Veel berese Una se skryf-safari uitnodiging vra my om ‘n kronkelpaadjie die woud in te loop. Liewe Una, ek kan nie. My pad foeter links weg, ongebaan. Want ek is moeg van hierdie wêreld se reëls en rigting. Ek wil wegdraai. Daar waar ek kan asemhaal en volkome my siel te wees, sonder verpligting of vrees. Dis daar waar ek kan dink en droom en waar woorde magies in snoere ryg. Robert Frost vertel mooi.
Die plek waar ek ‘n holte vir my voet kry het baie boeke. Boeke waarbinne ek kan reis en reis. My kan verwonder hoe elke skryfsel uniek glinster soos geen juweel wat jy jou kan verbeel, onbevange. En miskien, kry ek my woordsnoere ook ingeryg, sodat ‘n ander woordsoeker weer sy plek deur my kan kry.
Coenie de Villiers verwoord die plek waarna my staptog lei tog so mooi:
Daar’s ‘n plek wat ek van weet
sonder sorge sonder pyn sonder leed
die pad daarheen is ongekaart
die reis daarheen is sonder vaart
en daar is rusplek langs die pad
die son se geel word jou sambreel
op jou reis tot waar die pad se vurk verdeel
die een se slingerspoor word dof
waar dit wegloop in die stof
maar die ander lei tot hier
want hier sal jy vind dat jy
steeds deur die oë van ‘n kind
die lewenspel speel
granate van onskuld kan deel
om weer vir ‘n oomblik
die kennis van kwaad te ontken
om weer te kan glo wat jy het in ‘n gawe van bo
daar’s ‘n winterlose oord
waar ‘n mens nog steeds die ure ongestoord
op die telraam van die tyd
sonder spyt of klein verwyt
soos seisoene af kan tel
knip jou deur se grendel dig
sluit jou vensters en jou luike teen die lig
pak jou drome vir die reis
jou hart sal jou die kronkels wys
om ongeskonde hier te kom
want hier sal jy vind dat jy
steeds deur die oë van ‘n kind
die lewenspel speel
granate van onskuld kan deel
om weer vir ‘n oomblik
die kennis van kwaad te ontken
om weer te kan glo wat jy het in ‘n gawe van bo
‘n gawe van bo
‘n gawe van bo
Hierdie week se uitdaging word aangebied deur travel460 van die blog Bali Drome.
Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=778471
Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
Magiese woordsnoere…Lekkervurig, was dit jy wat die aanhaling op jou blog geplaas het, iets soos “…combing through the detritus of your life to make sense out of it all” – daardie snoer spook by my en nou kan ek dit nie weer opgespoor kry nie.
LikeLiked by 1 person
Frannie, ons moet maar saam gaan terugstap, sweerlik het3 iemand slimmer as ekke daai string geryg. Nou is ek ook getoor.
LikeLiked by 1 person
Ek het dit tot al probeer googleloer, maar kon niks kry nie. Dis so treffend.
LikeLiked by 1 person
Ek sit in ons gastekamer, het gou hier kom wegkruip vir al die naweek mense, en ek raak vasgevang in jou droom. My asem is skoon kort toe ek eers die aanhaling lees, en toe Coenie se woorde. Jy het jou siel hier kom ontbloot, en my toegelaat om daardeur te kan kyk. Dankie vir hierdie skrywe, Lekkervurig.
LikeLiked by 2 people
Dankie Una. Mens mag droom nê. Dink Coenie skryf oor ons ewige huis.
LikeLike
Baie mooi saamgevat. Lyk my ons het elkeen so nou en dan ‘n wegholplek nodig, maar julle moet darem belowe om weer terug te kom sodat ons verder kan speel.
LikeLiked by 3 people
Jy skryf sooo mooi.
LikeLiked by 1 person
Dankie Toortsie
LikeLike
Besonderse lied
Besonderse foto
Besonderse vrou
LikeLike
Haai, dankie Abrie.
LikeLike
Ek het nou verlore geraak hier in jou skryfsel…pragtig!
LikeLiked by 2 people
Dankie Perdebytjie
LikeLiked by 1 person
Lekker gelees.Ek deel jou versugting, maar ek dink ek is tans op so ‘n plek, fisiek en geestelik.
LikeLike
Ek is jaloers, smag na my Karoo huis — want dis my plek, maar ek moet eers ekonomie pleeg
LikeLike
Verstaan daai ekonomie pleg ding, het 40 jaar daarvan agter die blad.
LikeLiked by 1 person
O jinne, vir my en Rots voel dit of ons gaan werk tot een voet op die piesangskil en die ander voor die krematoriumdeur is. Groete
LikeLiked by 1 person
Pragtig man. Nostalgies en diep. Daar is tog altyd versugtinge wat n mens besig hou. Ek hoop jou droom bring jou op einde terug na jou rustige tyd waarna jy uitsien.
LikeLike
Ek is besig met ‘n aksieplan, Scrapy. Ek is besig om aan daai droom te werk.
LikeLike
Dis goed om te hoor. Mens moet so bietjie vooruit werk om darem so deeltjie van jou drome te verwesinlik. Dis belangrik vir liggaam en siel.
LikeLiked by 1 person
My Rots het juis gister so mooi gesê ons twee se Karoohuisie en -droom het ons deur ‘n paar keer se swaar staande laat bly.
LikeLike
Sal dit goed glo. Mens moet so-iets he om staande te bly.
LikeLike
Abrie jy is verdwene…..
LikeLike
Lekkervurig jy is voorwaar ń skilder met woorde, dankie vir hierdie mooi wat jy met ons deel.
LikeLiked by 1 person
🤗
LikeLike