Vir alle jong vroue en mans wat vir hulle huweliksnag wag. Julle is yl gesaai. Ja, vir jou wat na jouself kyk en weet jou waarde is onskatbaar. Ek skryf die sprokie vir ieder en elk van julle. Jy is bestem om ‘n koningin of koning van ‘n wonderlike mens se hart te wees.
Die sprokie lui so:
Eendag was daar ‘n dogtertjie. Sy was haar pappa se oogappel en haar mamma se hele hart. Sy was oulik en geliefd oral – by haar pappa en mamma se familie, by die skool, oral. Altyd oopmond laggend en slim ook.
Toe gebeur grootword.
Sy was te nuuskierig vir die juffrou in die gradeklas, en Mamma en die skoolhoof het amper vuisgeslaan omdat hy haar kind op Ritalin wou sit en hy is nie eers ‘n dokter nie.
Haar nuwe skoolhoof en sy span se rasielei laat die dogtertjie blom – sy het tot ‘n leier geword.
Tot almal se verbasing, het die dogtertjie sonder invloed gekies om na die Ingelse hoërskool toe te gaan. Haar ouers was trots op haar, en hulle het ook geweet sy sal ‘n sukses maak, want sy is met jy-het-net-een-kans-gebruik-dit grootgemaak.
Sy neem vroeg in haar lewe ‘n besluit om vir haar trouman te wag – nie op soek na gewildheid omdat sy gewillig is om iets wat net eenkeer weg te gee is, sommer so weg te gee nie.
Sy het al seergekry, uitgevind haar pad is nie maklik nie. Vertel haar Mamma so ewe:”Ek kon seker al lekker gevry het, maar weet Ma, as ek dan nou met die man klaar is, dan moet ek hom huistoe vat, want hy bly by sy Mamma en kan nie eens motor bestuur nie!”
Sy is onafhanklik, het haar eie besigheid en sy loop op die maat van haar eie drom.
Laat mens dink dat haar waardes te hoog is. Of is dit?
Hier is wat ek weet:
Daar is iewers ‘n man wat na ‘n koningin van sy hart soek. Sy sit geduldig en wag.
Roer jou litte. Jy hoef nie ‘n witperd of miljoene te hê nie.
Sy wil jou hele hart hê en in ruil kry jy haar alles!
Sy het julle verhouding reeds voor God se voete neergesit.
‘n Sprokie wat wag dat jy opdaag.
Ek het die
voorreg om hierdie vrou een van my beste vriendinne te kan noem. Ek verstom my aan haar en wens soms ek kon die helfte wees van wat sy aan hierdie lewe gee. Dankie vir die mooi stuk wat tannie gedeel het. Ek sien die hele sprokiedag al in my gedagtes en tel die dae af… xx
LikeLiked by 3 people
Mooi geskryf, Lekkervurig!
LikeLiked by 2 people
En dit is presies hoe ek my dogtertjie wil grootmaak. So mooi verhaal.
LikeLiked by 2 people
Dis ñ skrywe hierdie wat elke mamma met ñ dogtertjie moet lees en bewaar.
LikeLiked by 3 people