So land ons toe mos in die ooste van Fantasieland na ons Blogland ekapades.
Diewens die is ons nou nie in die ware sin van die woord nie. Daar naby George op vlug van Toweropstal beland arme Scrapy in die hospitaal omdat sy gedink het die muntstukke is van sjokolade gemaak. Kyk na haar borgverhoor het ons klomp saam met haar soos blits weggemusk(iet) in daai masjien. So beland die hele lot van ons in fantasieland.
Met Trompie aan die voortou, lyk ons vreeslik na Dorothy van die Wizard of Oz, verskrik en verdwaas. Maar hierdie plek, voel vreeslik baie soos Alice in Wonderland, en daai plek se koningin was mal.
My mede-towerinne is so deur die weer, hulle dink ons is in Oostenryk. Wat gaan ek maak? Hulle is getoor en bedwelm deur die bose koningin se towerspreuke. Camille an Marco glo glad hulle is die nuwe koning en koningin. O my vy!
Abrie wysneus in boeke rond in ‘n biblioteek wat ek nie kan kry nie. en ek kan nie vir Perdebytjie nêrens kry nie. Na almal met goud besmeer is en die koningin so vrolik vir Toorts vertel het ons het niks om oor te bekommer nie, bekommer ek eers.
Op die koningin se bevel is ons onderweg na die woud naby die Towerkasteel. Ons is op soek na ‘n takbok. Ek haat jag. Net die koningin se wagte het wapens by hulle. Toortsie huppel vrolik die woud in, en die res tros agterna. Ek dek die agterhoede. My uitrusting is nie vir wouduitstapppies gemaak nie.
Wat is in die woud? Die plek is so bebos, g’n son skyn op die grond nie.
In ‘n oopte, kry ons hom staan. Majestieus, massief.
Die groot takbok gee een snork en vlug die bos in. Voor ons ons oë kan knip is die woud in digte mis gehul.
‘n Kras gekekkel klink net so skuins voor ons ou benoude bendetjie op. “Het julle!” skril die koningin. Sy het ‘n gedaanteverwisseling ondergaan van die vriendelike, gemoedelike vrou wat ons so gerusgestel het by die Towerpaleis. Voor ons sit ‘n makaber gegrimeerde heks. O vrek, en daai tier lyk vir my honger….
MY mede-towerinne
Scrapy en Trompie
gil gelyk.
Ek soek verward na
en
Ek sien net mis en hoor hoe die koningin lag…..
Toe skrik ek wakker.
Dit was ‘n nare droom.
Ek moet opstaan en gaan werk. Kom luister eers saam….
———————————————————————————————————————————
Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:
En daar raak ek heeltemal verlore in Queen se Bohemian Rhapsody!!! Nou kan niks my meer pla nie, ek sit waar ek sit, en ek luister oor en oor. Dankie tog jy skrik toe wakker uit jou nare droom. Ek sal beslis nie goed afgaan as tierkos nie, sal dwars in sy keel bly vassit tot hy my uitspoeg. Jig!!!
LikeLiked by 1 person
Sjoe! My hare staan regop!
1) Ek het nie rigting nie, julle moenie my volg nie!
2) Dat ek my só met ‘n koningin kon misgis!
3) Jy sê ons is NIE in Oostenryk nie!? Wat sê jy my nou!?
4 Genadiglik was dit net ‘n droom.
Sug van verligting!
LikeLiked by 2 people
Hehe
LikeLiked by 2 people
Hierdie is regtig die paleis van nagmerries! Ek smaak jou jaguitrusting stukkend!
LikeLiked by 1 person
Jy onthou dat jy ons gasblogger is vir die week wat Donderdag begin nè? Jy moenie vergeet om vir my die naam van die uitdaging te WA sodat ek die InLinkz skakel kan skep nie. So teen Woensdagnamiddag asseblief, ek gaan nie Donderdag naby ‘n rekenaar wees nie.
LikeLiked by 2 people
ek het jou e-epos…….sal whatsapp stuur.
LikeLiked by 2 people
Jy het my amper inspireer om ‘n storie te skryf om julle te gaan red en toe word jy wakker. Besig met ernstige navorsing oor ‘n verskeidenheid van onderwerpe.
Terloops ons het gister ‘n Alice in wonderland partytjie gehou vir die afskeid van een van ons direkteure (‘n vrou). Iemand het genoem dat sy ons queen of hearts is… daardie persoon weet duidellik nie waaroor Alice of Wonderland gaan nie, bepaald nie kompiment in die konteks nie; Off with their heads!
LikeLiked by 3 people
O genade, as mense so mistas! Maar jy kan maar verder droom, dit is immers fantasieland. ‘n Ridder Room wat Towerinne van die nare heks red…;) Lekker navors! Groetnis.
LikeLiked by 1 person
Dit is nou navarsing in die Kasteel se biblioteek. Ek lees sommer boeke daar wat nog nie eers geskryf is nie
LikeLiked by 4 people
Wow! Ek is jaloers! Skreeu as jy assistent navorser benodig. Geniet.
LikeLiked by 1 person
Proaktiewe Baron von Abrie!
LikeLiked by 1 person
Ek dink steeds ‘n reddingspoging sal nie skeg wees nie. Vra my man om jou te help, sy rigting is beter as ‘n mier s’n. Ek vertrou hy sal my darem sekerlik nie daar los nie! 😱
LikeLiked by 1 person
Jou uitrusting het my groot plesier verskaf 😀😀😀😀😀 Tussen jou en Hester se nagmerries maak dit vir lekker pret. Daardie koningin gee my koue rillings!!! Jou lied wil nie hier by my oopmaak nie…. sal kyk of ek hom êrens anders kan oopmaak.
Hoe gaan dit met jou…. nog so moeg?
LikeLiked by 1 person
Dis Queen de Bohemian Rhapsody…YouTube
Ek is erg lamlendig, maar beur deur dankie!
LikeLiked by 3 people
Ai jammer jong…. jou man nounet weer reg, nou jy nie lekker. Sterkte!!!
LikeLiked by 1 person
Ek dink dis van pure verligting dat ek net moeg voel. Dit sal sekerlik verbygaan, dit was ‘n lang uitgerekte besigheid.
LikeLiked by 2 people
Ek weet jy sal anderkant uitkom, in een stuk. Dink aan jou, soos jy daar was in woorde nou die ander dag vir my.
LikeLiked by 2 people
Sjoeweeee! So bly dit was net ‘n droom.
LikeLiked by 2 people
Sonell, gaan jy ook nog ‘n stukkie skryf voor môre 12 uur?
LikeLiked by 1 person
Ek gaan my bes probeer 🤗
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLiked by 1 person
So tussen al die gelag en drome deur weet ek nie of een van ons mooi gaan lyk vir die bal vannaand nie. Smaak my ons het almal so bietjie soetwyn in, of dalk van Toorts se kruietjies?
LikeLiked by 2 people
Dankietog jy het wakker geskrik – ek wil nie graag by ‘n leë Towerpaleis aankom nie! Hoop ons is betyds vir die bal!
LikeLiked by 1 person
Frannie, wat van my? Ek staan hier rond, probeer ETIKET aanleer vir wie of wat ook al. Is al op my derde glasie sherrie, iets wat ek by Toortsie gegaps het, een van haar geskenke. Maar ek voel ek het dit meer nodig. My balrok is te nou, synde al die kondensmelk, en my hare wat alweer moet lank groei, doen hul eie ding. Ek hou nie baie van grimering nie, en Lekkervurig se Bohemian Rhapsody speel heerlik kliphard in my ore. So ek het jou ook nodig, los vir Wegkruipertjie, sy sal self regkom!
LikeLiked by 2 people
O, maar dan gaan my curtsy-kennis baie goed te pas kom. Hou my asseblief net weg van die kooksjerrie af!
LikeLiked by 2 people
☺ Toemaar, ek sal dit oorneem…mmm, oppas.
LikeLiked by 2 people
Is daar nog iewers ‘n ou kondensmelkie oor?
LikeLiked by 2 people
So ñ paar blikkies, daar in die hoekie, so onder die goue hangertjie wat per ongeluk saam uit die stowerkamer gekom het…
LikeLiked by 3 people
😀
LikeLiked by 1 person
Ek is skoon bang nadat ek verdwyn het. Niemand weet waar ek is nie, ekself ook nie!
Oulik geskryf!
LikeLiked by 2 people
Perdebytjie, jy is die rede hoekom ek so baie sjerrie drink. Ek is deurmekaar bekommerd oor jou, en nou nog boonop bang dat jy iewers in Lekkervurig se droom gaan vashak het!
LikeLiked by 2 people
Una, Una ‘n goue hangertjie!!! Ai, ai wat moet ek met jou doen. Neem aan jy leen hom net vir die bal?
LikeLiked by 1 person
Maar Kameel…dis so ń mooi hangertjie, en Abrie lees bietjie op wat dit werd is…ek bedoel, die geskiedkundige waarde daarvan…
LikeLiked by 3 people
Vir die bal…mmmmmmmm. Dit kan werk….mmmmmmm.
LikeLiked by 3 people
Blykbaar is ek iewers in ‘n tydmasjien oppad toekoms of verlede toe! Ek weet self nie…
LikeLiked by 1 person
Roep vir Scrapy, sy het die kodewoord vir dàai muskietmasjien….red vir Perdeby voor sy alleen op Mars beland. Matt Damon is nie daar nie….
LikeLiked by 3 people
Dit gaan eensaam wees op Mars!
LikeLiked by 1 person
Ons wag ongeduldig…
LikeLiked by 2 people
Skryf oor daardie tydmasjien; jy wil al lankal.🌺
LikeLiked by 3 people
…en kom nou terug.
LikeLiked by 2 people
Ja. Kom terug dat ons kan ontspan.
LikeLiked by 2 people
Ek gaan so ‘n bietjie laaglê vir 10 dae…verdwyn in my eie tydmasjien. Miskien sal ek iets skryf as ek terugkom.
LikeLiked by 1 person
Geniet jou wegbreek, en neem nog mooie fotos vir ons.🤗
LikeLiked by 2 people
Ek los my kameras by die huis…moet soms net rustig wees.
LikeLiked by 1 person
Ek verstaan nogal. Ag, ons gun jou die wegkom.
LikeLiked by 3 people