Hierdie week is Kameel van Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie die gasvrou vir ons skryf-safari aangebied deur Dis ekke in lyn met Lê-jou-eier.

FB_IMG_1509622669449

Die kleuter kan nouliks haar opgewondenheid in toom hou. “Anja, jy gaan ‘n gat in die sitplek wriemel,” lag Jan terwyl hy die oprit indraai.

Terwyl hy die motor afskakel sien hy hoe Alanie, omraam deur die houtvensterraam, vars geknipte rose in ‘n erdebeker rangskik. Sy staan met haar gesig weg van die straat, klaarblyklik diep ingedagte.

Klein Anja woel met die sitplekgordel en vlieg by die motordeur uit, in volle vaart. Jaco drafstap agterna.

“Ouma, ouma! Ons is hier!”

Die rose val uit Alanie se hande en sy draai om. Net betyds, want met twee armpies uitgestrek, storm die krullebolkind, met sproetjies oor haar neusie gestrooi, op haar af.

“Anja, my asjas! Jy word yslik groot!”

Die weersiens is kosbaar. Alanie hou haar kleinkind styf vas, en kyk op. Haar oë ontmoet die van haar man. ‘n Hartseer glimlag speel om sy mondhoeke.

Die lewe sonder Jaco en Seugnet na die ongeluk. ‘n Lewe as voogde vir hulle kleinkind, die uitkoms van ‘n uitgerekte hofgeding tussen twee stelle grootouers.

‘n Nuwe lewe, deur verlies en pyn boetseer lê voor. Soos die gekneusde roosknoppe in die vensterbank, vanoggend nog sterk en fier in die roostuin, nou geknip om laaste kleur en geur in die erdepot uit te leef.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=781709

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).