue ingekerf wees.

Die foto van die snikkende ouerpaar in die hof in Lenasia sal my lank bybly. Die man is op sy eie verantwoordelikhied vrygelaat. Dit is ‘n skrale troos.

Bab gesels vanoggend met ons oor die voorval, wat ook ‘n diep indruk op haar jong gemoed gemaak het. “Mamma, dis hierdie land se wetteloosheid wat daardie sneller getrek het.”

‘n Vuisboekmaat beaam my kind se gevoel. Adele skrywe dat misdaad ons land letterlik en figuurlik aan die uitmoor is. : “This makes me so angry!! Nobody wants to accept that crime is killing this country literally and figuratively. People just keep ignoring stop streets and even policemen do it or tolerate such behaviour from others. You are just as guilty as the armed CIT robbers and the reason why a man is BROKEN about killing his son. LAWLESSNESS!! And to top it all, we are all so super alert and scared to put a foot out of our homes, that this thing will happen more and more. ENOUGH IS ENOUGH!!”

Ons gil baie na sulke gebeure. Ons gil:

  • Dat ons nie meer vry is nie.
  • Dat ons bang binne en buite ons huise is.
  • Dat ons gewapen buite ons kind se skool wag, en dat jy gedurig bewus is dat jy ‘n sagte teiken is.
  • Dat kapers en rowers het geen agting vir menselewens nie.
  • Dat dit wat jy in die sweet van jou aanskyn verdien, met aasvoël-oë begeer en toegeëien word, omdat iemand nie werk het nie, agtergeblewe is…
  • Blah, blah, blah!

Nee. Dis nie alles waar nie. Ons het saam met misdadigers die sneller van Sibusiso se geweer getrek. Elke keer as jy die wet oortree, word Luyanda geskiet. Elke keer as hospitaalpersoneel staak en hospitale verwoes, elke keer as taxi bestuurders oor rooi ligte jaag, en sommer van binne bane afdraai, elke keer as jy die verkeersbeampte se omkoop versoek aan voldoen. Daar gaan elke keer koeëls deur Luyanda wanneer die wet oortree word. Want sien Luyanda is Suid-Afrika. Gyselaar van Mad Max wetteloosheid. Wie sal ons bevry?

Sibusiso, jy ken my nie. Ek wil net sê ek is jammer dat ons nie een meer veilig is nie. Ek het ook nie die antwoord of oplossing nie. Mag jy en jou vrou groot dosisse genade ontvang om hierdie seer te deurleef. Mag Luyanda se dood vir iets staan. Ek bid vir julle en ons almal.

 

 

8 thoughts on “Sibusiso, ek huil saam met jou

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.