Abigail

Haar naam is Abigail. Sy stap by die Lekkerwinkel in, met die mooiste tafeldoeke, lopers en skinkbordlappe. Alles self gemaak en ontwerp. Ek koop ‘n allermooie ronde tafeldoek.

Sy val in trane op die grond neer. Ek help haar op. “No, you are an artist,” sê ek vir haar.

“No madam, I do this because of scarcity. To keep living,” kom die stil antwoord.

My hart is stukkend, al  lyk my eetkamertafel nou grênd. Ek bid en rasieleier nou vir Abigail.

Here, daar is soveel swaar, maak ons engele vir mekaar.

CollageMaker_20180312_144202229.jpg

16 thoughts on “Abigail

  1. Liewe Heer, help asseblief vir Abigail. U oog is op die mossies – sien tog hierdie ou mossietjie – Abigail – ook raak. U sorg vir al die voëls in die ganse wêreld en U maak die lelies en die gras van die veld mooi. U sien selfs die sprinkaan wat op die grashalm sit … Here, baie dae voel ons so swak en hulpeloos soos ‘n wurm, maar U is die Almagtige. Dankie vir U groot genade. En Here dankie vir my boek met foto’s van wurmpies – party van hulle is so deftig geklee! U maak selfs ‘n vaal mot se wurmpie mooi. Ek kan my so verkyk aan ‘n Mopanemot en wurm. Dankie, Here, dat U ons gebede hoor en dat U vir Abigal sal help wat haar talent gebruik om mooi dinge in ander se lewens in te bring. In Jesus se Naam, amen.

    Liked by 1 person

  2. Terug pieng: Tiramihoe? Die Voortvlugtiges. Hoofstuk 4 – Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s