Skryf-Safari gasvrou Scrapy vra ons moet skryf oor dieremaniere. Ek wil nie op die oomblik oor my bitterlike bedorwe en stout hondekinders skryf nie. Julle sal dink ek is nie lief vir hulle nie.  En dis nie waar nie, ek laaik hulle net nie want my mooi mat is opgevreet en die opslag palms is uit hulle potte geruk en die nuwe gras in omgedolwe, en daar is modderpatrone op my beddegoed en teen die kantgordyne in Bab se kamer.  Rerig hulle gedra hulle soos varke! Sela.

Maar terug by iets meer ernstig. Wat ek ironies vind is wanneer diere iets edel doen, soos om iemand te red uit vuur, of van verdrinking of ongeluk wegkeer, is die diere soos mense, word mens se mooi  karakter aan die diere toegedig. Maar o,weë as mense vieslik en aaklig optree, is hule soos diere!  Dink nie dis baie regverdig nie, of hoe?

 

Ek is nie vandag vreeslik relaserig nie, kom ons lag liewer vir diere met mensmaniere. Ek weet sommer weer hoekom ek meer van diere as mense hou….selfs al maak my brakke my vieserig. O en die twee daar aan die begin, dis hoe ek sal wees as ek ‘n brak so wees, boekerig en wynerig.

 

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=780871

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).