Die skets het my aan die pieker oor al die nare en seer goed in soveel Suid-Afrikaners se binneste. Ons nodig almal ‘n goeie uitryg.
Dis nie net hartseer en verdriet wat ons uit ons gestelle moet kry nie. Dis rassisme na alle kante toe, dis onvergewenisgesindheid, haat, seer, woede, vooroordeel en aannames.
Ek lees onlangs ook die brief op die Vuisboek raak: “We must go back to the basics of humanity that demand that we do not hurt others. And that is what we must inculcate in our children.We must teach them love, compassion, empathy and respect. The last thing we need is polarisation. We have a moral obligation to fix all this by getting together as humans.” – Mpho Mabala by e-mail Sowetan 17 May 2018
Mpho se stem is ook my stem. Maar ek dink dit is nie net kinders wat liefde, empatie en respek moet aanller nie. Die jeug, die middeljariges, die mense van Suid-Afrika deur die bank het kopskuiwe nodig.
Hoe verskriklik die arrogansie van die studentemoordenaar wat obsene tekens in die hof gooi nie -gevoelloos vir die lewe wat hy geneem het en argeloos jeens die mense wat ‘n geliefde verloor het. Dat daai Griek in Port Elizabeth en die Indiër hier in Poloniekwane nie eens besorg lyk en nie skroom om letterlik met moord te probeer wegkom nie. Hulle is seker net soos die monster van Mooinooi oortuig dat daar vanweë onkapabelheid ‘n fout deir die polisie gemaak sal word en dat die deur na vryheid nie agter hulle sal toeklap nie.
Ek het verlede week oopbek gekyk na ‘n selfoonopname van ‘n dubbele transitoroooftog aan die Rand. Flippit, so ewe hurk van die diewens op straathoeke om die vasgekeerde geldwaens. Motoriste draai vervaard weg, die waens ontplof en metaal skiet deur die lug. Gou is ‘n span besog om geld in wegkommotors te laai. Die uitkyk met hulle groot gewere drentel na ‘n silwer sportmotor, oor en uit.
Respek en agting vir die gereg, die verkeersman, die hof, die vlag van ons land, vir mekaar. Dit ontbreek geheel en al.
Omkopery vier hoogty. Jy word gestop en as jy nie wil omkoop nie, kan jy perdalks gefoeter word tot jy van plan verander.
Ontevrede oor ander werk het en jy nie – ag gaan blokkeer ‘n hoofweg en steek vragmotors aan die brand. Dreig die bestuurder mer die dood. Dra die inhoud van die lorrie weg voor jy brandstig.
Hou nie van die politiek wat ‘n ander ou bedryf nie. Brand sy huis af, skiet hom dood. Geen probleem.
En dan is daar Ashwin.
Dié storm dun van nerf van die Supersportstel af, in die middel van ‘n lewende uitsending. Ek verstom my dat ‘n handvol Twitter gebruikers in Suid-Afrika die juts, jurie en laksman is, alvorens daar ordentlik ondersoek ingestel is. Tot die Minister van Sport en die DA leier het reeds besluit hulle ken alle kante van die saak. Ek is so verbaas soos die Supersportvrou, Motshidisi Mohono! Ek lees oral rond, en die een storie wat net een keer geopper is,van binnebronne wat vertel dat agbare Ashwin ook maar geraamtetjies in die kas het as dit by sy professionele gedrag kom…
‘n Mede-blogger, Chantelle het vir die man ‘n brief geskryf. Ek dink ons almal kan dit ter harte neem. Gaan lees:
https://wordpress.com/read/feeds/21765254/posts/1863485129
Ek bid ons almal leer om reg te kies en in my hart hou ek styf vas an Harry en Meghan se vurige predikant se boodskap, want ek wil doelbewus en feitelik lewe en die hoop beskaam nooit.
Die prentjie praat diep ne…
Kan ons almal maar nie net mekaar lief he – Of dalk kan ons mekaar net deur vergifnis oge sien, of net saam sit en huil tot ons almal beter voel en die bande van hoop kan optel.
LikeLiked by 2 people
Die droewigheid van hierdie land is dat baie mense verkies om slagoffers te bly. Dan is daar die grootbekke met witbrood onder die arm, wat heeltyd kritiek lewer op ” hulle”. Ons het regtig ‘n massiewe kopswaai in alle rigtings nodig.
LikeLiked by 1 person
Ek kyk net na jou prentjie en daar loop die trane. Wens ek kan voor iemand gaan staan wat die seer so uit my binneste wil ryg.
LikeLiked by 2 people
en die bang, die selfverwyt, die onsekerheid, die verlange, die kwaad …
LikeLiked by 2 people
Jy verstaan Hester.
LikeLiked by 1 person
Ek glo ons hele land ly aan depressie. Almal het gewoond daaraan geraak om ontevrede te wees oor alles. Dis net slegte nuus waar jy kyk. Dit gaan lank vat om te verander. Aar dit sal help as die regering en die polisie hulle jobs begin doen.
LikeLiked by 1 person
Ek waardeer jou prentjie. Vir my voel dit net soms dat niks en niemand sommige van ons se sienings kan verander nie, dat die haat en nyd in die bloedstroom geland het.
LikeLiked by 1 person
Al wat ek hierop gaan sê is…. ek is skoon verlief op die swart pastor se troue/liefdes preek…
LikeLiked by 1 person
Ja die boodskap van liefde van Jesus Christus het met die troue by plekke ingedring waar dit nooit andersins die geleentheid gehad het om in te dring nie.
En dan is daar Ashwin en aannames ep professionaliteit 😦
LikeLiked by 1 person