Dit was een van daardie chaotiese dae, nee wag , dis Maandag van ‘n vol week. Blogger Una het haar dag gekanselleer. Ek kon nie. Tussen die hoelaboela en wikkel kom die vier interessante goete hieronder so oor my rekenaarskerm aangesweef.
Nogal motiverend. Ek laaik. En toe dink ek “there, but for the grace of God, go I.” Nie meer nie, beslis nie meer nie.
Die foto hierbo is myne – my pols met die komma-punt, omdat my lewe vol tweede kanse uit genade is. Goed het gebeur, maar my nie uitgewis of tot stilstand soos ‘n punt gebring nie. Nee, meer dikwels laat asemhaal, soos ‘n kommapunt, want nog meer volg.
Die woorde:”Chariti de theo eimi ho eimi – by the undeserving grace of God, I am what I am.” – Paulus se wyse woorde. (Oor die armband sal ek annerdag vertel)
Kyk nou die lesse oor die eter gekomen:
- As jy weer dink jy het ‘n gemors van jou lewe gemaak….
2. As jy dink jou lewensstorie in nikswerd….
3. As jy wil inpas/aanpas/skik/minder outentiek as jouself probeer wees…..
4. As jy onpas/uitpas/mispas voel….
Nr 3 s ‘n bevrydende lewensles.
LikeLiked by 1 person
Ek kan nie vandag my lewe like nie; ek sal môre weer probeer.
LikeLike
More is amper hier. Wens ek kon saam jou langs die see gaan stap. Groetnis.
LikeLiked by 2 people
Wens ek kan by die see gaan stap, maar vandag deel ek pille uit vir stupid – en die ry is lank.
LikeLike
Ek hou van Frida Kahlo se gedagte…dis baie bevrydend vir mense wat voel hulle pas nie in nie.
LikeLiked by 1 person
Nr 1 en 2 is my gunstelinge! Veral nr 1, ek gaan dit op my spieël skryf! En dan vir myself lag.
LikeLike
Ek is mal hieroor en sulke great keuses met die prente. Baie dankie vir die deel hiermee, baie waar. En Frida…dink sy was sommer net amazing.
LikeLiked by 1 person
Frida is die onbeteulde in ons almal. “Rebel because…”-ons is elkeen uniek.
LikeLiked by 1 person
Nogal lekker lesse vir n Maandag
LikeLiked by 1 person
“Goed het gebeur, maar my nie uitgewis of tot stilstand soos ‘n punt gebring nie. Nee, meer dikwels laat asemhaal, soos ‘n kommapunt, want nog meer volg.” – hierdie is so goed gesê.
Dankie, ek moes vanoggend hier by jou kom lees. Die lewe druk soms meer as net ‘n Maandag lank.
Ek is ook MAL oor Frida. ❤ Besonderse kunstenares.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie vir die deel, was weer nodig om al hierdie te lees. Snaaks hoe baie ek die laaste tyd terug kyk en baie dink oor my lewens “storie” miskien moet ek minder dink, weet nie hoekom dit deesdae so oor my “hang” nie.
LikeLike
Dis deel van ouer word. Daai dag wat jy besef meer tyd op die ondermaanse is verby en minder oor. Ek het vanoggend so mooi gelees, mens moet onthou om so met die terugkyk die bakens wat God geplant het raak te sien. Mooi en besielend,né. As ons so gaan terugdink oor ons stories, sal ons genade sien en ook dat ons almal waardige stories het.
LikeLiked by 1 person
Mens moet onthou om so met die terugkyk die bakens wat God geplant het raak te sien.
Hierdie is nou wraggies mooi woorde!
LikeLiked by 2 people
Ek lees jou as-jy lesse eers vandag. Hierdie is so mooi geskryf, die woorde, die prentjies als. Dankie
LikeLiked by 1 person
Sjô, ek hou hiervan!!
LikeLiked by 1 person
Hoe bly is ek dat ek vandag so in ‘reverse’ lees en op hierdie woorde beland het.
LikeLiked by 1 person
Ek glo nogal waarna jy soek, soek ook na jou ala Rumi. Dankie vir die inloer. Groetnis
LikeLiked by 1 person
My p/a het ook die komma iewers tussen haar baie tatoos….😊
LikeLiked by 1 person