So land ons toe mos in die ooste van Fantasieland na ons Blogland ekapades.

Diewens die is ons nou nie in die ware sin van die woord nie.  Daar naby George op vlug van Toweropstal beland arme Scrapy in die hospitaal omdat sy gedink het die muntstukke is van sjokolade gemaak. Kyk na haar borgverhoor het ons klomp saam met haar soos blits weggemusk(iet) in daai masjien.  So beland die hele lot van ons in fantasieland.

Met Trompie aan die voortou, lyk ons vreeslik na Dorothy van die Wizard of Oz, verskrik en verdwaas. Maar hierdie plek, voel vreeslik baie soos Alice in Wonderland, en daai plek se koningin was mal.

My mede-towerinne is so deur die weer, hulle dink ons is in Oostenryk. Wat gaan ek maak? Hulle is  getoor en bedwelm deur die bose koningin se towerspreuke.  Camille an Marco glo glad hulle is die nuwe koning en koningin. O my vy!

Abrie wysneus in boeke rond in ‘n biblioteek wat ek nie kan kry nie. en ek kan nie vir Perdebytjie nêrens kry nie. Na almal met goud besmeer is en die koningin so vrolik vir Toorts vertel het ons het niks om oor te bekommer nie, bekommer ek eers.

Op die koningin se bevel is ons onderweg na die woud naby die Towerkasteel. Ons is op soek na ‘n takbok. Ek haat jag. Net die koningin se wagte het wapens by hulle. Toortsie huppel vrolik die woud in, en die res tros agterna. Ek dek die agterhoede. My uitrusting is nie vir wouduitstapppies gemaak nie.

lekker kostuum

Wat is in die woud? Die plek is so bebos, g’n son skyn op die grond nie.

 

dark-forest

In ‘n oopte, kry ons hom staan. Majestieus, massief.

Red deer stag standing in bracken and fern during rutting season.

Die groot takbok  gee een snork en vlug die bos in. Voor ons ons oë kan knip is die woud in digte mis gehul.

‘n Kras gekekkel klink net so skuins voor ons ou benoude bendetjie op. “Het julle!” skril die koningin.   Sy het ‘n gedaanteverwisseling ondergaan van die vriendelike, gemoedelike vrou wat ons so gerusgestel het by die Towerpaleis. Voor ons sit ‘n makaber gegrimeerde heks.  O vrek, en daai tier lyk vir my honger….

qween

MY mede-towerinne

Una

Hester

Sonell

Kameel 

Toortsie

Scrapy  en Trompie

Wegkruipertjie

Ekmyself

Seegogga

gil gelyk.

Ek soek verward na

Abrie

en

Perdebytjie

Ek sien net mis en hoor hoe die koningin lag…..

Toe skrik ek wakker.

Dit was ‘n nare droom.

Ek moet opstaan en gaan werk. Kom luister eers saam….

 

 

———————————————————————————————————————————

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=776174