In in wêreld vol vulkaniese uitbarstings, selfmoordbomme, skoolskieters, moorde, transitorowe, wetteloosheid en hatigheid, is dit maklik om in sak en as te gaan sit. Ek is besig om ‘n boek getiteld “Factfulness” te lees, nee wag, eerder op te swot, want ek wil doelbewus my siening en kewensuitkyk verander. Doelbewus myself in my geloof in God en ‘n ewige lewe setel en met ‘n feitlike lewensbeskouing my pad verder stap. Meer daaroor anderdag.

In die gees van vernuwing, skop ek af met my tweede ‘Ek laaik’ blog inskrywing. Dit het heeltemal te lanklaas gebeur.

My groot laaik vir die maand dusver is die verlowing van Chris Chameleon en Daniella Deysel. Ek is gek na die twee en was kinderlik verheug oor die nuus. Hulle liefhê is tasbaar, en mooi. Ek sal altyd onthou hoe ek die liefhê kon sien verlede jaar by Innibos.

Gaan koekeloer hulle aankondiging

My tweede laaik is Marita van der Vyver wat 60 op die neus slaan. Lees self wat sy te sê het: “Daarom gaan ek nou soos ’n nuweling by ’n Alkoholiste Anoniem-vergadering opstaan en in die openbaar verklaar: “My naam is Marita en ek is 60.” –Marita van der Vyver in Terugblik op 60: Wat wou ek hê

En dan, Harry en Meghan se troue. Ek sit saam met my Bab en Mieliekind gehoed en sjerrie in die teekoppie en troue kyk. So lekker dat ons na ‘n sprokie kan kyk. Dat ons die wêreld kan stop en sommer net laf wees en bly wees saam met The Duke and Duchess of Sussex. Kudos vir hulle om sewe welsynsorganisasies aan te wys vir skenkings pleks van trougeskenke vir hulself. Bravo!

Meghan Markle Prince Harry