Umberto Boccioni se skildery herinner my aan die sterk vroue op wie se skouers ek my lewe vierkant in die oë kan kyk. Gedugte vroue.
My oumas aan moederskant en hulle ma’s was formidabel. My Oumagroot du Toit was ‘n vroedvrou op Heidelberg, en later as weduwee, het sy op Naboomspruit haar kinders versorg. Daar staan vandag nog skaduryke bome wat sy en haar kroos geplant het.
My Ouma Stomp wat as jong oorlog weduwee vier klein kinders gehad het om te versorg, se hande het vir niks verkeerd gestaan nie. Ek onthou dat daar altyd ‘n stuk naaldwerk in haar hande was. Daardie hande het daagliks brood geknie, klere gemaak en selfs die skoolbus bestuur om die pot te help aan die kook hou.
My geliefdes sê ek is baie kwaai, daarom stry hulle nie met my blognaam, Lekkervurig, nie. Ek besef dat my op-die-man-af-daar-is-nie-grys-nie-en-jou-woord-is-jou-eer-geaardheid geneties is, dat dit hulle ouwêreldse beginsels en krag so diep in my ingegrein is, dat hierdie deurmekaar en stukkende wêreld meestal vir my radeloos maak.
Die genetiese bou het lank voor die angloboereoorlog begin. Miljuisende vroue voor my wat as gevolg van mans se drang om reg te wees, en die daaropvolgende chaos byna enigiets wat na hulle kant gegooi word, moes oorleef. Armoede, oorloë, geweld, kyk maar hoe lyk die geskiedenis.
En ek stem nie heelhartig met Gloria Steinem wat sê: “Women may be the one group that grows more radical with age.” Dit het nie met ons ouderdom te doen nie, ons is so gebore. Herman Gilomee beskrywe ons evas se aanmekaarsit hier aan die suide van Afrika goed in Die Afrikaners Lees die uittrekkels oor Gedugte boervroue hier:
https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boek-uittreksel-gedugte-boervroue/
Hier met my sestigs voor die deur besef ek dat my gene my na die radikale rat laat oorskakel, want ek mag. Dis my geboortereg. Ek gaan net nie nou my bra brand nie….
Lekkervurig, watter jare was die bra-brand era? Ek het dit gemis, dalk ook maar goed, want anders was my verlede nog meer chaoties.
LikeLiked by 1 person
Una, dis mos doer in die 1970’s rond toe feminisme sy beslag gekry het, ons het dit effe misgeloop met Apartheid en nasionalisme…en ek reken ons neuse in ons skoolboeke en koppe vol muisneste.
LikeLiked by 1 person
Jys reg, al wat ons van gehoor het, is dat die kommuniste in als is.
LikeLiked by 1 person
😉
LikeLike
O, en die skildery sê so alles. Dis werklik mooi.
LikeLiked by 1 person
Ek is gek na die skildery.
LikeLiked by 1 person
Die bra’s is nie eintlik gebrand in Suid-Afrika nie en ek het dit ook nooit persoonlik self nodig geag nie, maar ek stem saam oor die chaos wat manlike egos gesaai het. Aan die anderkant, sou ons beter gevaar het met net vroue aan die roer? Ek stem saam Lekkervurig, ek is nie van nature “kwaai” soos wat mense my soms beskryf nie – ek vat net nie kak van kabouters nie.
LikeLiked by 1 person
Dis geneties, daai geen kak van kabouters nie. 😉
LikeLiked by 2 people
Oorgeërf van Ma Hettie en Ouma Hessie, ja. Ek het ongelukkig nie my ander ouma geken nie. My pa was al 50 toe ek gebore is en sy moeder reeds oorlede.
LikeLiked by 1 person
Ek wil ook nie rerig sonder jy Rots nie, al dryf hy en sommige mansmense soms my brein tot linksfokgeit.
LikeLiked by 1 person
My man het gelukkig vroeg geleer dat hy langs sy vrou mag stap, maar nie vooruit nie. Maar soms trap hy effe vinnig vooruit en dan knor ons vir mekaar. Tog hou ek daarvan om met hom te baklei meer as van enige ander opponent.
LikeLiked by 2 people
Amen ja
LikeLiked by 1 person
Pragtige huldeblyk
LikeLiked by 2 people
Madonna het gesê: “I’m tough. I’m ambitious. I know exactly what I want. If that makes me a bitch, okay.”
LikeLiked by 3 people
Kapow!😉
LikeLike
🤣🤗
LikeLike
😉
LikeLike
Ek is mal hieroor en stem so saam. Verstaan “geen grys” baie goed, en al sit dit in jou gene, ek dink hoe ouer vroue raak, hoe meer onafhanklik raak hulle, ook die wat nie so “sterk” voel nie. So mooi om te sien hoe hulle in hulself ‘ ingroei’. Net so mooi om te sien hoe couples saam groei en alhoewel hulle op selfde sportveld is, elkeen ‘in hulle eie baan’ exceed.
LikeLiked by 2 people
A, jy skryf raak. Groetnis hier op Vryheidsdag in SA.
LikeLiked by 2 people
Hou van die skrywe.
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLike