Soggens voor Boekevat, lees Rots en ek albei die Beeld-oppie-tablette met brakke wat stoei vir aandag en hulle happie beskuit. Dan reis ons soggens en saans so halfuur te Legend werk toe en terug. Ons is plaaspendelaars, as jy wil.
Hierdie saamweestyd gee ons kans om saam te pieker oor die nuus van die dag. Ons noem ons rit in die Legend ons bromme-ry, ons “growlery.”
So bromme-ry ons vanoggend:
Twee kante van die munt – Interessant dat in die VSA meestal swart minderhede verdruk, gemarginaliseer deur die lewe gaan. Hier aan die Suidpunt van Afrika is dit toenemend ‘n wit minderheid wat voos verskreeu en verguis en verdag gemaak word. Ironies is dat die meerderheid in Suid-Afrika identifiseer met hulle Amerikaanse eweknieë. Oi, die struggle is verby! Tyd om die bogger-ops te erken en brue te bou. Max du Preez sien dit ook so, uiteindelik is ons en hy op een bladsy. Hy kan partykeer mens vies maak, maar nie die keer nie. Kom ons maak paaie en damme reg, kom ons verbeter gesondheidsorg en opvoeding, doen iets omttrent werkloosheid.
Padlangs- Kan ons met Outsurance reël dat elke dorp puntsmanne kry? Ons spietkops is nêrens te sien nie, onlangs is dertien van hulle arresteer. Korrupsie, jy weet. Die wetteloosheid moet einde kry. Hier in Poloniekwane mag jy selfs uit die derde baan regs of links deur ‘n kruising bliksem, jy sit net jou flikkerlig aan en dan mag jy. En slegs draai bane, wtf…defensief bestuur is al raad. Groen ligte beteken tel eers tot tien, want iemand met meer ryregte as jy gaan nog eers deur die kruising teen die rooi jy moet stop se vermaning oor gejaag kom. Die duiwel jaag mense hier in ons geweste iets vreeslik.
Nuussoekerig – Afriforum, hou op om soos die Kardashians nuusopskrifte van spookasem te skep! Flippit man. Los Grace en Dudu en kom ons maak kleuterskole oop, skep werk. Of los dit en word ‘n politieke party sodat julle saam met die slapers kan kef in die komedie wat ons parlement is
Sjarrap – Mooi so Prez C! Sjarrup was nou miskien bietjie kras, maar jy het gewys jy is nie JZ wat maar gaan sit het tot Steenhuysen en Juju en kie klaar geskreeu het nie. Jy het goed om te sê en daar is goed aan die verander – Krygkor en Eskom en so aan. Dit voel soos die lig van jou “New Dawn” en nie die soustrein se naderende lig aan die einde van ons donkertydtonnel. Skaam die boelies om nie hulle gedrag te verander nie. Nadat jy jou sê gesê het, en jintelman wat jy is – het jy later aksies gesê.
Rugbytrots – Wat van ons het ‘n trotse Afrikaner rugbyspan soos Nieu-Seeland ‘n trots Maorispan het? Dit sal dan ons rugbypassie tot erfenisaardigheid verhef en dan kan die kwota issue tog assefokkiblieftog begrawe word en al die kindertjies saamspeel soos hulle wil of nie. En flippit, waar is die Indiëroutjie in ons Bafana span – ek vra net?
Jy hoef nie saam te stem nie, dis maar net ons bromme-ry gedagtes.
Groetnis tot later liewe b(l)oggers.Hehe.
Daai manne en maninne van Pieter-se-poloniekolonie-Burg vat geen prisoniers nie. Na die laaste paar maande se gereelde heen-en-weer Noorde toe raak selfs die skrik-vir-niks Haailaks half steeks as ons Noord draai op die N1.
Oor die sirkus seg ek niks. Ek is baie meer onsteld omdat Angie’s G Spot Maandag afgebreek is omdat hulle bure nie die son oor iemand anders kan laat skyn nie.
LikeLiked by 1 person
Ja, daai son vir niemand anders is ‘n lelike ding endemies aan onse mense. Sorry, Klong vir jou pyn oor Angie se kol 😉
LikeLike
Mal oor julle tyd saam, klink na great ding om te doen
LikeLike
Ek hou van al jou gedagtes.
Wat is die storie oor Angie’s? Dalk gemis toe ek weg was.
LikeLike
https://www.knysnaplettherald.com/News/Article/National/sheriff-clamps-down-on-angie-s-g-spot-201805070335
LikeLiked by 1 person
Ai toggie…politiek!
LikeLike
Pffft….
LikeLiked by 1 person
Weet julle hoe impressed is ek dat daar nog ander mense is wat weet van Angies. Punte Perdeby. Punte!
LikeLike
Ek wil nie snaaks wees nie, maar daai sjarrap was reg in die kol. Ek weet nie hoe hulle ooit enige werk gedoen kry met al daardie interruptions nie.
LikeLiked by 1 person
Ek stem. Dit was soos ‘n sweepklap.
LikeLiked by 1 person
Ek wou niks sê daaroor nie, maar toe ek gaan kyk het ek so wragtagwaar ‘n storietjie oor die sirkus. So nou wil ek iets sê en ek gaan dit sê. En ek gaan nie sharrap vir ‘n antwoord vat nie!
Enige ooreenkoms met persone en/of gebeurtenise huidiglik en/of in die verlede is blote toeval…blah blah fishpaste
Die langslopende televisiereeks in die land moet sekerlik die sirkus wees. Ek kan wraggies nie aan een ander program (behalwe die nuus) dink wat so lang ononderbroke strekking gehad het nie. Die sirkus het oorspronlik by ons aangeland van oor die groot water af as ‘n sindikaatprogram met die naam People on Lavish Income Training in Corruption and Sneakiness oftewel P.O.L.I.T.I.C.S. Sommer gou gou is die naam aangepas na Suid Afrikaanse toestande toe en het P.O.L.I.T.I.C.S. Nat Partytjie oftewel N.P geword
Nou die eerste hoofnar van die N.P. sirkusgroepie wat ek kan onthou was ‘n komediant met die verhoognaam “groot krokodil” Sy kenmerk toertjie was so skewebek gesig terwyl hy met sy vinger driftig in die lug beduie het. Dan het hy iets gebulder van die rubicon. Ek was nog te jonk om te verstaan, maar ek dink die oom het gesukkel met sy rubiks blokkie.
Ou krokodil is opgevolg deur ene Flat Wheel. Die ou was regtig nie snaaks nie, maar soos my oorle pa altyd gesê het, hy was miskien ‘n kaal kol met hare om maar hy wassie ‘n poephol nie! Flat Wheel het ‘n onafhanklike sirkusgroep gekontrakteer om die komediefunksie te verrig. Het ek al genoem dat die N.P. nie die enigste sikus in die dorp was nie. Verskeie kleiner onafhanklike sirkusse het ook bestaan, en die hoofnarre by van die kleiner sirkusse was nogal regtig snaaks. Ek onthou spesifiek een wat soos my oom op die plaas gelyk het met vaal veldklere en ‘n digte baard en wat groen onderbroeke gedra het en kort-kort van sy perd afgeval het. Ek dink sy naam was EeTee. Hy was so goed dat Stephen Spielberg later ‘n fliek oor hom gemaak het.
Maar ek dwaal af. Die hoofnar van die onafhanklike sirkusgroepie wat deur Flat Wheel gekontrakteer was, was so goed dat hulle sommer later die hele N.P. sirkusgroep uitgekoop en die naam verander het na Another New Circus oftewel A.N.C Daar is tot ‘n liedjie ter ere van die eertydse hoofnar van die A.N.C Dit gaan so: ♪ . . . and the seagull’s name was Nelson, Nelson who came from the sea . . .♪ omdat hy blykbaar oor die see op ‘n eiland gewoon het. So groot was die buiteland se belangstelling in Suid Afrika se sirkus, dat ‘n hele nuwe sirkus gestig moes word wat spesialiseer het net in dieretoertjies. Daarin was bulle, leeus, cheetahs, olifante, griffons, haaie, valke, poemas en selfs ‘n paar springbokke. Hierdie subdivisie van die A.N.C. sirkus staan bekend as Rowwe Utte Gooi Baie Ys oftewel dan R.U.G.B.Y, maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag.
Nadat Nelson se twist verander het in ‘n skuifel, is hy opgevolg as hoofnar deur so koddige kort mannetjie met ‘n kromsteelpyp. Sy optredes het blykbaar iets te doen gehad met meubels as mens na sy verhoognaam kyk, maar niemand het dit ook gesien nie want hy was permanent oorsee besig met navorsing en het nooit by sy eie sirkus opgetree nie. Dan is dit seker ook nie snaaks dat hy kort voor lank deur die sirkusbestuur afgedank is nie. ‘n Temp het sy plek gehou terwyl daar na ‘n nuwe hoofnar gesoek was.
Dit het ook nie lank geneem om die volgende hoofnar op te spoor nie, en vir ‘n kort rukkie was dit ‘n tweeman vertoning. Ene Jakob Stortkop en Julius Mal –Enema. Ek vermoed hulle noem hom Mal-Enema want jy kry nogals so pyn in jou jy-weet-waar as hy sy verskyning maak. Bitter min was oor hulle bekend in die vroeëe stadiums, maar daar is berigte dat hulle dalk Mafia verbintenisse kon gehad het. Dit spruit uit beweerde voorvalle waar Stortkop gevra het iemand moet vir hom sy masjiengeweer aangee, en by ‘n ander geleentheid waar Mal-Enema glo gese het hy sal iemand vermoor wat nie vir sy vennoot se toertjies lag nie.
Soos dit ongelukkig nou maar is, het die twee vennote stry gekry oor die verdeling van die inkomste, en Mal-Enema moes uitspring en sy eie toertjie begin. Deesdae tree hy op in ‘n oorpak en rooi beret vir ‘n onafhanklike sirkusgroepie met die naam EFF. Dit is nie bekend of die naam ‘n akroniem is nie, maar daar word beweer dat dit so genoem is na aanleiding van sy punte vir sekere skoolvakke. Jakob Stortkop se sirkus floreer met die nou openlike borgskap van ‘n mafia venoot en toegang tot die staatskas van ‘n klein Afrika landjie.
Hoe dit ook al sy, ons het ouder gewoonte weer sitplek in die voorste ry en ons wag in spanning vir die vertoning om te begin.
Viva Suid Afrika! Lank lewe die sirkus
LikeLiked by 1 person
Ek het ook “gesmaail” vir ons se CR se “sharrap” ek hou vd man wat sy hande so vol het met onse mense…
LikeLiked by 1 person