Die een oomblik is die Towerinne by Toweropstal vol vreugde oor Boss Abrie en Klong se reddingsplan en ook Scrapy se onthulling dat daar nog ‘n skat te vinde is, die volgende oomblik gooi Hester ‘n emmer koue water oor die spulletjie.
“Genoeg, ek het genoeg gehad…kom Carlos!”
En daar gaan Hester en Carlos met my lorretjie vort, al melkskommelskuddend die grondpad af.
Hester was darem vreeslik haastig en kortaf. Sommer so vir Carlos met sy bergiebek gegryp en gesê sy is nou klaar met Toweropstal en goud en gerugte.
Pfft. Ook nie gevra vir die Lekker lorrie nie. O, nee, sommer net die sleutels uit my hand gevat soos ‘n baas(in). Die ander Towerinne, Boss Abrie het saam met my, hulle verslae agterna gekyk.
“Elke diertjie sy plesiertjie. Daar is ons storie se fluit nou uit,” sê Kameel, en haak by Una en Toorts in.
“Kom ons gaan maak reg vir ons vir-oulaas-paartie. Kom julle,” roep sy oor haar skouer.
Ek, Scrapy, Perdebytjie Wegkruipertjie, Sonell, Woestynkind, Ekmysellf en Abrie drentel stadig agterna. Die wind uit ons seile.
Ekmysellf begin uit volle bors sing: “Another one bites the dust….” Die Towerinne en Boss val saam in, gou lag almal lekker. Ek gaan stap ‘n draai om Toweropstal om seker te maak daar dwaal nie ‘n verskrikte hoendertjie rond nie. Wil eintlik ‘n skelm rokie maak.
‘n Gevlekte ooruil hoe-hoe onheilspellend en ‘n yl sekelmaan steek so skuins agter die skoorsteen uit. Die skemerte van flussies skielik nagdonker. Ek ril.
Die skerp reuk van ‘n vuurhoutjie, pas aangesteek, en pyptabak oorweldig my. Met ‘n hart wat wil weghol en bloed bruisend in my ore, draai ek stadig om.
Ek sien ’n pyp se kooltjie gloei.
“Naand, niggie,” sê ‘n krakerige stem hier voor my. My stopsels in my valstande word sommer koud en bang maalkolk in my binneste.
“N..N..naand, meneer,” kry ek skaars hoorbaar uit.
“Joubert, Piet Joubert,” stel die stem hom voor.
Dis die ander spook van Toweropstal!
“Niggie, ek kan nie lank bly nie. Hier is moeilikheid oppad. Daar is ware skurke agter ons geheim aan. Hulle is naby. Julle moet versigtig soos slange wees, en waaksaam soos ‘n arend…gaan bêre die joernaal.”
Die ooruil hoe-hoe asof hy die oom se woorde beaam.
My selfoon biep, Piet Joubert verdwyn in die niet. Ag jinne, ek wou hom nog soveel vra!
‘n Whatsapp van Hester: Polisie oppad.
Ek hardloop en gil: “Towerinne, die polisie…”
Die Towerinne is te besig om musiek te luister en glasies te klink. Dis te laat.
Asof in stadige aksie sien ek hoe die nagdonkerte deur verblindende soekligte verhelder word. Sirenes loei en swaar gewapende polisiemanne vlieg uit die patrolliemotors wat met skreeuende remme klippers die werf vol laat spat.
“Hande in die lug,” snou ‘n lang, maer sersant ons toe. Ons staan sy aan sy met groot oë, tasbaar beangs en gooi ons hande summier in die lug. Kameel se wynglas tuimel stadig grondwaarts.
Gigaba, sê die naamplaatjie op die maer man se bors.
“Sersant Gigaba…” probeer een van ons, ek weet nie wie nie.
“Bly stil, ek sal sê wanneer jy kan praat,” gil hydat dit spoegspikkels om sy mondhoeke borrel.
Sjoe, ek loer so onderlangs na Toortsie. Sy is wasbleek, haar rooi kopdoek windskeef. Ek probeer oogkontak maak, maar sy kyk verstar na die manne in blou met hulle vuurwapens op ons gerig.
Brawe Abrie en Sonell tree na vore.
“Staan stil!”
“Wag, nou Sersant, waaroor al die vreeslik agressie,” vra Abrie.
“Die mense van Skimmelkrans Boerdery het ‘n klag gelê oor julle lawaai hier by Toweropstal. Hulle is van die grootster kommersiële melkboere in die omgewing. Hulle melkkoeie word sag gekoester en luister na Mozart se Concertos en produseer gellings melk. Sedert julle spul hier kom intrek het, kan die koeie nie ‘n druppel melk lewer nie. Die hoenders se geskrop en gekekkel en die musiek wat 24 uur ‘n dag hier uitgeblêr word is een te veel. Die koeie is nou op gemoedsbekakpille,” skreeupraat Gigaba.
“Maar Sersant, is dit nou billik dat die bure sommer so by jullle klagtes kom lê, sonder om net eers met ons te kom praat? Dis darem nie buurmanskaplik nie,” antwoord Abrie bedaard.
Gigaba kyk vir Abrie so skuins aan. “Wie se grond is hierdie dan?”
“Dis my erfgrond”, sê Abrie.
“Wag, so bietjie,” kom die opdrag. Gigaba praat vinnig in Xhosa met die ander offisiere.
“Wat sê hulle,” haak Una af. Wegkruiper en Ekmyselff kruip stil agter Kameel en Una in.
“Ek weet nie, maar ons is hier in groot gemors en ons sal ‘n plan moet maak,” mompel Sonell.
Ek loer so om my, en ek vang Kameel se oog, en sy knipoog vir my.
Hier kom ‘n ding.
Sy sal self verder vertel.
__________________________________________________________________________________________
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=769965
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
Hierdie manewales vra om in ’n boek opgeneem te word!! Amazing!
LikeLiked by 1 person
Dit is Hoofstuk Een van ons opvolg blogpret: Die Perfekte Misdaad.
LikeLiked by 1 person
http://www.hesterleynel.co.za/2018/02/24/die-perfekte-misdaad-ons-het-n-boek/
LikeLike
Hiehie….gaan seker maak ek mis dit nie!
LikeLiked by 1 person
Ag vaderland lekkervurig, ek sit kliphard hier en lag!!! ‘n Skelm rokie sê jy…. en Piet Joubert…. hy sal maak dat jy meermale om die hoek van die huis verdwyn. Dis puik!!!
LikeLiked by 1 person
Ek is bly as jy dit geniet…dit was naels kou om die petalje te begin…hoop jou plan is agtermekaar suster!
LikeLike
Sit met bietjie van ‘n probleem… ons sit sak en pak oppad na my dogter toe vir ‘n partytjienaweek. Kom eers Maandagmiddag terug. Het so min of meer ‘n idee rondom die storie. Of ek tyd gaan kry om hom te skryf is ‘n ander storie. Geniet jou naweek met Piet Joubert!!!
LikeLiked by 1 person
Sterkte – die storie skryf amper aan homself. Geniet jou partiekie. Ek sit met Rots die stywenekkie, watwou Piet Joubert die spook…hehe!
LikeLiked by 1 person
Laat ek julle nou iets vertel: Daai bure vat ‘n kans.
in die eerste plek is hulle jaloers omdat hulle nie genooi was na al ons lekker paarties nie en hulle monde het gewater vir al die sponasietert. Verder moet hul maar met hul voerverskaffers praat. Tien teen een is daar al weer fout met die voermengsels of iets. Gmf. Nou kom soek hulle die fout by ons! Sorry to hear!
LikeLiked by 3 people
Toorts, solank die goed net nie Polokwane Polonie ingekry het nie…;)
LikeLiked by 2 people
Toevallig dink ons in dieselfde rigting! Kyk gou, ek het so iets geskryf in die kommentaar.
LikeLike
Sê jy Toorts met jou skewe rooi kopdoek 😀😀😀😀 Ek sien dit in my geestesoog en lag te lekker. Draai reg daardie kopdoek sussie…. daar lê vir jou werk voor met al die kwaai polieste.
LikeLiked by 2 people
Ons ons só te kom aantree! 😟
LikeLike
Ek het gehoor hulle mak polonie daar op skimmelkrans en die polonie is vol skimmelgoggas…
LikeLiked by 2 people
Ek is so vies vir daai polieste, ons was so nice met hulle en nou kom wees hulle kortaf met ons, ek dink sommer ek moet gou Skimmelkrans toe ry en ‘n klomp polonie vir hille gaan koop.
LikeLiked by 1 person
Toorts, ek dink dis net daai sersant wat die probleem is. Ek het voëltjie hoor fluit hy is van hoge pos na sersant sommer oornag….voer hom spinasietert of iets nuut….laat hy chill. Ons wil mos nou nie moord via polonie pleeg nie…ons wil skattejag
LikeLiked by 1 person
Ek voel eerder om hom te steek met ‘n sosatiestokkie of nog erger, ek salhom laat uie skil. Sommer ‘n hele sakkie uie! Hy moenie met my kom mors nie!
LikeLiked by 1 person
Uieskil….my ouma het dit altyd uietrane verduidelik as “my mal antie se siek kat is dood”🤣
LikeLiked by 1 person
Baie goeie beskrywing! 😂
LikeLike
Die reg Toortsie mens moet mededeelsaam wees.
LikeLiked by 2 people
Ek is nou só gefrustreerd, ek loop eet sommer ‘n hele pakkie Enterprise worsies! Ek wonder nou juis of die bure nie dalk per ongeluk so iets ingeneem het nie?
LikeLiked by 1 person
Jy spot. Moes sien hoe dit vroeër hier in Poloniekwane af die straat van die Lekker winkel gelyk het by die Enterprise fabriekwinkel….rye mense met sakke vol worsies, en goete…..Carte Blanche was ook hier!
LikeLiked by 1 person
Genade. Beslis geen grap nie!
LikeLiked by 1 person
Wat waar is, as ek gefrustreerd is, raak ek aan die eet. Ook as ek bang is, bly is, kwaad is …
LikeLike
Eet maar liewer kaas, los die rooiworsies… 😉
LikeLiked by 1 person
Ag man, ek besit gelukkig nie eers rooiworsies nie, dis anti-Banting! 😁
LikeLike
Verlig is ekke nou!
LikeLiked by 1 person
Man, ek het my net uit alle logika geskrik toe die polieste daar opdaag en nog aggressief ook is met ons.
LikeLike
Mmm, ons klomp was lanklaas vir minute stil….
LikeLiked by 1 person
En daar noem Toortsie dit joy wrintiewaar on haar volgende opmerking. Nee Toortsie nulle het dit nie ingekry huule wil ons hier wegkry anders kom ons dalk agter dat hulle dit maak, die maaiboelies
LikeLike
😄
LikeLike
Lekker lag ek nou!
LikeLiked by 1 person
Kyk, ek is al van baie dinge beskuldig, en ja, van hulle was dalkies waar, maar ek was nog nooit deels verantwoordelik vir koeie wat nie melk kan ‘skenk’ nie. Hierdie is ñ eerste… So Toortsie, wil jy my nou sê ñ koei ontspan meer op Motzart se musiek as op Enrique en sy pappa Julio sn? Weet die koeie hoe lyk…ek bedoel klink die tweetjies! En wat hulle aan ñ ouer vrou se menopausal hormonale stelsel kan doen??? Ekmyself, kom ons sluip vanaand langsaan toe en gaan gesels bietjie met die koei-tannies. Hulle is defnitief deur mense op verkeerde paaie gesit as hulle Concertos moet luister sodat die melkkliere kan saamtrek…
LikeLiked by 1 person
Slaat jy nou klaers se bekke toe met ‘n nat vis! Wahaha!
LikeLiked by 1 person
Ja, hul wil so sê dat mooi, klassieke musiek, wel die koeie beïnvloed. As ‘n koei ontsteld is, wil sy nie ‘sak’ nie, dan gee sy nie melk nie en kry sy nog dalk sommer mastitis ook by. Die laaste deel van die sin het ek self uitgedink.
LikeLike
Mastitis is vrekseer, ek sal nie uitwy nie….dit was traumaties.
LikeLiked by 1 person
Ja, ek kan getuig daarvan en al wat help, is om uit te melk. Eina!
LikeLiked by 2 people
🤐😨
LikeLike
Koolblare help ook, heng maar ons het nie tyd om koolblare op koeie se uiers of eiers 🙂 ta gaan “plak” nie
LikeLiked by 2 people
Ek reken op jou om rustige musiek te speel. Dink ek moet vir die bure ‘n kaaskoek bak en vir hulle neem. Dalk koel hulle af.
LikeLike
Dis waar Toorts, daardie uiers en spene moet versigtig gestreel word met musiek terwyl die masjien sy pompwerk doen, ha ha.
LikeLiked by 1 person
Scrapy, grapjas. Ons moet nou verder op Kameel se blog gesels!
LikeLike
Jong jy weet ek is voor wat tyd betref maar nie as dit by die lees kom. Ek kry dit in die aand hier en dan hol julle weg met die tyd sonder dat ek my se gese het.
LikeLiked by 1 person
Sorry, Suster. Hester klap maar die sweep! 😉
LikeLike
😁
LikeLike
Goed afgeskop met die eerste aflewering. Ek lag my dood vir die spook. Wat het jy met die joernaal gedoen wat hy jou gegee het en wat staan daarin geskryf?
Ek sien al vir Toortsie met haar skewe kopdoek!😄😄
LikeLike
“Bytjje – die joernaal was mos in die kis wat Camille en haar Ben gekry het. Dis mos waar die Ingelse Ponde storie van Scrapy ook aanhak, of miskien is hierdie ook maar ‘n storie…….;) Ek het hom nie gesien nie, die spook het gesê dit moet gebêre word…kon nie waarsku nie – so ons sal moet soek,
LikeLiked by 1 person
O jinne, Bytjie se kop haak soms uit en die geheue slaat effe vas by tye. Dankie vir die inligting.😄😄
LikeLiked by 1 person
Carlos se bergie-bek, haha. En daai Hester kan by tye soos ‘n regte boks optree. Dis ‘n skitterende skrywe Lekkervurig en ‘n grootste aanvang vir ons volgende boek! Dit gaan pret wees, alliepad.
LikeLiked by 1 person
🤗
LikeLiked by 1 person
Hier kom beslis ‘n ding
LikeLike
😉
LikeLiked by 1 person
Hier kom ‘n ding!
LikeLiked by 1 person
Lekkervurig my oor-oom Piet Joubert was maar ‘n harde koejawel ek sal nie met hom sukkel.nie veral nie die spookweergawe of dalk het het hy nou ‘n lammetjie geword. Ek is tog so bly dat ek kalm gebly onder die Gigaba se geskree. Jy het my uiterlike fyn waargeneem maar ai aan die binnekant het die derms so bietjie geknoop. Ek dink ek gaan Toortsie se spinasietert nodig he om dit te ontknoop
LikeLiked by 1 person
Abrie ek raai jou sterk af….daardie tert van Toortsie doen dinge aan die klomp wat my na my asem laat snak. As jy koelkop wil bly… hou verby…. geknoopte derms al dan nie!!!
LikeLiked by 1 person
Ek reken Toorts moet nou haar bantinglekkernye tot nuwe hoogtes neem….hehe
LikeLiked by 1 person
Ek wonder hoe ‘n sosatie met ‘n soetrissie sal smaak?
LikeLike
Wat van ietsie met ‘n oepsie…..Amarula of frangelica of so….? ‘n Versterkingkie soos ons spinasietert?
LikeLike
Jajaaa die Tiramisu
LikeLiked by 1 person
Sjjj😉🤐
LikeLiked by 1 person
O gits! 😱
LikeLike
Kameel ek wil die slaai bloot aanwend vir sy medesinale kwaliteite. Ek eet nie eers spinasie en eet ook nie brille maar moet helaas dit met tye gebruik
LikeLiked by 2 people
Towerinne en Boss en medebloggers, ek het vanmore weer besef, Blogland is ‘n wonderlike plek. Waar sal ‘n groep mense nou ooit met hande omhoog en aangehou met gewere kan skerts oor besmette polonie, spinasietert, spoke, koeie, klassieke musiek, melkkoors en uieskiltrane. 🤣🤣🤣🤣🤣 Ek loop en smaail en my gesin dink ek is dol.
LikeLiked by 1 person
Maar Abrie is mos besig om dit uit te sorteer. Hoekom sal ons bekommerd wees?
LikeLike
Het jou Rots toe al die vorige boek gelees?
LikeLike
Ja. Hy het geniet.
LikeLiked by 2 people
Jong dis nou n lekker draai wat hier gemaak word. Koeie al dansende en wiegende op klassieke musiek. Hul beweeg dat die melk so spat dis hoekom die ouens nie melk uit hul kry nie. Alles uitgedans! Lyk my ou Piet Joubert het n oog op jou gehad. Ek sal, soos Abrie se, nie te gerus wees met hom in die omtrek nie. Hy gaan nog lekker moles maak onder die polisiemanne. Ek hoop hul het skoon klere in die vangwa!
LikeLike
Kan nie wag vir jou spookstorie nie! Ja, die ou Piet Joubert…hehhe
LikeLike
Kameel se Hoofstuk is gepubliseer. Kom ons gesels daar verder.
http://toortsie.com/2018/03/12/die-voortvlugtiges-hoofstuk-2-camilla-en-die-manne-in-blou/
LikeLike