Wat maak jy as jou asem opraak en jou moeg se moeg se moeg met jou ploeg. Wat maak jy as jy nie meer kan of wil nie? Jy raak stil en sit jou moeg en seer voor God se voete neer, en sing jou lewenslied voor Hom uit. Soos Job.
Job van Hoofstuk 1 in die Bybelboek is reeds platgeslaan, maar uit sy mond kom net lof. Ek sit altyd, wanneer my asem opraak en ek wraggies nie meer weet nie, maak my oë toe om Job hier in die eerste hoofstuk op te roep. Want hy het lank voor my diepe trauma beleef en oorleef.
Vanoggend beskryf Stephan Joubert Job se lewe as ‘n lewenslied van epiese proporsies al is hy gekarnuffel deur die lewe.
Iemand het met my skoonma se dood vir my gesê sy admireer ons gesin, want midde-in on seer sing ons soos die Australiese thornbird. Die legende is dat wanneer dir voëltjie, prooi van wat ons as ‘n laksman ken, deur ‘n doring deurboor, sterwend, aan ‘n tak hang, die thornbird sy mooiste lied fluit. Sjoe.Ons het nie so gevoel nie, maar wat die vrou gesien het was dat al was ‘n swaar verlies, ons ma se geloofsvoorbeeld en lewe het ons genoop om in lof en liefde deur die swaar te werk. God se genade was ons steun om ons beste in ons swaartste tyd te wees.
Job het sy geloof in God nie een oomblik laat weifel nie. Van Hoofstuk 1 tot 42 is daar uit alle oorde – sy vrou, sy vriende en selfs sy eie gemoed – aangepor om sy geloof te verloën. Job se geduld en geloof het gewen. Lof deur seer en pyn en twyfel. Kyk net hoe eindig Job se lewenslied.
“…Die Here het gesorg dat dit baie beter met Job gegaan het in die tweede deel van sy lewe as in die begin. Hy het nou sommer baie vee gehad. Daar was 14 000 skape, 6 000 kamele, 1 000 spanne osse en 1 000 donkies.” Job 42:12 DB
Lekkervurig, hier kom inspireer jy my nou vanoggend ordentlik met jou skrywe. Ek en Job is ook groot vriende, sy lewe en sy woorde, sy vasbyt, ek val ook maar altyd terug daarop in moeilike tye. Die Australiaanse Thornbird storie ken ek nie, maar dit is verstommend. Ek gaan van nou af ook daarna verwys, eerstens vir myself, en soms vir ander. Dit is ñ wonderlike voorbeeld vir die mens, “Put on the garment of praise for the spirit of heaviness.”
LikeLiked by 1 person
Wat ‘n vertroosting!
LikeLiked by 1 person
Sjoe hoe nodig het ek hierdie nou gehad. Vandag ploeg my moeg met my ook en lê die trane vlak, maar nogtans sal ek juig en jubel in my Here. Hy is steeds in beheer. Baie dankie hiervoor.
LikeLiked by 1 person
Dis inspirerend dankie Lekkervurig. Die Thornbird storie tref diep!!!
LikeLiked by 1 person